Boek 21 - Die toekoms word die teenswoordige
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 4

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15.

ONGELOOF EN DUIWELS IN DIE EINDTYD. GELOOFSTRYD - DIE KOMS VAN DIE HEER
B.D.4825 - 29 Januarie 1950
Angsaanjaend sal die uitwerking wees van die ongeloof in die laaste tyd voor die einde, waarin mense slegs die aardse gewin sal najaag en nooit aan `n God sal dink nie. Dan sal die mense mekaar bedrieg en trag om hulle te verhef, hulle sal terwille van die materie alle slegte drange en neigings ontplooi, hulle sal niks daarvan dink om die naaste skade te berokken as hulle nie self voordeel daaruit kan kry nie. Hulle sal streef na die vermeerdering van hulle goedere en al hul denke sal slegs daarop gerig wees. Maar hulle sal God vergeet, hulle glo nie in Hom en vrees Hom nie, hulle glo nie aan verantwoording en straf vir hul sondes wat eendag sal kom nie, en sondig daarom sonder om te aarsel en sonder angs vir `n Regter. Aards gesien het hulle dit goed, omdat hulle gesteun word deur die teenstander van God, wat hulle tot steeds groter hebsug na materiële goedere aanspoor.
Waar die geloof aan God ontbreek, het hy groot mag, daarom is die ongeloof buitengewoon gevaarlik vir die mense, want hulle gaan hul verderf tegemoet. Waar die geloof ontbreek, is ook geen liefde nie, wat alleen die geloof sou kon laat oplewe. Waar die liefde ontbreek, is die mense blind van gees, hulle weet niks en wat hulle weet is verkeerd. Duisternis lê oor die mensdom gesprei en die aarde gaan die einde tegemoet. Aards gesien is daar geen nood nie, die mense lewe in welstand, behalwe die weiniges wat nog vas in die geloof staan en deur hulle vyandig bejeën word. Weliswaar is hulle vir `n kort tydjie `n harde lot beskore, maar hulle herken aan die welstand van die medemens wat sonder geloof is, die sekerste teken van die einde, omdat dit vir hulle voorspel is, sodat hulle sal standhou in hierdie nood, wat `n gevolg is van die geloof in God.
Wanneer die tyd sal kom waarin die Satan sigbaar sal heers, dan is die einde ook nie meer ver nie, want ook dit is vir u aangekondig dat die wêreld aan die einde vol duiwels sal wees, en as duiwels, sal die mense wat nie glo nie, hulleself ook gedra en daarom teen die gelowiges `n bittere stryd verklaar en teen hulle ten stryde trek. Maar dan is die koms van die Heer nie meer ver nie, dan kan elke dag die einde bring, omdat die Heer sal kom wanneer die nood so groot is dat die gelowiges sal dink om moed te verloor - wanneer die Satan sal glo dat hy die spel gewen het, wanneer die ongeloof so die oorhand sal kry, dat die gelowiges vir hulle lewens moet vrees.
Dan kom die Redder van bo, soos dit verkondig is, Hy sal kom in die wolke en hulle wat Syne is tuisbring in die ryk van vrede, en op aarde `n laaste gerig hou. Dan het die einde gekom waarin die Satan in kettings gebind sal word, en met hom, almal wat van hom is. En daar sal `n nuwe aarde ontstaan wat slegs deur diep gelowige mense bewoon sal word, mense wat aan God getrou sal bly in die laaste geloofstryd en nou hulle loon ontvang - `n lewe in die Paradys op die Nuwe Aarde.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205