Boek 21 - Die toekoms word die teenswoordige
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 3

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15.

DIE HEDE BRING DIE EINDE
B.D.4320 - 1 Junie 1948
En Ek sê steeds weer: U sal die einde deurmaak. Hierdie is `n dringende oproep wat Ek as waarskuwing aan die mense laat toekom wat nou op die aarde lewe, dit is `n oproep wat Ek nog sal versterk, omdat dit nodig is dat u die sekerheid verwerp om nog baie tyd oor te hê; omdat dit nodig is dat u uself besighou met die denke van `n plotselinge einde en om nader na My te probeer kom. U het nog slegs min tyd en u sal baie spoedig uit u rus wakker skrik, daar sal `n angs in u hart opkom, wat u alleen sal kan besweer deur My aan te roep deur gelowige gebed, wat u krag en rus sal gee, die tyd is voleindig, en of u uself ook teen hierdie gedagte verweer, u moet voorbereid wees op alles wat die einde met hom saambring.
Julle is die wat die laaste stryd deurmaak, wat dit moet deurstaan, julle is die wat die laaste gerig deurmaak, wat, “of My koms in die wolke en die wegneem van die regverdiges,“ of die laaste vernietigingswerk sal sien plaasvind; na gelang van u gesindheid teenoor My, u wil en u liefde. Julle is die wat moet beslis omdat daar vir julle na die dood geen binnegaan in die ryk hierna meer is as julle julleself na die teenstander wend nie, maar julle sal julle gang deur die skepping van die nuwe aarde opnuut moet aflê volgens My raadsbesluit van ewigheid. Verwag die einde nie in die verre toekoms nie, maak u vertroud met die gedagte dat die hede u die einde bring, dat u self getref word en dat alles oor u sal kom wat sieners en profete voorspel het in My Wil. Ek kan net steeds weer daarop wys, en as bevestiging van My Woord uit die hoë tot u spreek, en Ek sal dit binnekort doen, omdat die tyd voor die einde geen uitstel duld nie.
Ek sal u wat Myne is, deurdat u My wil dien, nog eenmaal kort voor die einde op hoogte bring, sodat u nie onvoorbereid die dag deurmaak nie; want ofskoon u glo dat My Woord waarheid is, neem u ook My voorafkennisgewing nog nie ernstig genoeg op nie, hou u nog steeds rekening met `n laaste uitstel, maar nooit met My spoedige koms, wat u egter te wagte staan nie. Maar baie vurig sal u My verwag as die tyd van die geloofstryd gekom het en u die laaste fase van hierdie aardperiode binnegegaan het, dan sal u geleer het om die wêreld te verag, u sal geen verlange meer koester na aardse goedere nie, u sal maar net nog verlang na My Woord en in die woord sal Ek ook steeds by u wees en troos skenk tot op die dag dat Ek sal verskyn in die wolke, omdat u nood ontsaglik groot sal word en daar nog maar net hulp vanuit My kan kom.
U sal met sekerheid daarop moet reken dat u hierdie tyd deurmaak, as Ek nie die een of ander van My dienare voortydig na My toe roep volgens wyse goeddunke nie. U almal sal verras wees hoe spoedig die gebeurtenisse hulle sal voordoen wat Ek lank tevore aangekondig het deur die stem van die Gees. En soos Ek My eenmaal openbaar, stuur dit met rasse skrede op die einde af. Wie `n diep geloof het, sal nieteenstaande nood en leed, innerlik juig, want hy weet dat die vereffening eendag sal kom, dat die nood eendag tot `n einde sal kom, dat daar `n nuwe tyd sal begin, weer met die paradys soos wat Ek dit beloof het.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205