Boek 17 - God skenk Sy barmhartigheid aan die deemoedige
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 9

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16.

DIE VERWERPING VAN DIE GODDELIKE WOORD VANUIT GEESTELIKE ARROGANSIE
B.D. 7203 - 6 November 1958
Wie homself afsluit vir die Woord van God in geestelike hoogmoed, wanneer dit hom aangebied word deur My dienaars op aarde, sal homself eers moeilik moet verantwoord, want dit is geen geestelike onvermoë om iets wat vol lig is, te kan herken nie, dit is inteendeel `n afwysing uit die lae motivering wat deur My teenstander in die hand gewerk word deur sy invloed. Geestelike verwaandheid skakel alle ondersoeke uit, geestelike verwaandheid is egter `n duidelike teken dat die mens onder `n duistere invloed staan, want geestelike aanmatiging is die kenmerk van diegene wat My weerstaan, omdat hy My nie wil erken nie. Die geestelike aanmatiging van hom wat eerste geval het, weer die lig af wat hom deurstraal en verwerp dit om welke rede die diepste duisternis hom dan omgewe. En so bly die mens wat weer die lig in verwaandheid afwys, ook in geestelike duisternis, wanneer My barmhartigheid dit wil laat skyn om die hart van `n sweempie lig te voorsien.
Maar die motief om die lig af te wys weeg swaar, want dit kan ook deur ander motiewe afgewys word, wat nie so sterk te veroordeel is as juis die hoogmoed van `n mens nie. En van geestelike verwaandheid kan daar dan gepraat word, wanneer die mens meen dat hy geen onderrig meer nodig het nie, in geestelike kennis voldoende onderrig te wees en sy eie kennis buitengewoon hoog aanslaan en sodoende glo dat geen verdere kennis nodig is nie. Tog sou die mens ook dan nog bereid moet wees om dit wat hom aangebied word, te ondersoek: Hou hy dan nog met oortuiging vas aan sy wil en wys hy dit opnuut af, dan sal sy oordeel hom nie so swaar toegereken word nie, want deur sy geestelike blindheid ontbreek dit hom dan aan `n “vermoë om te oordeel”. Bly so `n ondersoek egter agterweë, dan stoot die mens met sy krasse afwysing dit wat deur My aangebied word, die hand van barmhartigheid eenkant toe, en die verantwoording sal hom swaar tref, want eers dan kom die insig, en dit kan dan ook te laat wees.
Deur dwang kan niemand daartoe gebring word om My woord aan te neem nie, maar elkeen het die geleentheid om homself ernstig besig te hou om vrae oor vertwyfeling te vra, want sulke twyfel lê Ek diegene Self in die hart wat nog nie op die ware weg is nie: En teenoor sulke vrae sou ook alle mense hulle standpunt moet bepaal en hulle sal slegs voordeel daaruit trek, want duidelikheid sal hulle sekerlik kry in sover hulle dit ernstig begeer. Maar nou sal dit blyk, of die mens die waarheid ernstig begeer, want dit sal hom sekerlik aangebied word. Geestelike hoogmoed wys dit egter direk af, omdat die teenstander (Satan) dit so wil en die se wil ook verseker vervul word deur diegene wat dieselfde ingesteldheid het.
Aanmatiging het die eerste ligwese tot `n val gebring en aanmatiging is daarom ook die aard van al sy aanhangers, wat hulle onmiskenbaar daardeur laat kenmerk as sy aanhang. En daar moet `n groot stap geneem word, die innerlike van die mens moet ernstig probeer om homself te verander, die mens moet uit sy hoogmoed in die deemoed afdaal en homself dus heeltemal losmaak van My teenstander en tot My kom in diepste deemoed. Dan eers sal `n lig skyn in die hart van die mens en dan eers sal hy in staat wees om die kosbare barmhartigheidsgawe in te sien wat My woord vir elke mens en sy sieleheil is. Dan eers sal hy dit dankbaar aanneem wat deur die Liefde van die Vader aan Sy kind gebied word. Dan sal hy erg verlang na spys en drank, maar tog voortdurend ook versadig word deur My Liefde.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205