Boek 21 - Die toekoms word die teenswoordige
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 11

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15.

DIE MOTIVERING OM `N PERIODE OP AARDE TE BEËINDIG
B.D.7167 - 17 Julie 1958
Maak `n nota van dat die tyd ten einde loop wat aan u, mense toegeken word om op hierdie aarde ryp te word. Die hele menslike geslag wat hulle in hierdie periode op aarde mag beliggaam, het so `n bietjie min of meer die proef deurstaan, hulle sal binne gaan in die ryk hierna en sal daar hulle positiewe ontwikkeling kan voortsit, al is dit ook onder ander omstandighede as op die aarde.
Maar daar het ook ontelbare mense siele afgegly in die diepte in. En nou is die laaste van die geslag nog toegelaat om hulle as mens te beliggaam, ook met die doel, om gedurende die aardse lewe vry te word uit die materiële vorm wat hulle al ewighede gevange hou. Maar nou loop hierdie tyd ten einde en vind `n afsluiting daarvan onherroeplik plaas, omdat `n nuwe verlossingsperiode moet begin.
En begryplikerwys is daar in hierdie laaste tyd nog slegs `n geringe sukses te meld, want daar is nou baie geestelik beliggaamdes wat vyandiggesind is teen God, wat nie vroeër toegelaat was nie, juis vanweë hierdie weerstand, wat egter vir hierdie periode op die aarde bestem was en wat ook nog die gang as mens moet aflê voor daar `n nuwe verlossingsperiode kan begin. Om nou vir hierdie mense die weg oor die aarde suksesvol te laat word, is baie geestelike aan hulle as geselskap gegee, wat hulle lei en bystaan waar die krag van die mense te klein is.
Dit is dus wel moontlik dat ook hierdie mense nog kan rypword, maar tog bomate moeilik, omdat nooit met dwang op die wil van hulle ingewerk mag word nie. Maar die einde van hierdie periode op die aarde is sedert ewigheid vasgestel, dit is in God se heilsplan vasgelê, omdat Hy van ewigheid af weet wanneer dit tyd is op die aarde om `n nuwe wetlike ordening tot stand te bring, wat deur die wil van die mense omvergewerp was en dat daarom `n positiewe ontwikkeling van die geestelike byna `n onmoontlikheid geword het.
Wanneer die mense nou dink dat dit nie met die liefde van `n "God en Vader" in ooreenstemming te bring is dat `n skeppingswerk soos die aarde `n volledige omvorming tegemoet gaan nie, dan moet daarteen gebring word dat dit baie eerder `n bewys van gebrek aan liefde sou wees, wanneer aan so `n geestelike lae vlak geen einde gestel sou word nie, want die aarde sou dan opgehou het om `n verblyfplek te wees om die geestelike te vorm, sy sou haar doel volkome mis en slegs nog chaos verder in die hand werk wat geestelik oor haar heers.
Die liefde van God probeer waarlik alles om die mense te help om hulleself te red, maar daar is geen verbetering te sien nie, daar is op hierdie aarde geen geestelike ommekeer te verwagte nie, want daar kan nie daarop gereken word dat die menslike geslag hulleself sal verander en terugkeer na die ordening wat deur God gewil is nie, wat slegs `n einde sou kan teëhou. En God weet sedert ewigheid dat hierdie moontlikheid nie meer bestaan nie en daarom kon Hy Sy plan op hierdie wil van die mense baseer.
En Hy sal dit ook ten uitvoer bring, want Hy is `n goeie, regverdige en bomatige wyse God, Wie niks anders wil doen as om Sy skepsele te help om uit die diepte op te klim na omhoog, na Hom en Wie ook waarlik die ware middele ken en aanwend. Maar u, mense wil nie glo dat die tyd gekom het nie, dat die mensdom al op die geestelike dieptepunt aangekom het wat nou geen uitstel meer duld nie.
U sal dit nie wil insien nie, ofskoon die innerlike gevoel vir u sê dat die mensdom niks anders meer het om te verwag nie. En daarom maak u teenwerping op teenwerping wat egter alle logika ontbeer. Want sodra u eenmaal ernstig daaroor nadink wat hierdie aarde is en waartoe sy moet dien, en wanneer u dan sien dat `n mens maar selde sy aardse lewe benut om geestelik ryp te word, wat vir iedereen duidelik sigbaar is, moet dit vir u ook waarskynliker voorkom dat daar `n einde kom, as dat sy (die aarde) op dieselfde wyse verder sal bly bestaan.
Want ook dit moet vir u heeltemal duidelik wees dat God die mense nie outomaties daartoe kan bring om ryp te word nie, daar dus slegs nog maar `n verandering van hierdie aarde kan plaasvind, `n beëindiging van `n tydperk wat sonder effek blyk te wees en `n begin van `n nuwe, waarin die positiewe ontwikkeling van die geestelike weer kan deurgaan en waarom ook aan die geestelike, wat hulleself in die diepte bevind, `n nuwe moontlikheid gegee word om op te klim.
U mense sal steeds die oneindige Liefde en onoortreflike Wysheid van u God en Skepper in aanmerking moet neem, Wie u ewige Vader sou wil word en Wie ook waarlik alles doen om Sy doel te bereik. En net so sal u ook die komende einde van die aarde mag beskou as `n daad van Sy Liefde, maar nooit as wreedheid nie, waartoe Hy nie in staat is nie, want nooit wil Hy vernietig nie, inteendeel - steeds alleen die lewe gee aan hulle wat dit uit hul eie skuld verloor het.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205