Boek 21 - Die toekoms word die teenswoordige
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 1

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15.

VOORWOORD
Die gedeelte wys ons daarop dat hulle wat glo in hul God en Skepper, in die Liefde van die Vader, stand moet hou tydens die beproewings van die eindtyd. Hulle moet hulleself deemoedig, bewus van hulle onvolmaaktheid, aan God se Liefde toevertrou, vas glo dat God se Liefde en Barmhartigheid hulle sal bystaan in alle aardse en geestelike nood, dat hulle arbeid moet verrig in God se wingerd en deur Sy krag Sy steun moet wees om vir die Vader nog te red wat te redde is.
Die voorspellings oor die einde gaan nou bewaarheid word, die toekoms word hede. God roep met luide stem om die onverskilliges nog tot inkeer te bring. Wie onvoorbereid die uur tegemoet gaan en wie sy lewe verloor, het `n swaar lot in die hiernamaals.
Die einde van `n verlossingsperiode is in sig. Die val in die diepte van die mensdom, wat steeds verder van God af te staan kom, moet gekeer word. `n Nuwe tydperk sal begin, ook om vir al die nog gekluisterde geestelike die weg te open na Hom op Wie ons almal wag.
Waak en bid.
G.F.K.

 
 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205