Boek 17 - God skenk Sy barmhartigheid aan die deemoedige
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 4

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16.

WIE HOMSELF VERHEF – AANMATIGING – HULDIGING
B.D. 5021 - 15 Desember 1950
Wie homself verneder, sal verhef word. Maar wie homself sal laat eer deur sy medemens, sy loon sal in die hiernamaals waarlik gering wees, want hy het sy loon al ontvang. U, mense is tog net daaroor op aarde, omdat u nog onvolmaak is, anders sou u al die ryk van die geluksalige geeste binnegegaan het, wat die graad van volmaaktheid vooropstel. Maar as u onvolmaak is, hoe kan u dan eerbetoon wil verlang van u medemens? Hoe kan u uself laat eer waar u self nie voor My oë sou kan staande bly as Ek u plotseling sou wegroep van hierdie wêreld nie?
Wie homself verneder, sal verhef word. Dus stel `n verheffing in My ryk, gevolglik `n diepe deemoed voorop, wat u nie alleen aan My nie, maar ook teenoor die medemens sal moet toon, waarmee glad nie `n onderworpenheid en `n kruiperige diensbaarheid verstaan moet word nie. Maar nooit sal u mense u verhewe mag voel bo die medemens nie.
Wat u (van ander) onderskei aan geestesgawes, wat u aan talente, lewendige verstand of ander vermoëns besit, is nie u verdienste nie, inteendeel dit is aan u gegee deur u Skepper en Vader, na gelang van u bestemming op aarde; Dus mag hierdie gawe u nie verwaand laat word nie, veeleer maar net dankbaar teenoor Hom, Wie u so ryklik voorsien het. U moet egter tog van die volgende bewus bly: dat u siel nog onvolmaak is en dat dit slegs sy is wat die liggaam oorleef; dat alle aardse gawes dus vergaan, soos u self eens sal vergaan en daar buiten u siel niks sal oorbly wat u die reg gee om hoogmoedig te wees nie; Daarom is dit op aarde nie gepas dat aan `n mens oordrewe eer bewys moet word nie, dat die mense, wat ons broeders (en susters) is, hulle voor hom neerbuig of hom dienend aan sy voete lê nie; Dit betaam nie dat `n mens homself so laat eer nie, dat dit hom tot `n koning verhef, as so `n heerskappy nie aan hom opgedra is deur My nie; want selfs elke aardse heerser moet vir sy onderdane as liefdevolle, vaderlike maghebber laat geld, as hy hulle liefde vir homself wil wen en nie net gevrees wil word nie, Dan sal elke onderdaan vanself aan hom ook die eer bewys wat hom toekom; hy is egter as `n aardse maghebber deur My Wil bo die mense geplaas. Maar ook sy aanmatiging is geen deug nie, maar `n swakheid en `n fout vir My Oë.
U mense is almal gelyk voor My en onder mekaar sal u as broeders moet wees, die een sal die ander in liefde moet dien, dan is u op die aarde as My ware kinders en bly deemoedig van hart. Want steeds sal u self My weg oor die aarde vir uself moet voorstel, hoe Ek midde onder die mense gewandel het met My leerlinge, wat Ek as `n Broeder en Vriend tersyde gestaan het en wat Ek dus ook broederlik onderrig het - Alle mag staan My waarlik ter beskikking en Ek kon aan My alles verskaf, ook aardse rykdom en aansien van die wêreld - Ek sou kon heers soos `n koning en alle eer en aansien vir My kan opeis, maar Ek sien nie die verhewenheid nie, Ek sien slegs die ellendige en swakke en buig My na hulle toe. Want Ek ken geen verwaandheid nie en soek geen eer en roem van mense nie; Ek gee slegs Liefde en verlang ook slegs liefde van die mense. En wie My wil navolg, moet in liefde dien, maar nooit in mag wil heers nie. Dan eers kan hy verhef word in My ryk, wanneer hy homself op aarde self verneder het net soos Ek.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205