Boek 17 - God skenk Sy barmhartigheid aan die deemoedige
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 12

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16.

GEESTELIKE OORHAND IS NIE DIESELFDE AS GEESTELIKE HOOGMOED NIE
B.D. 7730 - 23 Oktober 1960
Die geestelike oorhand moet nie verwar word met geestelike hoogmoed nie. Wanneer Ek `n mens binnelei in die waarheid, wanneer hy deur My Woord onderrig word om vir die medemens `n bruikbare leraar te word, dan mag hy ook met oortuiging met sy kennis uitkom, omdat dit van My kom, en hy sal dan ook seker daarvan kan wees, dat hy die suiwer waarheid ontvang het en dat hierdie waarheid `n hoëre waarde het as menslike kennis wat deur die verstand deur homself verwerf is en wat nooit as waarborg vir die waarheid staan, wanneer My Gees nie kon werk nie.
Daar kan dus nooit van geestelike hoogmoed gespreek word wanneer dit daarom gaan om op te kom vir die waarheid uit My, wat die mens regstreeks van My ontvang nie. Elke terughoudendheid sou dan verkeerd wees, wanneer die moontlikheid bestaan om My geestelike leringe vir die mense te bring. U moet egter nie die "pêrels voor die swyne" gooi nie, dit wil sê, om nie daar te praat waar u duidelik die gees van My teenstander herken nie, omdat die waarheid daar ook nie as sodanig ingesien word nie en elke toespraak tevergeefs is.
Wie egter deur My Gees onderrig word, moet ook gebruik maak van die werksaamheid van My Gees, en hy moet openlik en vasberade optree vir My woord. Hy sal dit ook kan doen, want sodra hy spreek vir My en My ryk, bedien Ek My Self aan hom en spreek deur hom en dan sal u waarlik nie kan sê: Daar spreek `n arrogante gees uit hom nie. Wie eenmaal deur My met die waarheid bekend gemaak is, het ook self die insig, hy herken elke samehang en kan dus ook daaroor spreek. En wanneer hy seker is van die waarheid van sy kennis, omdat hy "deur die Gees" onderrig word, sal hy ook selfversekerd optree en verkeerde opvattinge weerlê, of goeie duidelikheid kan gee en dan kan hy nie hoogmoedig genoem word nie, veeleer moet sy geestelike oorhand ingesien en erken word, die waarheid wat hy oorbring moet indruk maak op die toehoorder en hom ook die innerlike sekerheid gee dat Ek dit Self is Wie deur die mond van `n mens tot hom spreek. En omdat Ek op hoogte is van die wil van My ligdraers, kan Ek ook My geestesgawes so uitdeel dat dit ook gewaardeer word.
En Ek kies vir My daarom Self My dienaars uit wat die opdrag het om die suiwer waarheid verder te lei. En wie van goeie wil is, die herken die waarheid en neem dit dankbaar in ontvangs, wie van goeie wil is, word met die draers van die waarheid saamgebring, sodat ook hy met die waarheid bekendgemaak word, na gelang van sy wil; En steeds sal u daaraan moet dink dat Ek My barmhartigheid slegs aan die deemoedige skenk, dat `n mens wat dus hoogmoedig van gees is, nooit as te nimmer die barmhartigheidsgawe, deur My gestuur, sal kan ontvang nie, omdat slegs `n diep deemoedig hart daartoe in staat is om dit op te neem, of u sal alles moet verwerp wat daar aan u gebring word - wat u egter by ernstige ondersoek nie sal kan doen nie.
Geestelik oorhand is slegs die algehele sekerheid om vas te staan in die waarheid en dit verlang Ek van My ligdraers, omdat hulle andersins nie met volle oortuiging die waarheid uit My sou kan uitdra teenoor hulle medemens nie. En dit is noodsaaklik dat daar aan die mense, wat in die duisternis van gees verkeer, lig gebring word, dit is nodig dat hulle weg verlig word wat opwaarts lei, want op donker weë kom die mens nie vooruit nie, hy sal inteendeel steeds verder afdaal na die diepte. Daarom sal Ek u steeds weer die lig laat toekom en salig is hy wat dit aanneem, salig is hy wat die weg gaan wat hom in die lig van die waarheid getoon word.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205