Boek 17 - God skenk Sy barmhartigheid aan die deemoedige
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 2

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16.

DIE VERWERPING VAN DIE BARMHARTIGHEIDSGAWE VAN GOD – DUISTERNIS
B.D. 4956 - 25 Augustus 1950
Die barmhartigheid van God mag nie afgewys word nie.- Oorweeg hierdie woorde en dan sal u dit begryp dat die mense deur leed en ellende heen moet gaan om oor `n ander weg by die doel te kom, wat hulle sonder moeite sou kon bereik het, deur gebruik te maak van My barmhartigheid - Ek worstel om elke siel, Ek wil nie dat sy verlore gaan nie, en daarom kom Ek haar met My barmhartigheid steeds weer tegemoet. Ek wil haar help om haar doel te bereik, omdat Ek weet dat sy slegs te swak is om ernstig haar doel, naamlik om haarself te verlos, na te strewe. Waar die krag daartoe haar dus ontbreek, gee My Liefde haar bomatig baie barmhartigheid en sy hoef slegs haarself sonder weerstand aan die werking van My barmhartigheid oor te gee, sy hoef slegs haarself te laat aan trek deur My Liefde en die barmhartigheidsgawe dus gebruik. En sy sal gered wees vir ewig. Dog in hulle blindheid sien die mense nie My Liefde nie en wys daarom ook My barmhartigheid af.
Tog het Ek nog erbarming met hulle en hou rekening met hulle staat van duisternis, want Ek verwerp nie die mense nie, maar hulle bevry hulleself nie uit die boeie van die Satan nie, wat dieselfde is as die verdoemenis, omdat dit `n totale verwydering van God beteken. Ek het erbarming met die blinde en onkundige mense en as hulle steeds weer hulle voet dwars sit, hulle wys My en My barmhartigheidsgawe wel af, maar dit kom hulle kort aan insig in dit wat hulle doen en daarom verstoot Ek hulle nie, inteendeel probeer Ek aanhoudend om hulle te wen. Maar wie My barmhartigheid afweer, terwyl hulle dit egter ingesien het as barmhartigheid, die sondig teen My Liefde en kan geen erbarming verwag nie. Ook aan hulle laat Ek My steeds weer ken, maar veel moeiliker te herken as voorheen, omdat Ek sy hart met smartlike omstandighede probeer versag en hy My met sulke middele slegs moeilik kan herken. Ook is leed `n barmhartigheidsgawe, omdat dit die mens na My moet lei, as hy die weg nie alleen kan vind of nie lus het om daarop te gaan nie. En so sal u ook begryp dat `n kosbare gawe van My by die mens wat haar afwys, nie twee maal aangebied word nie en wie tog die insig het, wat dus weet hoe om haar waarde baie goed te skat; Hy sal homself moet verantwoord, beantwoordend aan die barmhartigheid wat hy afgewys het; Hy sal egter ook in duisternis verkeer, omdat die lig wat Ek hom aangebied het, uitgedoof is deur sy eie skuld en nou is die duisternis veel dieper as voorheen.
Ek stuur die lig van die hemel omlaag na die aarde en wie deur sy straal aangeraak word, kan sy innerlike verlig en die geestelike duisternis verjaag. Dit is `n onmeetlike barmhartigheidsgeskenk wat Ek uitdeel op aarde en My Wysheid kan waarlik sien wie die hoeder van die lig kan wees; maar nooit is My Wil bepalend dat die mens die goddelike Lig in homself opneem en aan homself daardeur helderheid verskaf nie. Maar dat hy dit as lig uit die hemel kan herken, wanneer hy dit wil sien; is die uitwerking van hierdie barmhartigheidsgawe wat hom by elke mens openbaar, wat ernstig daarna streef om na My toe te kom en dus alle middele gebruik wat My Liefde hom aanbied.
En so kan die onwetendheid dus nie as verskoning na vore gebring word, wanneer die mens homself moet verantwoord vir sy goeie of verkeerde gebruikte wil nie. Veeleer sal die weerstand van die wil teen My Liefde en Erbarming duidelik aan die lig kom en dus ook behoort aan My teenstander, wat van benede net so op die mense inwerk en hulle aanpor om My barmhartigheidsgawe af te wys; Die mens is vry, hy word nóg van bo, nóg van benede, gedwing waar dit om die geestelike ontwikkeling van die siel gaan. En so word `n barmhartigheidsgawe waarna hy sy hande nie verlangend uitstrek nie, ook nooit aan hom opgedring nie, maar of dit hom ooit op aarde opnuut aangebied sal word, is onseker; want slegs `n berouvolle siel, wat My innig daarom vra, kan weer deur die straling van lig aangeraak word; Maar wie My barmhartigheid eenmaal afwys, beland in die diepste duisternis en sal alle lig verafsku, omdat die vors van die duisternis hom na benede trek en hy homself sonder om weerstand te bied, oorgee aan sy mag en krag.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205