Boek 17 - God skenk Sy barmhartigheid aan die deemoedige
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 5

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16.

AANMATIGING
B.D. 5341 - 21 Maart 1952
Verhef u nie bo u medemens nie, inteendeel, wees hulle behulpsaam. Dan eers beoefen u die ware navolging van Jesus, dan eers is die liefde werksaam in u, as u elke verwaandheid uitskakel, as u die medemens dan as broeders leer sien en as elke verskil in rang of stand opgehef word, wat wel slegs maar net wêrelds bestaan, maar wat nie in My ryk geduld word nie. Diensbare liefde sal ware geluk in u teweegbring, in dienende naasteliefde is u egter navolgers van Jesus, van die Mens op aarde, Wie vir u `n ware lewe voorgeleef het, Wie waarlik Lig en Krag en Mag in alle volheid besit het, omdat Hy My Self in Sy Hart opgeneem het en wat tog nie van hierdie Krag gebruik gemaak het deur te heers en Hom deur Sy medemens te laat bedien nie: Hy het Sy broeders in die diepste Liefde en deemoed gedien en dit het Hom verhef tot Heerser oor wêrelde en tallose skepsele, want Ek Self het Sy uiterlike vorm betrek en Hom met Lig en Krag vervul. Die aanmatiging is `n kenmerk van hom (Satan) wat deur verwaandheid en heerssug in die diepste dieptes geval het.
En as u mense aanmatigend is, leen u aan hom gewillig u oor en laat u uself deur hom verlei, u neem sy eienskappe aan, sy sonde oor en is aan hom onderworpe. Stel u nie bo u medemens nie, wat tog in der waarheid u broers is, omdat u almal slegs één Vader het en mekaar, as Sy kinders, sal moet liefhê en dien uit liefde tot My. Die verwaandheid bring u maklik tot `n val, want wie hoogmoedig van gees is, herken My Wie die ewige Liefde is, baie spoedig nie meer nie, omdat daar geen liefde in hom is nie. Want die ware liefde is één met die deemoed, maar nie met hoogmoed nie. In deemoed dienend getuig steeds van diepe liefde tot My en wat tot uitdrukking kom in dienende naasteliefde. En u sal waarlik heelwat meer wen, wanneer u in deemoed diensbaar sal wees, as wanneer u in aanmatiging heers. Want u sal slegs aards tot mag kan kom in verwaandheid, maar geestelik verwerf u vir uself niks, ja, u verloor ook nog die weinig wat u besit het. Want die verwaandheid hoort by My teenstander, dus versterk u slegs sy ryk en wat dit vir u mense beteken, is nie moeilik te raai nie. Maar My ryk is nie van hierdie wêreld nie, daarom kan dienende naasteliefde wel skynbaar aardse verlies van goedere meebring, wat aansien en mag tot gevolg sou gehad het, maar hulle verwerf vir hulself geestelike waardes wat onverganklik is en wat later in My Ryk vir die siel toegereken sal word, wat nou in lig en volheid van krag ver bo diegene staan wat op aarde heers en hulle medemens onderdruk.
Wie homself verhef, sal verneder word, oorweeg hierdie woorde en dink nie aan dit wat u vir uself op aarde aangeskaf het, deur dit aanmatigend in besit te hou en wat u dalk in `n sekere sin onregmatig vir uself toe geëien het nie. Want hy wat wil heerskappy neem, hy neem wat hom nie toekom nie, hy eien homself `n onregmatige reg toe en misbruik sy mag. Dienende liefde daarenteen gee onophoudelik, in woorde en in dade skenk hulle hulleself aan diegene wat gebrek ly en wat haar hulp nodig het; Dienende liefde is ware egte deemoed en is vir My daarom welgevallig, dienende liefde is die ware navolging van Jesus, wat verseker na My lei, na die Vader van ewigheid.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205