Boek 26 - Geestelike Nood
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 12

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16.

DIE GEESTELIKE DIEPTEPUNT VEREIS `N INGRYPENDE VERANDERING VAN DIE AARDE
B.D. 7581 - 19 April 1960
U sal geen geestelike vooruitgang meer op hierdie aarde beleef nie Daar het `n lae vlak ingetree wat nou nie meer oortref kan word nie, want die mense lewe rustig verder waarby hulle sinne alleen maar wêrelds gerig is; hulle dink nie aan `n geestelike lewe nie, hulle oorweeg ook nie of hulle hulle eintlike opgawe op aarde vervul nie, omdat hulle geen ander opgawe op aarde sien nie as die, om vir hulle liggaamlike welsyn te sorg en van die lewe met volle teue te geniet nie. Dat mense hulle daaglikse gang met geestelik gerigte gedagtes begin, is seldsaam en slegs hierdie weiniges lewe hulle aardse lewe bewustelik. Hulle voel dat die mens nie net vanweë die aardse lewe op die wêreld is nie, hulle dink na en omdat hulle van goeie wil is, kom hulle ook geleidelik tot die insig omtrent die doel van hulle aardse lewe. Maar van hierdie is daar maar weinig en maar selde slaag `n mens om sy medemens op dieselfde weg te lei en hom sy eintlike bestemming geloofwaardig te maak en daarom kan daar ook van `n geestelike lae vlak gepraat word wat hervorming vereis, wat `n ontbinding van die skepping ten gevolge sal hê, wat `n aardse en geestelike ommekeer onvermydelik as resultaat moet hê.
Weliswaar was daar al dikwels tye gewees waarin die mense goddeloos geleef het, waarin veel onreg geskied en sataniese aktiwiteit duidelik sigbaar was. Maar hierdie toestand het grootliks toegeneem, byna alle mense lei nou `n oppervlakkige lewe, hulle maak hulle heeltemal nie ongerus nie, hulle het geen verantwoordelikheidsgevoel nie, hulle woord groot sonder geloof, of het alleen nog maar `n vormgeloof, wat egter volkome waardeloos is vir die ontwikkeling van die siel. En hulle verkeer ook in `n dwaling, hulle dink verkeerd, hulle is ver van die waarheid af en kan dit ook nie vind nie, omdat hulle sonder liefde is. En dit is dit waaraan die mensdom ly: Die liefde het afgekoel en dit is daarom dat die mense nie meer in staat is om in `n God en Skepper te glo nie, Wie in Hom Liefde, Wysheid en Almag het en voor Wie hulle hulle eendag sal moet verantwoord vir hulle lewenswandel. Die liefde ontbreek by hulle en gevolglik ook die insig, hulle is geestelik blind en stuur op die afgrond af, want die einde kom onherroeplik, en as die positiewe ontwikkeling moet deurgaan, wat die doel is waarvoor die mens op aarde vertoef, dan moet daar weer `n slag orde geskep word.
Wat nog te redde is voor die einde, sal gered word, omdat die Liefde van God oral help waar maar die geringste wil aanwesig is om die goeie te doen. Maar dit sou verkeerd wees om daarop te reken dat die mense hulle ingesteldheid teenoor God en die geloof sal verander, dit sou verkeerd wees om op `n geestelike ommekeer te reken wat hom op aarde moet voltrek. Want die mense verleen te veel mag aan die teenstander van God en hy maak waarlik goed daarvan gebruik. Dus moet daar eendag aan sy masjinerie (werksaamheid) `n einde kom, van die kant van God af moet die mag hom ontneem word, sy tyd moet beëindig word en dit wil tewens sê: Om almal wat van hom afhanklik is, in die boeie te slaan, net soos hy self, sodat aan die bose en slegte werksaamheid vir `n lang tyd `n einde gemaak word. En dit vereis ook `n uiteenval en omvorming van die skeppings op aarde wat die geestelike bevat, waarvoor wederom `n nuwe skepping nodig is; sodat daar `n nuwe aarde kan ontstaan, sodat die geestelike ontwikkeling weer kan deurgaan. En God weet wanneer die tyd daarvoor gekom het, Hy weet wanneer die mensdom haar dieptepunt bereik het, wanneer `n omvorming van die aarde en al haar skeppings noodsaaklik is, en aan hierdie tyd sal Hy ook hou, volgens die plan van ewigheid.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205