Boek 17 - God skenk Sy barmhartigheid aan die deemoedige
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 11

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16.

AANSPORING OM DEEMOEDIG TE WEES
B.D.7678 - 20 Augustus 1960
Sien u swakhede in en probeer om daarteen te veg, deurdat u uself deemoedig aan My onderwerp en vra om My barmhartigheid, om hulp in geestelike nood; want by die geringste sal Ek naby wees, wanneer hy, as een van die minste, die medemens diensbaar is en hom help om die heil van sy siel te verkry. Die grootstes sal nie die uitverkorenes wees nie, inteendeel waarborg slegs ware deemoed die mens sy roeping en daarom is daar ook slegs weinig mense uitverkies, ofskoon baie daartoe geroep is, dit wil sê, dat baie mense slegs tot die ware deemoed hoef deur te dring om dan ook deur My uitverkies te word.
Maar die mense het almal nog `n te sterk geldingsdrang, hulle wil uit die menigte van hulle medemens na vore tree, hulle wil dat daar aandag aan hulle geskenk word wat vir almal opvallend moet wees; en dit maak afbreuk aan die ware deemoed, wat die ontvangs van matelose barmhartigheid tot gevolg het; Maar Ek laat elke mens sy wil toe, u sal slegs moet leer insien wat gunstig vir u is, of wat uit die bose is. Solank dit vir die mens voorkom dat hy klein en onwaardig is, spreek hy met My in gees en in waarheid, as hy deur die gebed verbinding met My soek. En dan kan My Gees ook in hom binnestroom, dan kan Ek hom sonder beperking met barmhartigheid bedeel; Maar kry die mens aandag van die kant van die medemens, weens sy gawe om My stem in homself te verneem, dan kan sy deemoed maklik verander en swig voor selfingenomenheid, wat steeds `n gevaar vir die mens is.
En daarom sal u steeds uself moet ondersoek, wat u daartoe aanspoor om u te uiter teenoor die medemens, u moet weet dat elke selfingenome gedagte aan My teenstander `n opening om binne te kom, kan verskaf en dat u dan My Self verhinder om in u te vertoef en u aan te spreek.- En u moet krities wees teenoor uself, wanneer u My in waarheid sal wil dien. Want waar u ookal is, sal u altyd in "die stille kamertjie" tot My moet bid en My om My Gees vra. En kan u uself in u kamertjie (u hart) terugtrek wanneer u midde in die wêreld staan? Wanneer u deur mense omring is wat nie almal eensgesind is nie en dikwels slegs sensasie verwag? U moet vir geen oomblik vergeet dat Ek die stem van `n klein kindjie kan verneem, wat homself in gedagte na My keer en hom ook beantwoord, dat Ek My egter stilhou, wanneer `n onsuiwer gevoel die self ingenomenheid van `n mens laat sien, hy wat wel ook tot My bid, maar nie in gees en in waarheid nie.
Reinig u eers van die gevoel en u sal klein en deemoedig voor My verskyn en nie die aandag van u medemens op u probeer vestig nie. En so sal u kan glo dat Ek wel onder u is, wanneer daar twee of drie in My Naam bymekaar is, maar dat u geen sekerheid het dat Ek by u aanwesig is waar self ingenomenheid, hoogmoed of geestelike verwaandheid My aanwesigheid sou afweer en nou vir die teenstander die deure wyd oopmaak nie, hy wat homself wel ook in die liggewaad van `n engel sal aanbied, maar aan u nie woorde van waarheid en lewe skenk nie. Die deemoed van die hart is die beste teken om te ondersoek, want aan die deemoedige skenk Ek My barmhartigheid. En u almal sal uself moet ondersoek of u uself tot ware deemoed gevorm het wanneer u My vra om My Woord. Dan sal u ook seker kan wees van My werksaamheid, dan sal u deur My aangespreek word en volgens u vrae krag en lig ontvang.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205