|
Boek 17 - God skenk Sy barmhartigheid aan die deemoedige BERTHA DUDDE
Hoofstuk 8
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16. |
|
|
"AAN DIE DEEMOEDIGE SKENK EK MY BARMHARTIGHEID" B.D. 7057 - 6 Maart 1958 My Gees is magtig in die swakke. Maar dit wil nie sê dat die geloof van die mens swak mag wees nie, dit gaan veeleer net om die deemoed van die hart, wat die mens insien en voor My bely, dat hy swak en onwaardig is, en dat hy My om barmhartigheid vra, wat Ek hom dan ook ryklik laat toevloei. My Gees kan alleen werk in `n waaragtige deemoedige mens, want hy gee homself totaal oor aan My, hy vra niks vir homself nie, maar laat dit aan My oor wat Ek hom skenk. En `n waaragtige deemoedige mens sal ook ryklik met barmhartigheid geseën word. Hy sal dit benut en hy sal ook innerlik aangedryf word om werksaam te wees in die liefde, omdat dit die begeleidingsverskynsel is van die ware deemoed, dat die liefde in die hart vir My en vir die naaste ontbrand. `n Deemoedige mens het homself al bevry van die heerskappy van My teenstander, wie se oereienskap die hoogmoed is. Dus is die toenadering tot My sy enigste strewe en so `n verlange, word ook van My kant af ondersteun, anders gesê: Die Geestesvonk in die mens streef na die vereniging met sy Vadergees van ewigheid en dus kan Ek My Gees ook uitgiet oor hom. Maar nooit kan My Gees daar werk waar die kenmerk van My teenstander, die hoogmoed, nog aan te tref is nie. Want dan sou dit as gevolg daarvan `n samewerking wees van My met hom. Die mens moet homself in die deemoed binnegaan, voordat Ek in hom kan werksaam word. Maar wat is onder ware deemoed te verstaan? Geen mens hoef openlik die ware deemoed te laat sien deur uiterlike gebare nie, deur gelaatsuitdrukkings of `n uiterlike gedrag teenoor die medemens nie. Ek kyk slegs na die deemoed van die hart, na die innerlike toegee van swakheid en sondigheid, na die insien van die onwaardigheid van die geskape wese teenoor sy God en Skepper, en dus ook na die erkenning van sy skuld deur die vroeëre sonde van afvalligheid. Eers was alle wesens wel ewebeelde van My, wat in stralende skoonheid, ook My Self as hulle Skepper, verbly het. Maar hulle het nie gebly wat hulle was nie, hulle hele wese het verander in die teendeel en in hierdie toestand kon hulle hulleself nie meer staande hou voor My Oë nie. Maar in hulle verblinding het hulle hulself hoër as Ek verhef, omdat hulle die wese van My teenstander aangeneem het, wat vol hoogmoed was. Die terugkeer na My is daarom nie moontlik, alvorens die wese nog nie sy hoogmoed afgelê het nie; tot hy hom verander het tot diepste deemoed, tot hy sy groot verdorwenheid en die verre verwydering van My ingesien het en nou verlangend die hande om erbarming na My toe uitstrek. Dan sal Ek waarlik nie lank talm nie, Ek sal sy hande vasgryp en sy wese na My toe trek, want in sy deemoed word hy vir My `n kind wat liefdevol deur die Vader aan Sy hart gedruk word en dat Hy nou ook oorstelp is met bewyse van Sy Liefde vir My, met barmhartigheid in oorvloed en dat Hy nou ook weer kan straal met Sy Gees: En nou sal ook die krag van die Gees duidelik aan die lig kom, die mens sal gawes vertoon wat skynbaar bonatuurlik is, maar wat eintlik slegs die eienskappe is wat die wese in die allereerste begin besit het, waarsonder `n volmaakte wese nie in te dink is nie, die mens sal vol lig en krag wees, dit wil sê, oor `n ongewone kennis beskik en ook oor vermoëns wat andersins nie eie aan `n mens is nie. - Maar hy sal ook, ondanks sy duidelik sigbare band met God, tot in die diepste deemoedig bly, want die deemoed is een van die goddelike eienskappe wat slegs deur die afvalligheid omkeer na die teendeel. En so sal u mense ook steeds na die ware deemoed moet strewe, as u wil hê dat My Gees werksaam in u sal word, want wie nog `n vonkie hoogmoed in homself dra, het homself nog nie losgemaak van My teenstander nie en sy voortdurende pogings sal u verder in sy kettings hou. En die wêreld bied hom daartoe baie moontlikhede, omdat die mens steeds meer roem en eer soek en op alles neersien wat klein en gering is. Maar dit is ook `n sekere bewys van sy verknogtheid aan die teenstander, wat u mense nie buite beskouing sal moet laat nie, en u moet oppas vir so `n innerlike gesindheid, wat waarlik nog ver verwyderd is van ware deemoed. Maar as u wil hê dat Ek u self moet beïnvloed, dan sal u ook bewus moet wees van u swakheid, want slegs aan die deemoedige skenk Ek My barmhartigheid. Amen
|
|
|
|
|