Boek 21 - Die toekoms word die teenswoordige
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 10

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15.

VAN DIE NADERENDE EINDE MOET STEEDS WEER MELDING GEMAAK WORD
B.D. 6689 - 13 November 1956
Elke geleentheid wat Ek u bied, moet u aangryp om van die naderende einde melding te maak, want u gaan dit met rasse skrede tegemoet. U sal weliswaar geen geloof vind nie, veeleer sal mense u uitlag en bespot, maar u moet dit tog doen, want u woorde sal in die bewussyn van die mense terugkom, sodra daar ongewone dinge op aarde afspeel wat vir die mense nie begryplik voorkom nie.
Ook hulle wat heeltemal ongelowig is, sal dan aan u woorde terugdink en daar sal dan onder hulle weer sommiges wees wat met die moontlikheid rekening hou dat die oorblywende voorspellings ook sal uitkom. Hulle sal hulleself dan in hul gedagtes met My openbaringe besig hou en dit kan vir hulle van groot seën wees. Ek weet dat u nog maar weinig sukses het by u medemens wanneer u hul My evangelie (van die liefde tot God en die naaste) sou wil bring, want hulle hou daarenteen hulle ore en harte daarteen gesluit. Ek weet ook dat die aankondigings van die naderende einde nog veel minder geloof vind, maar Ek laat niks oor die mense kom sonder om hulle vooraf te waarsku en te vermaan en daartoe moet u My u mond leen. Want Ek Self kan hulle nie aanspreek nie, omdat hulle geloof te swak is en daarom hul harte ook nie in staat is om My stem te verneem nie. Maar Ek kan dit deur u doen deurdat u nou uitspreek wat My Gees u verkondig het.
Die wêreldgebeure sal sy loop neem, wat steeds nader na die einde voer en enige mens sal dit tog in verband bring met dit wat hulle van u verneem het. Hul gedagtes sal daarop gerig word en dit kan hul in die komende tyd nog seën bring. U sal weinig geloof vind - dit weet Ek en Ek sê dit steeds weer - maar tog is dit beter dat u hulle hieroor onderrig, as dat hul geen enkele aanwysing toekom nie en die einde hulle oorval omdat hulle volkome onwetend is. En daarom is iedere dag nog ook `n barmhartigheidsgeskenk vir die mensdom, want dit kan nog geestelik benut word, sowel deur u, deurdat u informerend werksaam is, asook deur diegene wat deur u van My evangelie hoor. Hulle sou maar net u woorde ter harte hoef te neem om so te lewe soos wat dit My Wil is. Hulle hoef maar net hul beste te doen om My gebooie van die liefde na te kom en hulle sou dan tot aan die einde nog baie vir hul siel kan bereik. Daarom: Word nie moedeloos en verslap nie in die arbeid vir My en My Ryk nie, want dit is in die eindtyd die mees dringende en oortref alle aardse werksaamhede aan waarde - ofskoon dit nie deur die mense as arbeid gesien word nie en hom alle waarde ontsê word.
Maar die mense weet nie welke nuttelose werk hulle self verrig, wanneer hulle hulleself slegs maar aards besighou sonder enige geestelike strewe, sonder `n geestelike doel nie. En ook daarop moet u hulle opmerksaam maak daarop dat hulle immers tog niks sal behou nie, dat alles sal vergaan en dat hulle alle lewenskrag nutteloos verkwis, wat hulle slegs aards gebruik. Hulle moet weet dat hulle daarmee vir hulle geestelike goedere sou kan verwerf en daarmee dan onverganklike skatte vir die ewigheid sou kan vergader.
En nog eens: Geloof sal u weinig vind, maar woorde wat die hart en die verstand eens opgeneem het kan wel uit die bewussyn verdwyn, maar dit kom sekerlik weer te voorskyn hoe meer dit na die einde loop en dan kan hulle nog `n uitwerking hê as dit maar ernstig geneem word. Elke mens word in die komende tyd nog deur My aangespreek. En u staan My daarmee by in soverre, dat u die skakel is tussen My en hulle, dat u alleen maar uitspreek wat Ek aan almal te sê het. En die gebeurtenisse in hierdie tyd sal u woorde nog onderstreep; en daarom, hou u steeds gereed, u, My dienare op aarde, sodat Ek u te alle tye kan roep as Ek u nodig het om in My plek te spreek. Glo nie dat u vergeefse arbeid verrig nie, want Ek Self seën u aktiwiteite, en Ek help u waar u krag nie toereikend is nie. Want die tyd tot aan die einde moet nog goed benut word en daarom moet elke geleentheid nog aangegryp word waar daar aan `n siel nog reddend werk verrig kan word, sodat hulle aan die mag van My teenstander ontruk word.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205