|
Boek 17 - God skenk Sy barmhartigheid aan die deemoedige BERTHA DUDDE
Hoofstuk 14
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16. |
|
|
DIE GEESTELIKE HOOGMOED EN DIE GEVAAR DAARVAN B.D. 7803 -21 Januarie 1961 Die geestelike hoogmoed is die grootste kwaad, want om dit te oorwin, vereis die grootste krag. En omdat die mens wat geestelik hoogmoedig is, nog geheel en al aan die teenstander behoort, sal hy God nooit vra om vir hom krag te stuur nie en hy sal gekluisterd bly totdat sy hart verander is tot deemoed, wat meestal meer as één gang oor die aarde verg, dus wat `n hernieude kluistering in die materie nodig het. Die geestelike hoogmoed is sodoende die erflike kwaal van hom wat uit hoogmoed in die diepte geval het. Hy sal sy hoogmoed ook in ewigheid nie opgee nie en daarom sal hy eers dan die weg na die Vader inslaan, wanneer hy homself so klein en nederig en kragteloos voel, dat hy nou smeek om krag, wat dan ook aan hom geskenk sal word. En so ook is sy aanhang wat in geestelike hoogmoed volhard, wat hulself nie wil buig onder die Wil van God nie, wat daarom ook geen "God" bo hulself wil erken nie, wat as mens so heeltemal oortuig van die waarde van sy "ek" is, dat hy geen geestelike onderrig aanneem nie, dat hy meen om geen hulp nodig te hê wat hom van die kant van `n hoëre Mag verleen kan word nie. Volkome ongeloof en geestelike hoogmoed sal steeds saamgaan en omdat die mens geen God wil erken nie, sal aan hom ook nooit die krag kan toevloei om homself te bevry van die erflike kwaal en die medemens kan hom nie beïnvloed nie; omdat hy dink om verhewe te wees bo alles wat "geloof" vooropstel, wat in die geestelike gebied oprys. Om hierdie mense aan te spreek en hulle die Woord van God bekend te maak, het selde sukses, omdat hulle voortdurend onder die invloed van die teenstander van God staan, wat ook sy aanhang van God geskei wil hou, sodat hy self nie swakker sal word in sy mag en krag nie, wat hy in sy aanhang meen te besit. Daar moet groot aardse en liggaamlike nood oor `n mens kom wat in geestelike hoogmoed verkeer, sodat hy by homself die gevoel van swakheid bemerk, waardeur sy gedagtes sou kan verander, hy moet insien dat hy niks is en niks kan verander kragtens sy menslike natuur en die gevoel van gebrekkigheid moet hom tot nadenke aanpor, dan sal hy sy hoogmoed geleidelik opgee - om welke rede dit `n barmhartigheid van buitengewone betekenis is, wanneer die mens in sulke lewensomstandighede geplaas word waarin hy in homself van sy swakheid en gebrekkigheid bewus word en hy daaruit die gevolge kan trek. Maar sy vrye wil bly steeds gehandhaaf, waarom die teenstander ook steeds sy invloed sal uitoefen en hy dan net so goed die gedagtes kan verwerp wat by hom opkom. Maar daar word oor sy siel geworstel, ook van die kant van die ligwêreld, om hom teen die lot van `n hernieude kluistering te behoed - wanneer hulle daarin slaag dat die mens voor sy dood sy volslae nederigheid besef en dat hy nog voor sy dood `n Mag bo homself erken. Dan kan hy nog verder in die hiernamaals gehelp word en hoef hy nie nog `n keer die gang deur die hele skepping te gaan nie. Dan het hy geslaag om homself te bevry van die heerskappy van die teenstander, ofskoon die siel in die ryk hierna erg sal moet worstel om tot die Lig te kom wat op aarde dikwels vir haar geskyn het, maar nie aangeneem is nie. Maar God het erbarming met elke siel en Hy gee haar nie op nie. Maar die mens het `n vrye wil en dit alleen bepaal die lot van die siel wanneer sy die aardse liggaam verlaat. Amen
|
|
|
|
|