Boek 21 - Die toekoms word die teenswoordige
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 5

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15.

WORD WAKKER, JULLE SLAPERS
B.D.4895 - 11 Mei 1950
Word wakker, julle slapers en rig julle tot arbeid, want naby is die dag wat u nog beskore is tot die einde. Elke trae en nalatige arbeid sal gewreek word en slegs hy wat vlytig is en sy arbeid in ware erns uitvoer, sy siel sal die seën ontvang wat `n ewige lewe beteken, terwyl alles wat faal, aan die dood gewy is.
Word wakker, julle slapers en kyk om julle heen en julle sal die veranderings bemerk wat die naderende einde al aankondig. U sal niks as toeval mag beskou nie, maar u sal moet weet dat daar niks is wat sonder rede oor u kom nie en dat u daarom aandag sal moet skenk daaraan. Gee u nie oor aan niksdoenery nie want dit lewer u slegs die ondergang op, in plaas van redding uit die nood, wat nie te verloën is nie en slegs hy wat onophoudelik werksaam is, kan haar teengaan. Maar u werksaamheid moet daaruit bestaan dat u uself verryk met kennis en dit dan aan die medemens deurgee, dat u uself die vrae stel wat alleen Ek u kan beantwoord en dat u My daarom vra om u te onderrig. En dan sal Ek u deur middel van gedagtes die regte antwoord gee en u aanspoor om slegs dit uit te voer wat Ek u aanraai deur die stem van die hart, dit wil sê elkeen wat van goeie wil is, sal kennis verkry oor dit wat hy moet doen en dit wat hy moet uitlaat om aan die siel vrede te verseker. Hy sal wakker wees en bly en nie slapend in die hande van die versoeker val nie, want hy slaap nie en hy is voortdurend daarop uit om siele in sy nette te vang, wat die mens nie sien en herken nie, wat soos slaapdronkes voortgaan en sekerlik sal val, omdat hy hulle nie daarteen beskerm nie.
Daar is `n veilige weg, weliswaar smal en doringrig, waar `n opgaan sonder gevaar verseker is, dog die nog slaapdronke mens vind dit nie, hy gaan `n afgrond tegemoet en is in die grootste gevaar wanneer hy nog nie vooraf wakker geword het en na `n betroubare weg uitkyk nie. En die dag is kort, spoedig sal die nag aanbreek en wie dan nog nie die veilige weg gevind het nie, sal verlore gaan, hy sal reddeloos in die afgrond stort.
Wie die tyd nie benut tot aan die einde nie, behoort by die trae slapers wat hul arbeid nie ernstig opneem nie en daarom aan die einde verwerp word, die wat hul doel nie kan bereik nie, omdat hulle hulleself nie laat vermaan en waarsku het deur My dienare, wat Ek elkeen op sy weg stuur, sodat hulle die wat `n verkeerde weg gaan, lei, sodat hulle nooit sonder hulp aan die verderf prysgegee sal word nie, maar hulle steeds by My in veiligheid gebring kan word.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205