Die Twaalf Ure
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 5

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17.

DERDE UUR – AFRIKA 1] Beskou nou hierdie land. Dit word vir julle op die wit tablet aangedui. Julle sal dit herken. Dit is Afrika. Kyk goed daarna. Ek sê vir julle dat dit nie 'n landkaart is nie; dit is die eintlike land in 'n letterlike beeld. 2] Kyk. Hier is die noordelike kusse en hier in die noorde is Oud-Egipte; verder na die weste is al die welbekende state wat verwoesting en chaos veroorsaak. Aanskou al die ruwe berg¬reekse en beskou die onmeetlike sandwoestyne en grasvelde tussen hulle. 3] Kyk, die afgod Mohamed heers oral. Roof, moord en slawerny is orals en aan die ander kant is dit despotisme en tirannie van die hoogste orde! 4] Kyk hoe al hierdie inwoners steeds met 'n bedryf aangaan, maar hulle is niks anders as gebonde slawe van die regeerders nie. Die swaard van die despoot draai stadig maar seker om hul kaal nekke en wat hulle byna vir hulself verkry het, moet hulle oorhandig aan hulle heerser. 4] Kyk hoe hul priesters vervloeking en leuens predik vanuit hul torings. Hulle predik geen seëninge nie, maar vul die armes met hul [vals] Elisiese* lug, terwyl hierdie arm mans offers moet bring vir hierdie “niks” van ten minste die helfte van wat die heerser vir hulle agtergelaat het. *Om goddelike inspirasie of iets van paradyslike aard aan te dui. 6] Kyk hoe 'n paar Christene hier ’n baie miserabele jammerlike voorkoms het. Intussen loop ander meer kragtige, [slegs in naam], Christene rond, goed gewapen in magtige leërs en maak die ellendige nog meer ellendig as wat hulle reeds is. Soos wat julle kan sien, in plaas van om My seën en My genade aan hulle te bring soos wat dit hoort, bring hulle oorlog, dood, verwoesting, hongersnood en talle ander euwels. Voorwaar, selfs nie eers Paulus het sulke vreeslike Christen-vervolgings uitgevoer soos wat hierdie [sogenaamde] Christene doen aan hierdie ellendige mense nie. Laat ons egter hierdie kus verlaat en 'n bietjie gaan kyk na Egipte. 7] Kyk hier. Kyk na hierdie pragtige land, hierdie eertydse seëning aan Jakob. Kyk hoe lyk dit nou. Voorwaar, dit is so boos dat die hoer van Babilon 'n suiwer maagd is in vergelyking daarmee. 8] Tot dusvêr besproei die ou Nyl steeds die grond waar Josef regeer het, toe alles nog aan Farao behoort het, maar wie besit die land wat nou deur hierdie Nyl besproei word? 9] Soos wat Ek die Israeliete huiswaarts gelei het vanuit hierdie land, was hierdie selfde land getref met sewe harde plae* vir 'n kort tyd, totdat die kinders vrygelaat is. Wat was hierdie plae in vergelyking met vandag? Vandag is hulle getal eindeloos. Ja. daardie vroeë plae was waarlik manna uit die hemel in vergelyking met wat vandag hier gebeur. *Exodus 07-11 10] Op daardie tydstip het heidene dieselfde land beheer, maar hulle was ten minste mense, en het geweet om die waarde van ’n mens te respekteer. Hul uitgangspunt was een* wat, net soos die een van Sentraal-Asië, gespruit het vanuit die tye van Noag en die wese van die groot God was goed bekend aan hulle. Vanuit hierdie kennis het hulle menigvuldige wysheid gehad, maar hulle het hierdie wysheid slegs aan sekere mense oorgedra deur hul geheimenisse [misteries]. Hulle het beweer dat hulle dit slegs gedoen het sodat die groot God nie ontheilig sou word deur iemand wat onbevoeg en onwaardig is nie. Om hierdie rede het hul land oorgevloei van alle soorte sogenaamde wonders van die wêreld en was hulle wysheid en skole deur al die nasies as merkwaardig erken. *Tweede uur, # 14; pre-vloed 11] Vandag sien julle nog oorblyfsels van die voormalige grootheid wat opdoem oor die warm sand van hierdie land, maar kyk nou van naderby na hierdie land. Kyk na sy arm mense, kyk hoe hulle soos diere gejag word. Kyk, hier na die suide is 'n paar vreedsame huisies omring deur byna onoorkombare berge. 12] Kyk hierna en kyk vreesloos! Die gewapende klimmers van die despoot klim vreesloos op na die bergtop. Kyk daar! Hulle val die vreedsame huisies in. Hulle doen dit slegs om al die vreedsame burgers wreed te vermoor. Hulle dra al hul besittings weg en vervang hulle met ander gevangenes en dan plaas hulle 'n bitter verpligting op hulle, bykomend tot 'n verskriklike dood¬straf. Hierdie verpligting is ontwerp om vinnig belasting vir die despoot te verdien; in drie jaar in plaas van meer as ’n tydperk van tien jaar. 13] Kyk hierheen. Hier is nog so 'n plattelandse gebied; hier het dieselfde ding net drie jaar gelede plaasgevind. Kyk hoe hierdie belasting-afpersers hierdie vervangde slawe benader en hulle wreed mishandel. Al hul vroue en slavinne word swaar gestraf, dan neem hulle die verkreë besittings en dra dit weg. 14] Kyk nou net verder opwaarts. Kyk, hier is verskeie despotiese oorlogsdienaars toegerus met stroppe*, swaarde en haelgewere. Kyk! Kyk hoe die stroppe op hierdie oomblik heen en weer gegooi word oor die vlugtende inwoners van hierdie bergstreek. Kyk daar, 'n bietjie meer na die weste. Kyk hoe sommige oor rotse klim en die vaders, moeders en kinders in die vlug gryp. Jonk en oud klim met bloeiende vingers om van dié wrede moordenaars te ontsnap. Let ook op hoe hierdie despotiese oorlogsdienaars deur die despote gevolg word en nou word die een na die ander van die kranse afgeskiet. Kyk nou net hoe hulle reeds baie gevangenes muilband en bind, mans en jeugdiges saam, om hulle op 'n baie miserabele en ongure wyse na hul militêre hoofkwartier te bring. *n lasso of tou 15] En kyk nou net weer berg afwaarts. Kyk! Daar is 'n amptelike heerser en eerbetonende garde van die despoot. Kyk na hom terwyl hy, net om sy wellus aan te wakker, besig is om 'n hele groep bang slavinne met 'n sweep te verstrooi. Hy doen dit om weer ’n erg bebloede slaaf te verkrag onder sy wrede houe. Dit is beter om nie te dink aan die ander gruwels wat in groot getalle hier in hierdie land gepleeg word nie. 16] Kyk nou hoe hierdie land lyk! Vergelyk hierdie plae met die vorige sewe en verseker moet julle erken dat dit suiwer manna uit die hemel was [in vergelyking met die verskrikking van wat nou gebeur.] Want as julle aan die hoogste graad van helse verdorwenheid wil dink, reis dan na Egipte en daar sal julle dit letterlik vind. 17] Ek dra maar net oor en meer kan Ek julle nie vertel nie, want dit is hoe vêr alles hier gekom het. Selfs 'n goeie daad is die heel ergste wreedheid en hierdie wreedheid word oral beoefen deur die heersers van hierdie pragtige ryk. 18] Loer 'n bietjie hier in die hospitale, inrigtings en gestigte. Kyk hoe die siekes op allerlei maniere gemartel word. Hulle voed die armes met afval. Die kranksinniges word soos mummies in gate in die muur geplaas en verseël met ysterhekke en daar lê hulle ineengekrimp, skreeuend en klaend. 19] Ek gaan die saak nie verder aan julle verduidelik nie. Dit is voldoende as Ek sê dat 'n goeie daad oral 'n aksie van wreedheid is in hierdie land. Dink daaroor. Onder watter dekmantels verskyn wreedheid nie? 20] Nou verlaat ons die noordelike deel van hierdie miserabele land, sowel as die res van Afrika. Kyk hier na die onbekende sentrale deel van hierdie [suidelike] land! Merk op, wonings is al oral hier en daar verstrooi. Kyk, hierdie land is uitgestrek en oral ingesluit deur onoorkombare berge. Kyk, dit is die enigste plek op aarde waar 'n onbedorwe en uiters goedgeaarde tipe mens nog bestaan. 21] Kyk, hierdie mense kyk steeds na die innerlike [hart]*. Behalwe vir die apostel Thomas, wie deur My gestuur is, het geen vreemdeling ooit 'n voet in hierdie land gesit nie en so is hierdie klein volk wie hierdie warm streek alleen en yl bewoon, nog steeds binne My suiwer leer. Tot en met hierdie uur is My suiwer leer nie onder hulle vertroebel nie. *Goddelike wysheid, visioene en geestelike verligting. 22] Dit is die enigste klein skakelpunt wat die aarde nog met My hemel verbind. Neem kennis van wat Ek nou aan julle gaan sê: Wanneer 'n minagtende voet hierdie apartgestelde heiligdom in gierigheid betree, sal Ek My fakkel oor hierdie aarde gooi. 23] Kyk vanuit hierdie land na die ooste en na die weste. Kyk hoe twee groot nasies, vol hebsug en vraatsug, alreeds alle soorte lere teen die berge plaas. Hulle doen dit in hul onversadigbare dors vir die beweerde goud in hierdie land. 24] Ja, Ek sê vir julle: Hulle sal binnekort slaag. Hulle het byna deurgedring. Hulle sal egter niks kry van die goud waarna hulle dors nie. Maar Ek sê vir julle dat hulle waarlik 'n soort goud sal vind, maar hierdie goud sal die hele aarde in goddeloosheid verpletter met sy gewig. 25] Kom kyk nou 'n bietjie hier. Kyk na die suidwestelike kus van hierdie land. Kyk na die “prysenswaardige” mensehandel. Kyk, despotiese woekeraars onder allerlei name pak hulle vervloekte skepe vol van hierdie swak onverderflike mense. Loer 'n bietjie dieper in hierdie skepe. Kyk hoe daar reg rondom baie lae plankgalerye oftewel dekke* is en hoe hierdie arme mense langs mekaar op hul mae soos gestapelde hout moet lê. *Die romp van die skip is verdeel in tussen-dekke, dekke wat laer in hoogte is. 26] Kyk, so 'n skip is gepak met seshonderd tot eenduisend van sulke betreurenswaardige mense. Wat hul voeding aanbetref: Vanaf hierdie kus tot by Amerika word 'n vier pond sware, stinkende, baksteenvormige brood* voor elkeen se mond geplaas en voor, reg teenoor die mond, loop daar ’n groef deur en eenmaal per dag word water vir alle slawe in hierdie groef uitgegiet. 15 Vertalingsnota: Die Duitse woord hier is 'Steio-Brod-ziegel, (klipreuk, klam, gerook) glo 'n "Steinbrot 'of klipbrood gewees; 'n suurdeeg brood wat vir die eerste keer in groot hoeveelhede gebak en gestapel i, en later gehou, [ietwat] aangeklam deur die drinkwater voorsien aan die slawe. Sommige mense dink ook dit was 'n swaar Mack-brood soortgelyk aan 'n langdurige brood wat later aan die soldate gegee is. 27] Kyk net, met hierdie soort kos moes so 'n swak persoon 'n reis van 2000 myl aflê! En tydens die reis is daar 'n daaglikse ondersoek gedoen of daar nie 'n paar omgekom het nie. 28] Maar hoe het so 'n ondersoek plaasgevind? Kyk. 'n Soge¬naamde slawe-assistent gaan rond met 'n skerp instrument, al langs die gallery en dan steek hy iemand in die voet! As die mishandelde een skreeu, is dit 'n teken dat hy nog leef. 29] Daar is ook nog ander maniere om lewe te toets wat sulke ware sataniese godslasterlike mensehandelaars hulself toelaat om te doen. Ons gaan nie enigsins verder op hierdie boosheid in nie. Maar een ding is seker: Wanneer hierdie handelaars handel in leeus, tiere, slange en hiënas, gee hulle hierdie dierlike diere knaend meer aandag, koestering en versorging as hul eie armsalige menslike broers. 30] En nou het ons van hierdie hele vasteland geleer. Kyk net 'n bietjie, kyk af na die suidelike punt van hierdie land, na die plek wat die [Kaap die] Goeie Hoop genoem word: Waarlik sê Ek vir julle, daar is eintlik goeie hoop in hierdie plek vir Satan. Hier is die handel so van belang sodat die heer van die duisternis aanhoudend sy kapitaal hier belê met eenduisend persent wins.* * hierdie boek is in 1864 geskrywe toe die Kaap nog in Britse besit was 31] Ek het nie nodig om julle meer te vertel nie. Julle kan maklik hieruit aflei hoe so 'n lewenstyl My mishaag, veral van die sogenaamde Christene. 'n Groot beloning gaan volg!

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205