Boek 21 - Die toekoms word die teenswoordige
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 9

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15.

DIE AFLOOP VAN `N PERIODE OP AARDE. WETENSKAPLIKES
B.D.6081 - 17 Oktober 1954
Die einde van `n ontwikkelingsperiode het reeds gekom, wanneer die mens uit die goddelike ordening gestap het vir wat betref dat hulle hulleself bevoeg voel om in die skeppingsplan van God in te gryp, omdat hulle nie aan God as skeppende Mag glo nie en dink dat hulle al die bestaande self te kan beheer.
Die mens het weliswaar as erfdeel van God `n skeppende gees en hulle kan die erfdeel in ruim mate vergroot, hulle kan ook met goddelike ondersteuning die onmoontlik lykende tot stand bring, en hulle sal tog in die goddelike ordening bly solank hulle die krag wat nodig is vir hul skeppende werk uit God aanvaar. Hulle sal egter dadelik uit hierdie ordening tree wanneer al hulle planne alleen maar aards gerig is, wanneer hulle hulleself van God as die skeppende Mag afsonder en dan dus suiwer verstandelik eksperimenteer - wanneer hulle selfs die goddelike skepping as proefobjek gebruik en hulleself so tot handlangers van die teenstander van God maak, hy wat hom ten doel stel om die goddelike skeppings te verwoes.
Aan die einde van `n periode op aarde is die wêreld steeds vol van aardse wysheid. Die wetenskap glo om vir alle gebiede die sleutel te gevind het en slegs selde is die geestelike weg te bewandel wat God aangewys het om tot die ware kennis te kom. Maar sonder Hom is die weë gevaarlik, sonder Hom is die resultate twyfelagtig en gaan die mens min of meer die gevaarsone binne, omdat hulle deur hom gelei word wat nie opbou nie, maar inteendeel ondergang wil bewerkstellig, hy wat die mense sal laat glo dat hulle opbouend besig is, terwyl hulle eweneens hul eie graf grawe en bydra tot die ondergang van die ou aarde. Want die skynbare vooruitgang van die wetenskap is sy werk, die werk van die teenstander van God, wat die mens aanspoor tot die grootste verstandelike aktiwiteit met uitsluiting van goddelike ondersteuning. Hulle sal vir hulleself natuurkragte tot nut maak, maar in `n ander sin as wat dit deur God gewil is. Hulle sal uit die goddelike ordening tree en die gevolge sal hulle laat sien.
Maar God het die wil en handeling van die mense sedert ewigheid voorsien en daarom wys Hy steeds weer op dit wat gaan kom, want Hy weet wanneer en waar die gevolge van menslike denke en handeling homself openbaar. Hy onderrig die mense oor die verkeerde van hul denke en wil hulle beweeg om hulleself aan die Mag toe te vertrou Wie bo alles staan. Hy wil hulle waarsku teen die invloed van Sy teenstander. Hy wil hulle aanraai om in die goddelike ordening te bly. Hy dink aan hulle wat Hom erken as God en Skepper van ewigheid en Hy verskaf hulle opheldering oor Homself en die mag wat teen Hom is.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205