Die Twaalf Ure
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 9

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17.

SEWENDE UUR – AUSTRALIË 1] Noudat ons genoeg waargeneem het van hierdie skip se aaklige optredes, waar die betekenis sekerlik nooit vreemd sal wees vir julle nie, gaan ons hierdie toneel verlaat, 'n tree vorentoe neem en kyk na hierdie land wat julle voor julle sien. Dit het vier name*. Volgens julle [geografiese] berekening, lê dit tussen die 131ste en 171ste graad oos, asook tussen die 10de en 30ste graad suid**. * "Australië del Espiritu Santo" beteken Suidland van die Heilige Gees (De Quirós, 1606) ?! ** Australië se lengte- en breedtegraad is 35 ° 3IS, 149 ° 13E. 2] Julle moet dit alles weet, want julle is nog nie vertroud met die toestande, die natuurlike uitleg, of die klimaatsverhoudinge nie. Kyk dus op hierdie tablet wat al goed bekend is aan julle! - 3] Kyk aandagtig. Die streek wat vir julle getoon word, is die ware Australië, Suid-Indië, Oseanië en Polynesia. Kyk na die suidelike deel van hierdie land; kyk hoe dit nog steeds bestaan uit groot plasse en moerasse, waarin, as julle werklik van naby sal kyk, julle talle giftige gedrogte en alle vorme van lastige insekte sal ontdek. 4] Kyk 'n bietjie verder suid, hoe 'n groot aantal koraal ringeilande uitstrek lê, byna tot in die Suidpoolgebied*. Dit is die rede waarom die suidelike kus van hierdie land nie omseil kan word nie, aangesien dit ook onmoontlik is om hierdie suidelike kus op land** te bereik, omdat die kuslyn nie 'n geskikte kus is [óf te sag óf te steil] om toestande op hierdie wyse te verken nie. * vermoedelik die Indiese Oseaan se atolle, koraal-atolle of versperrings-riwwe wees?! ** Vermoedelik die Nullarbor vlakte op die Groot Australiese Koraalrif ?! 5] Algehele bekendmaking of ontdekking word nog moeiliker gemaak omdat hierdie land gewoonlik bestaan uit uitgestrekte vlaktes, wat net hier en daar onderbreek word met klein, onbe¬duidende heuwels. Belangrike berge bestaan beslis nie in hierdie land nie, slegs ’n paar koraal- en skaliekranse aan die kusse. 6] Hierdie tot nou toe bekende land* het binne die kontinent 'n oppervlak area van byna 200,000 vierkante myl** waarop tweemiljoen en sowat sestig duisend mense woon. * Australia. ** Of 517 997 km2 7] Die mees bewoonbare streke is oor die algemeen geleë aan die ooskus*. Hierdie streke sal dalk al min of meer aan julle bekend wees, naamlik die kolonies onder die name Carpen¬taria*1, Arnheinland*2, Witsland*3, Edelsland*4, Een¬drachtsland*5, Leeuwinland*6, Nuytzland*7, Flindersland*8, Bau¬dinland*9, Grantsland*10, en 'n paar ander minder bekende name wat van geen belang is nie. *Die Duitse weergawe lees "oos" kus (Ostkueste), maar die Engelse vertaler glo dat dit 'n drukfout kan wees, aangesien al die gen¬oemde kolonies aan die noordelike, westelike en suidkus van Australië is en vir die eerste keer ontdek is deur die Hollanders in die 17de eeu. *1 Queensland. *2 Noordelike Gebied. *3 Wes-Australië aan die Suid-Indiese Oseaan. *4 Nou genoem Tamala, Wes-Australië op die Suid-Indiese Oseaan. *5 Nou genoem Dirk Hartog Island, Wes-Australië op die Suid-Indiese Oseaan. *6 In Wes-Australië op die Suid-Indiese Oseaan (1622). *7 In Suid-Australië op die Suidelike Oseaan. *8 In Suid-Australië op die Suidelike Oseaan. *9 In Wes-Australië op die Suid-Indiese Oseaan. *10 In Suid-Australië en Victoria op die Suidelike Oseaan 8] Geleë aan die ooskus is 'n landingstrook* met die naam “Botany Bay**”, waar daar in hierdie plek, in skaars 10 jaar tot nou, alreeds 170 000 kriminele verban is deur die Britte en daarvandaan versprei na verskeie kolonies. * Sydney Harbour ** Eers genoem Stingray Harbour toe verander na "Botany" Bay volgens die oorvloed van plante ontdek deur Sir J. Banks. 9] Maar dit is nie net die oostelike kus wat vir so 'n doel gedien het nie, die gedeporteerdes is ook na die weste verskeep. 10] Daar. Kyk na 'n rivier wat in die oseaan* uitmond. Dit is die sogenaamde Swan River**. Op sy walle sien julle 'n stad wat byna voltooi is. Vanaf daardie stad*** het kolonisasie plaasgevind deur misdadigers wat daarheen gebring is; maar dit was met veel minder sukses gedoen as aan die ooskus. Gewoonlik is dit net die ergste van Engeland se skurke wat hierheen verkoop was en dit was alles gedoen in opposisie tot 'n gekombineerde onder¬neming tussen die Hol-**** en Nederlanders [die Nederlandse] - aan wie hierdie kus behoort het***** - ten einde die hoogs onbeheerbare gebied te kultiveer. * Suid-Indiese Oseaan ** In Wes-Australië. *** Perth W.A. **** 'n Voormalige suidelike provinsie van Holland ***** Die Hollanders ontdek Australië in 1606. 11] 'n Stad word aan die ooskus gebou, naamlik by Botany Bay en sy word Sidney genoem, soos die hele Nieu-Suid-Wallis kus. 12] Maar vir nou, onthou slegs die westelike punt; want nadat ons die gevangenis-houer [skip] sien land in Botany Bay, sal ons daar wil fokus waar die menslike toestande onvoorstelbaar erger is as aan die ooskus. 13] Maar voordat ons 'n nadere blik op hierdie groot skouspel werp, wil Ek julle nou self met die land van naderby vertroud maak. Ek doen dit sodat julle dan maklik 'n meer realistiese konsep kan vorm van wat genoem word en wat dit wil sê. En dan sal ons sien of die gedeporteerdes wat daarheen gebring was, skuldig of onskuldig is. - 14] Kyk nou hier. Kyk hoe die binneland lyk! Julle dink dat hierdie ontelbare velde voor julle oë niks anders is as struikgewasse nie. 15] Ek sê: O Nee! Dit is gras; en moenie verbaas wees as die gras wat julle daar sien, hier en daar drie tot vier mans hoog staan nie. 16] Hierdie gras lyk soos die sogenaamde rietgras. Dit is byna onmoontlik om uit te wis alvorens dit droog is, en dan slegs deur vuur. Maar die vuur moet aangesteek word op 'n tyd wanneer die noordewind waai, want die suidewinde sal die vuur versmoor. 17] Waarlik, julle sou ook graag 'n boomwoud wou sien. Sulke woude kom net in klein getalle hier voor en die bome wat hier groei, veral in die rigting van die meer suidelike streke, is dikwels byna net so groot en hoog soos gras en hulle produseer baie min eetbare vrugte. 18] Dikwels sal julle in die noordelike streek, sowel as aan die ooskus, reeds verskillende landbou-bewerkings vind, maar wat nie behoorlik groei nie en daarom ook merkbaar hul geaardheid bietjie vir bietjie verander. 19] Die pere word dikwels heeltemal houtagtig en wyer by die stingel as by die kroon. Wat die kersies aanbetref, die sade groei dikwels buite op die skil en die vrug self raak waterig. Hierdie en ander variasies wat dalk vreemd klink, vind plaas en hulle ly saam met baie ander soorte aangeplante plante. Die, vir julle, skaars bekende slangneute* groei welig, asook die kokosneute op die noordelike kus. Indiese vye**, die sogenaamde Johannes-brood*** en 'n tipe waatlemoen-pruim groei ook oorvloedig. * Die vrug van 'n Sapindaceae boom (Ophiocaryon paradoxum), die embrio van wat ooreenstem met ’n opgerolde slang. ** Gordyn vyeboom, deel van die Strangler vy familie. *** Karobboom of sprinkaan boontjie. 20] Maar baie sorg moet geneem word om te verseker dat 'n sekere rooi insek nie die slangneute deurboor nie. Indien so 'n geprikte neut op die aarde val, kom 'n hoogs giftige nuwe tipe plant daaruit wat tien keer erger is as die sogenaamde Boho¬nupas*. Die blare laat 'n wrede, verwoestende, giftige damp vry sodra dit net een skoenlengte bo die aarde staan. Dit dood nie net alle diere en mense wat naby kom nie, maar veroorsaak ook 'n baie intense verwoesting aan die plante, dikwels binne 'n radius van 1 uur (loopafstand). Binne 'n kort tydjie sal nie eers 'n klip-mosplant uitkom nie; inplaas daarvan kwyn en verander alles in 'n tipe as. *die gif boom; bohon-upas, (Antiaris toxicaria). 21] Die geluk van hierdie plant is dat dit nie vir meer as die helfte van 'n jaar floreer nie, maar sterf so gou as wat die winter aanbreek en word dan so onskadelik. 22] Noudat ons 'n bietjie na die wêreld van die plante gekyk het, laat ons nou 'n klein blik werp op die diere. 23] Eerstens kyk ons hoe die lug wemel van groot wit arende* wat enige ander in hul soort verreweg in krag en ratsheid oorskry; hul gulsige eetlus is veral groot in die wintertyd, soveel so dat hulle in die binneland mense soos vlieënde wolwe aanval. * Witpens see-arend?! 24] Benewens hulle is daar 'n ander boosaardige voëlsoort, wat byna die voorkoms van 'n volstruis* het en in plaas van vere, het hulle hare, en sommige het glad geen vlerke** nie, ander het egter vlerke soos die van 'n vlermuis. * Emu? ** genoem vestigiale vlerke. 25] Hierdie voëls het dikwels meer as een klafter [of 1,90 meter] lange bene, en kan moeiteloos en baie vinnig daarmee hardloop, tot 10 myl per uur. Wanneer hulle hul prooi bereik, slaan hulle daarop met een been en eet dan die maaltyd. Ander swerms kleiner en meer skadelose voëls hoef nie genoem te word nie. 26] Onder andere is daar 'n [ongewone] viervoetige soogdier* met 'n sterk bek; voël-wolf sou 'n beter benaming daarvoor gewees het. Hierdie dier is, in sy soort, wreder as enige tier. * Platypus. 27] Maar met betrekking tot die grond en die moeras – dit is 'n ware tuisland vir slange en allerhande soorte akkedisse; onder hulle baie spesies met vlerke wat nie almal giftig is nie, maar min of meer skadelik. 28] In die binneland vind ’n mens dikwels groot vlermuise wat baie giftig is en wat 'n bedwelmende effek in hul blik het en hierdie effek is erger as dié van ’n ratelslang. As iemand dit sou waag om in so ’n vlermuis se oog te kyk, val hy gou grond toe asof deur sterk drank verdoof en as niemand sou kom om te help en die vlieënde vlermuis doodslaan nie, sal hy gou die laaste druppel bloed uit sy slagoffer uitsuig. Hy sal dan versadig wegvlieg, met 'n hoë fluit. - 29] Wat die klimaat aanbetref, is hierdie land 'n ware verkleurmannetjie en buiten sommige oostelike en noordelike gebiede, is die land so onvoorspelbaar dat iemand op een dag in sommige streke al vyf weer-tipes kan ervaar. 30] Waarom alles hier so vreemd gevorm is, sal op sy bepaalde tyd aan julle openbaar word, maar onthou hierdie vooraf: Ek het heeltemal ander einddoele aan sekere lande van die aarde gekoppel, in plaas daarvan dat hulle voortydig onteer sou word deur die mens se skandelike gierigheid. 31] Nietemin, as die mense in hul waansin voortydig in lande indring wat nog nie rypgeword het nie, is dit hulle verdiende loon wanneer hulle soos verwaarloosde kinders wil lewe wat onryp vrugte en giftige bessies verorber. Maar soos wat Ek reeds gesê het, verskillende dinge sal met die volgende geleentheid aan julle bekend gemaak word. 32] Kyk nou. Dieselfde tyd waar ons in hierdie land rondbeweeg het, het die skip, wat reeds aan julle bekend is, haar ankers in Botany Bay gegooi en kyk! Daar is sy reeds! Want wanneer alles in sig kom, hoef 'n mens nie 'n lang reis te maak om by 'n sekere plek uit te kom nie.- 33] Kyk baie nou mooi! Weereens sal Ek die Ephata spreek en kyk weer: Die gevangenis houer het regdeur deursigtig geword tot by die bodem. Kyk boonop goed na ons pragtige, ast’ware eggenote! Kyk hoe swak is sy, skaars in staat om haarself uit haar sitplek te lig. Betree egter nou 'n bietjie in die kajuit van die kaptein. 34] Kyk. Reeds kyk drie koloniste saam met die kaptein na die lys, tewens in die teenwoordigheid van die plaaslike goewerneur. Kyk nou! Twintig name word deurgetrek, onder hulle ons ou man*; maar ons pragtige gedeporteerde se naam word nie deurgetrek nie. * Sien Uur 06:43 - hy het tydens die lang reis gesterf. 35] Kyk. Die goewerneur en die koloniste teken en bevestig die lys en die tronkbewaarders beweeg hulself na onder, bevry die gevangenes, sodat hulle hande agter hul rug gebind word en so word hulle na die boonste dek van die skip gedryf. 36] Kyk nou! Die tronkbewaarders betree ook in die kamer van ons pragtige gedeporteerde, lig haar in oor haar lewenslot, beroof haar van haar rokke en bind haar hande vas. Sy val dan in wanhoop flou neer oor haar lot en hulle sleep haar dan na die ander gevangenes op die dek. 37] Kyk hoe sy in duie stort voor haar beweerde man. Sy pleit met al haar mag en krag – op 'n wyse wat slegs moontlik is vir ’n vroulike hart – waar sy hom inlig oor allerhande dinge. Sy vertel hom hoe sy onskuldig skuldig bevind is en na hierdie plek van gruwels geneem is en hoe hy haar ongeluk so skandelik misbruik het: Sy, wat so suiwer was as die son en wie erger gebruik was as 'n bordeel-hoer vir die Engelse matrose! - 38] Kyk! En leer 'n les van 'n persoon wat bely om van die Christelike geloof te wees! - Kyk hoe hy die tronkbewaarder met trots beveel om die mond van hierdie skreeuende wese te prop; en indien sy haar nie baie rustig gedra soos die ander nie - sy tot dertig houe met die sweep geslaan sal word, onmiddellik! 39] Sien hier, die effek van haar versoek! Kyk, hoe met 'n tou oor haar bors en voete word sy aan 'n kleiner mas vasgemaak deur twee lakeie* en kyk hoe die tronkbewaarders die arme onge¬lukkige gedeporteerde onophoudelik en op 'n skandelik wrede wyse gesel. * Ook bekend as balju. 40] Nou kyk. Nadat haar voete heeltemal van bo tot onder met die skerp sweep gesny is, word sy losgemaak en onmiddellik saam met die ander misdadigers met toue oorboord getel in kleiner vaartuie in. En so, in 'n bloeiende toestand, word sy in hierdie ongelukkige land ingebring en word dadelik deur die goewerneur toegeken aan ’n beskikbare kolonis. 41] Dink julle dat iemand haar na 'n hospitaal gebring het? Julle is hier verkeerd! Die verbande op sulke wonde bestaan uit niks anders as dit nie: Sy word toegelaat om vir 'n halfuur in die see te sit waar dit baie vlak is. Dit is die berugte genesingsmetode in daardie land. Dit help wel. Dink tog egter aan die brandende pyn, veral vir so 'n sensitiewe meisie! 42] Nou is ons klaar hier. Ons wil egter net 'n bietjie kyk wat met hierdie ongelukkige mense gaan gebeur. Kyk. Daar in die binneland, ongeveer 'n honderd myl vanaf die kus. Kyk daar, hoe hierdie arme gevangenes met hul gereedskap moet veg, onder leiding van verskeie opsigters, met al die onbekende euwels in hierdie land wat reeds aan julle beskryf is. Dit is asof hulle tussen twee vure staan. 43] Julle gesegde sê waarlik: Dit is sink of swem! Waarom sou so ’n leidende kolonis omgee of twintig of dertig van sy onder¬geskiktes deur slange gepik word - terwyl die meeste nog in voetboeie vasgebind is – of as hulle dikwels in moerasse insink binne die etlike meter hoë gras, of die een of die ander word aangeval en verskeur deur die welbekende arende; of andersins deur die uitwissing van die iewers uitspreiende gifplant – sodat verskeie gevangenes sterf. 44] Kyk. So 'n kolonis doen min of niks daaroor nie, want hy gee nie om nie, want vir sy huis is hy voldoende versorg, selfs sonder sulke nuwe bygevoegde werkers. 45] Indien hy 'n belangrike deel van die land kan terugeis deur middel van sulke nuwe pogings om vorentoe te druk [om meer grond te verkry], is dit net reg vir hom. Maar as dit egter boe-merang as gevolg van al die wrede pogings, gee hy regtig nie veel om nie. Hy gee nie om nie, omdat hy, soos wat hy self sê, versorg is. 46] Julle mag dink dat wanneer sulke kriminele 'n nuwe stuk grond geproklameer het, sou dieselfde stuk grond dan miskien die een of die ander se eiendom word met rente. 47] Ek sê: O nee. So 'n kolonis gebruik die land vir 'n heel ander doel. Hy rig hier en daar sommige werkershuise op, maar beskou die grond as sy eie van A tot Z. 48] Die werkers kry niks anders behalwe die mees miserabele, skaars genotvolle etes, en soms - as hulle nie van honger wil sterf nie – vang hulle slange en akkedisse, hul sny die koppe af en braai dit oor ’n strooivuur en verteer dan die vleis met die grootste aptyt. Voorwaar, weereens geld die gesegde: Honger is die beste kok. 49] Ja. Met sommiges gaan hierdie honger dikwels so vêr dat hulle nie eers tyd het om 'n slang braai nie, maar nadat die kop, vel en binnegoed verwyder is, word dit dadelik verorber. 50] 'n Nuwe plaag vir hierdie arme mense is dat hulle hul vasloop in Aborigines - veral in die noordelike deel. Hulle is goeie boogskutters en met gifpyle dryf hulle die gevangenes terug, of vang hulle hul en vreet hulle rou op. 51] Kyk hier. Hierdie arme gevangenes moet mateloos onder sulke "geriewe" ly. Die straf wat hulle ontvang vanaf hul bestuur¬ders en toesighouers bo hulle - wat selfs veel meer onmenslik is as die van die Noord-Amerikaners en kan nie naastenby vergelyk word met die lyding van hierdie land se mense nie. 52] En kyk. Ons arme gedeporteerde is ook hier by een van die grassny werke. Vir julle is grassny 'n vreugdevolle werk. Maar die werkers hier moet egter met werklike gras-oerwoude werk en binne die ondeurdringbare ruigtes is daar 'n enorme aantal fel stekende insekte - veral in somertyd - wat dan hierdie naakte werkers tot so 'n mate aanval dat daar na 'n paar dae niks meer as die geraamte oorbly nie. 53] Maar wanneer hierdie verbouing in die winter plaasvind - feitlik deur die vuur seisoen - gebeur dit gereeld dat die vuur dikwels so kragtig raak dat die vlamme vir ure deur die droë gras kletter. Verder, as die arme mense wat die vuur aangesteek het, nie vinnig op die vlug slaan nie, word hulle óf heeltemal verbrand, óf hul kry ernstige brandwonde regoor hul liggame. 54] Die ergste is egter die volgende: As die vuur iewers versmoor het, moet die arme persoon wat die vuur aangesteek het, dikwels dan vir ure oor die versengende warm as loop om weer die versmoorde vuur te aktiveer en te belug. 55] Hulle word toegelaat om 'n tipe houtplank aan die sool van hul voete vas te maak, maar dikwels word hierdie houtplanke reeds halfpad deur die lopery verbrand en dan is dit by almal dieselfde; - hul sole word dikwels verbrand, ten spyte van die plank aan die voet. 56] Baie ander ontelbare smarte en siektes wat inheems is aan hierdie land is beter om nie op te noem nie! Wat die Weskus aanbetref het Ek niks meer nodig om te sê nie, buiten dat dit daar tien maal meer onmenslik is as aan die ooskus en om hierdie rede maak die kolonisasie baie min vordering. 57] Julle sien. Vir al hierdie dinge kan 'n mens slegs die skandelike hebsug van die sogenaamde "morele" en selfs "Christelike" mense blameer. 58] Dat Ek nie in staat is om langer na sulke gruwels te kyk nie, sal julle maklik kan verstaan sonder te veel nadenke. Want waarlik, die mense het alreeds hulle sondes tot binne die derde hemel opgestapel. Ek hoef niks meer te sê nie. 59] Daarom sê ons Amen vir vandag. Die agtste uur sal selfs 'n groter en vreemde dinge openbaar! 'n Vrek en egoïs is 'n persoon wat homself gekorrupteer het en is nie by magte om enige vrugte van die lewe voort te bring nie, omdat hy alle lewe binne homself verteer het Die Groot Johannes Evangelie Vol 3, 193

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205