Die Twaalf Ure
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 12

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17.

TIENDE UUR - EUROPA EN DIE TWEEDE SIG *Die Tiende Uur is ook gedeeltelik herdruk in die boek "Gawes uit die Hemel". Geskryf te 21 Maart 1841, vanaf 05:15 in die middag tot 08:45 in die aand. Van tyd tot tyd, op versoek, het Jakob Lorber toegelaat dat sy beste vriende vir hom skryf. Hy sou woordeliks dikteer wat hy homself gehoor het vanaf die Meester en so is dit ook met die volgende hoofstukke. Die skrywers is: Digter Karl G. Ritter von Leitner, burgemeester van Graz, Andreas Hüttenbrenner en sy broer, die komponis, Anselm Hüttenbrenner en F. S. (ongeïdentifiseer). 1] Noudat ons 'n bietjie gekyk het na ander buitelandse nasionaliteite met betrekking tot morele kodes, sal ons ons aandag vestig op ons eie vaderland. Ek sê huis omdat almal van julle in die eerste plek hier gebore* is. In die tweede plek is Ek op hierdie grond bekend - vir die grootste deel - deur die baie gefragmenteerde en heeltemal verslegtende Christendom. * Jakob Lorber en sy vriende was hoofsaaklik in Oostenryk gebore. 2] Sekerlik kon Ek nog praat oor vele meer lande en streke op aarde, beide op die vastelande en op die eilande. Maar dit sou egter geen sin maak om nuwe statistiek of stukkies insiggewende inligting te lewer en aardbeskrywings in julle hande te plaas op hierdie tydstip nie, maar Ek doen dit met die doel om julle gees te laat ontwaak sodat julle* makliker jul eie innerlike vlak van inge-steldheid sou oorweeg om die ooreenstemmende boosheid van jul eie omgewing te herken. Daarom is dit genoeg inligting met betrekking tot die voorafgaande beskrywing van alle buitelandse lande. * Die Gees in ons. 3] Wat betref die eienaardighede en gedrag van die ander welbekende groot lande en koninkryke, soos die Sjinese ryk en ander wat gedeeltelik behoort aan hierdie ryk, gedeeltelik egter aan die kontinent Asië en Australië, kan julle dit gaan opkyk. Daar is ook eilande wat aan Afrika behoort, asook die groot imperiale staat Brasilië tesame met die res van Suid-Amerika en al daardie eilande, wat beskou word as deel van hierdie wêrelddeel. Kyk, julle kan dit alles op julle eie leer. 4] Maar vanuit 'n paar oorwegings vir julle kan Ek niks meer na die tablet bring nie. Gegewe dat die afgodery wat alreeds die volke tot die hoogste graad besoedel het in sulke lande, sal julle niks meer win om dit te sien nie, - in stede daarvan sal julle meer gif as seëninge absorbeer deur die waarneming van sulke prentjies. 5] En met betrekking tot die rede waarom Ek dit nie kan doen nie, - dit is beslis nie in lyn met My heiligheid nie. Verder, uit hoofde van My goddelike orde, is dit ook onmoontlik vir My om My oog van Liefde in hulle rigting te draai, want van die begin af was so 'n land ontdek deur 'n nasie wat deur My gehaat word en sulke lande is bedek deur My vloek, of het hulle hulself vanaf antieke tye reeds so versleg in hul gruweldade, dat slegs een kyk van My op die gepaste prentjie, hulle onmiddellik sou vernietig. 6] Omdat die gruwelike gedrag en gewoontes in hierdie lande so verregaande is, sal julle verontwaardig raak oor so 'n beskrywing - selfs met net 'n effense beperkte uitbeelding daarvan, veral wanneer dit kom by die innerlike omstandighede. Indien Ek aan julle sou wys, sou nie een van julle die krag hê om voort te gaan met die skryfpen nie. 7] Daarom laat ons hulle onaangeraak. Nou, soos wat Ek alreeds gesê het, laat ons dit innerlik [geestelik] oorweeg, dit wat nou in alle opsigte nader aan My en aan julle lê. 8] Julle mag dit moeilik vind om te glo dat onder hierdie bekende en deels doelbewus verborge lande daar gebiede is waarvoor selfs My vloek te Heilig is. Daarom is hierdie gebiede, in die letterlike sin, nie dieselfde [vloek] werd nie. Ek hoef niks meer vir julle te sê nie. 9] Julle kan nou verstaan waarom Ek nie betrokke sal raak in noue konfrontasie oor sulke gebiede op aarde nie. Want waar Satan sy oorheersing ten volle opgerig het in alles en almal, is dit waarlik nie goed om daarna te kyk nie. 10] Selfs al sou Ek sulke gebiede vir julle versprei oor My tablet, sal julle sekerlik niks behalwe 'n swart en hier en daar 'n baie gloeiende gedeelte op aarde sien nie. Ek hoef niks meer te sê nie. Kyk om dié rede na die tablet en probeer om die land te herken wat julle voor julle sien. 21] Kyk baie goed. Aan watter kant kan julle daardie land sien? Korrek, dit lê baie noord. Sien. Julle het dit gevind. Julle herken dit dadelik. Die vêr uitgestrekte ys- en sneeuvelde voorspel luidkeels die naam Rusland aan julle. 12] Kyk hoe hierdie vêr uitgestrekte ryk homself versprei oor byna drie kontinente. Met betrekking tot die topografiese area, is dit die grootste land op aarde wat regeer word deur 'n opper keiser. 13] Kyk hoe dit hier lyk - veral in die noordelike dele - asof ewige vrede haar setel daar gevestig het, 14] Maar voorkoms kan nie vertrou word nie. Selfs hier is daar baie storms in die gemoedere van die noordelike inwoners. Dit is nie net dat hulle kulturele ontwikkeling agterbly vergeleke met die res van die volke in Europa nie, maar hulle is ook agter Europa met so baie ander aangeleenthede. Die rede hiervoor is dat die regering steeds te min doen. Daar word selfs te min gedoen om ten minste daardie spesifieke Christelike lig op 'n meer intensiewe manier te laat skyn, wat in die algemeen so kenmerkend van hierdie ryk is. 15] Dit vernoemde twis is min of meer 'n morele stryd, eerder as 'n politieke stryd. Gegewe, met betrekking tot die geestelike van 'n persoon, dat daar geen toestand meer ongemaklik kan wees as 'n paar klein vonkies Christenskap wat verbind word met 'n hele stroom vuur van die vuilste bygeloof nie, want dit is makliker om die pikswart heidene - beide hier, sowel as in die hiernamaals - toeganklik te maak vir die suiwer waarheid, as sulke heidense Christene. 16] En hierdie situasie ... kyk hier op die tablet ... strek byna ononderbroke oor die hele noordelike deel van hierdie land. 17] Hoe dit ook al sy, die algehele situasie in dié ryk is nogtans een waar die waarheid nog ongehinderd toegang het onder sekere omstandighede: 18] Want waar 'n [opper] keiser 'n land regeer en altyd binne sy eie groot magsfeer* poog om sy ryk binne alle situasies so veel as moontlik te verenig, is so 'n keiser soveel meer waardig, ja, sê Ek vir julle, ongetwyfeld meer, as in die geval waar, in 'n ander hoogs opgevoede land, 'n monarg bloot in naam 'n regeerder is en sy onderdane word grondwet na grondwet verleen, sodat hy nie van sy geliefde troon** verdryf word nie. *van die Duitse woord "Wirkungssphaere" wat beteken, sy eie sfeer van werke. ** In kort: 'n soewerein moet eers sy land verenig binne homself - sy hart, voordat hy sy volk kan regeer, of hy, soos ander meer opgevoede soewereine, word 'n strooipop en hou sy onderdane gelukkig met een grondwet na die ander [hy gee sy volk wat hulle wil], uit vrees vir die verlies van sy troon. 19] Waarlik, so `n keiser is niks beter as 'n krimineel in ’n gevangenis nie, aangesien sy blindheid hom nie toelaat om te sien in watter soort slawe-kettings sy grondwetlike volk hom gebind het nie. 20] Hy kan nie sien dat hy 'n gevangene aan ’n goue ketting is nie. Die goue ketting is ook 'n metaalketting en met sulke massiewe skakels dat dit dikwels tienvoudig swaarder is as die een wat van yster gemaak is vir 'n misdadiger. 21] En so is daar niks meer merkwaardig vir ons om hier op hierdie vlaktes te sien nie... behalwe dat daar in die verre noorde teen die berge, bekend as die Oeral, sommige uiters afgesonderde gesinne woon wat begaafd is met die tweede sig*. * Vertalers nota: Ook bekend as tweede sig, vêrsiendheid of visioene. 22] Maar die tweede sig is egter nie 'n teken van 'n meer geestelik bewuste persoon nie. Die oorsaak daarvan is eerder 'n effens meer verhoogde sielelewe [of innerlike ingesteldheid] en is oor die algemeen 'n besit van meer verfynde of sensitiewe mense wat altyd in groot nood is en dus die begeerte het om in ’n meer natuurlike isolasie van die wêreld te leef. 23] Byvoorbeeld: Dat hierdie tweede sig geen verband het met geestelike bewustheid nie, kan voldoende aan julle verduidelik word uit die feit dat diere ook 'n tweede sig het, wie se individualiteit absoluut geen geestelikheid in haarself dra nie, behalwe vir 'n siel wat in haar ontwikkeling verder moet gaan. 24] Trouens sal julle nou vra: Wat se realiteit het dit, wat vertoon haarself visueel in die tweede sig? Nie eens dit sal vir julle moeilik wees om op te los nie. 25] Indien julle nog begrawe is in die middel van die winter en sneeu- en ysvelde wat julle demonies van alle kante toekyk en boonop word dit van julle vereis om in koelkamers te leef, sal julle nie sterk begin te smag na die lente en somer nie? Meer nog, sal die verbeelding van julle siel haarself nie besighou met prente wat lente en somer aan julle toon nie? 26] Kyk: Hierdie verlange wat as’t ware ’n smeebare afwagting [of plastisiteit] is, is die eerste stap van die tweede sig, en het haar oorsprong in die sagte, stil eteriese bewegende of gesus van dit wat die siel in haar onderdrukte toestand aangenaam verwag. 27] Nou: Indien iemand nog baie dieper sou ingaan, sou hy ten minste gedurende die nag dikwels die situasie van die lente en somer by hom sien verbygaan soos flou droombeelde*. *visioene 28] Indien 'n siel egter nog meer beperk word deur lydende omstandighede, vind 'n eksperiment in haar plaas deur sulke drukking, asof die lug is wat onder druk geplaas word tot 'n hoër graad, sodat sy ontbrand en buite die liggaamlike sfeer tree. 29] Maar in die sigbare ruimte is daar egter ook sielkundige uitwerkings en bewegings [of uitdrukkings van die siel], net soos wat daar effekte en bewegings van lig is in die wye lig-uitspansel of ruimte. Die enigste verskil is dat die ligvibrasies nie meer op 'n ander wyse as op ’n reguit natuurlike manier kan voortplant nie, terwyl die sielkundige effekte meer soortgelyk is aan die vibrasies van klank [akoesties] en kan voortplant in alle denkbare rigtings, asook in alle denkbare krommings met meer as elektriese spoed. 30] Dink nou aan die een of ander feit of aktualiteit; maak nie saak watter tipe dit miskien sal wees nie, dit het altyd drie voorwaardelike komponente: (1) 'n materiële [fisiese], (2) 'n siel [psigiese]* en (3) 'n Geestelike** een. * Psige: die menslike siel, verstand of gees. Ook, psigiese: (1) wat in betrekking staan tot magte of geestelike prosesse buite die wat gedefinieer word as natuurlike of wetenskaplike wette moontlikhede. (2) Dus buiten die gebied van Natuur- en Skeikunde [Lookwayup.com]. **Vertalers nota: Alle mense dra 'n Geesvonk binne hul siel [aangesien ons na God se beeld en gelykenis geskape is]. Elke individu moet hierdie Geesvonk wakker maak as deel van God [wat, "Christus in julle is, die hoop van die heerlikheid" (Kolossense 1: 24-29)]. Hierdie "Geesvonk" word ook genoem "Die slapende inwoner." Verder is die drie fundamentele redes as volg: (1) die liggaam, (2) die siel, en (3) die "Geesvonk." Die Geesvonk woon in die siel en die liggaam bedek beide die siel en die Geesvonk. 31] Wat die eerste toestand aanbetref, dit kan slegs deur die fisiese oë gesien word, op dieselfde oomblik wat dit plaasvind en binne 'n afstand wat met fisiese visioenêre krag bereik kan word. 32] Met betrekking tot die psigiese toestand, sal julle maklik en sonder veel nadenke besef dat 'n feitelike gebeurtenis eers die siel moet voorafgaan voordat dit kan oorgaan in die fisiese wêreld in [of die wêreld van die liggaam]. 33] Maar, as die bedekking [die fisiese liggaam] nou verwyder word van die siel, kan sy - uit hoofde van die psigiese snelheid van reproduksie - alreeds so 'n feitelike gebeurtenis aansienlik vroeër waarneem. Sy kan dit doen aangesien sy eerste by die materiële objektiwiteit* aankom, of sy kan ook 'n feitelike gebeurtenis sien wat reeds plaasgevind het, trouens net soos wat julle 'n vêraf weerkaatsing of eggo** sal hoor. * Objektiwiteit: (1) nie beïnvloed deur persoonlike gevoelens of menings nie. (2) nie afhanklik is van die omgee vir bestaan; werklike. [Vra Oxford. com] **Vertalers nota: Die siel is in staat om buite haar liggaam te tree en bewustelik alle materiële omliggende gebeurtenisse waar te neem, insluitend haar eie dop, naamlik die liggaam. 34] Ja, Ek voeg selfs drie klein voorbeelde van die menslike visie [of innerlike sig] by hierdie groot oorvloed. 35] Eerste ... Byvoorbeeld: 'n Persoon wat begaaf is met die tweede aangesig sien 'n onbekende lyk verbygaan, waar die kennismaking nog heeltemal vars en gesond is en sterf eers 'n paar maande daarna. Dit vind plaas op die volgende maklik verstaanbare manier, naamlik: 36] Die siel van die sterwende persoon voorsien die nabye einde van haar dop [die liggaam], veral ten tye wanneer sy net so - met behulp van 'n opvallende uittrede- haar in duie stortende rypge¬worde huis suiwerder en deegliker ondersoek. 37] In hierdie situasie reël sy al die nodige maatreëls en seremonies vir die oorgang. Maar terselfdertyd is die siel van 'n ander persoon ook in so 'n verhoogde psigiese toestand [of siel vibrasie] en sien die hele werklikheid van die siel van die ander persoon wat reeds voorafbepaal is. Trouens, sy sien al hierdie deur middel van psigiese [of verhoging van siel] kommunikasie* wat nou aan julle bekend is. *Beide siel en gees is in staat om 'n verhoogde psigiese toestand te bereik 38] Julle sien: Dit is die manier waarop sulke dinge vooraf gesien word deur die siel, net soos wat die fisiese oog die dinge sien wat nou net gebeur het [voor die fisiese oog]. As tweede voorbeeld: 'n Siel sien iets wat op 'n vêr afstand plaasvind. 39] Hierdie innerlike waarneming of visie vind ook op dieselfde wyse plaas. Want waar mense vergader en daar gebeur iets - óf as toeskouer, óf as gelukkige, óf ongelukkige deelnemers - is daar niks meer natuurlik as dat so 'n feitelike gebeurtenis dus onmiddellik ontvang word deur die sielsaktiwiteit [of sielelewe] van ’n ander een, wat haarself dan self inplant in die psigiese sfeer of die sfeer van die siel op 'n manier wat soortgelyk is aan die mees delikate magnetiese aura* volgens die grootte en tipe van die feitelike gebeurtenis wat dikwels 'n hele paar duisend ure weg is. * Van die Latynse: fluïdum; vloeistof, of die voortspruitende effek van energie, onsigbare, eteriese, uitstroming, ens 40] En as 'n mens homself dan in so 'n verhoogde gemoedstoestand* bevind, word hy dadelik bewus van sulke vibrasies en ontvang die prentjie deur die pariteit van die vibrasies op dieselfde wyse in sy sig [of die oë van sy siel]. Hy ontvang dit as 'n soort materiële prentjie deur die pariteit van die vibrasie van die lig van die uitgaande voorwerp, en dit word dan liggaamlik waargeneem deur die fisiese oë. * uitstralende [energie] siel. 41] Die volgende derde voorbeeld is: Wanneer 'n feitelike gebeurtenis, waarin verskeie mense 'n noodlottige ongeluk sal hê en dit nog nie plaasgevind het nie. Hierdie tweede sig is ietwat meer raar, maar desondanks kom dit voor netsoos al die ander gevalle. 42] Na hierdie tweede sig moet daar op die volgende manier gekyk word: Wanneer 'n siel in spesiale gevalle 'n verhoogde toestand bereik, ontwaak die [geïntegreerde] innerlike lewende gees ... maar egter slegs vir kort periodes. Alle feite is egter geopenbaar, vir ewig op 'n onveranderbare wyse, in die geestelike toestand [wat die Gees van God in ons is] – die feite van die verlede, sowel as van die toekoms. Nou kan die visie of besigtiging op twee maniere plaasvind. Naamlik: Die betrokke persoon sien dit eerstens vanuit sy gees [of in die gees]. 43] Hierdie bewustheid [of fenomeen*] gaan [of deurkruis] natuurlik tot in die mees innerlike** vlak van die siel en sodra die bewustheid oor in die siel beweeg het, plant sy haarself nog verder voort – volgens wette wat nie aan julle bekend is nie. Indien 'n persoon nou woon in 'n verhoogde toestand van siele-uitstraling***, sien hy ook 'n sekere tipe prognostiese [of profetiese] feitelike gebeurtenisse bykomend tot al die ander omstandighede wat plaasvind en in hierdie bewustheid is hierdie visualisering van die siel ’n tweede tipe of feitelike gebeurtenis, wat nog steeds iewers in die toekoms sal plaasvind. * Van die Griekse phainomenon, wat beteken 'om te verskyn’. ** Die Gees van God in ’n persoon se siel. ***LSO, 'n psigiese toestand van voorspelling. 44] Dat so 'n persoon ook in staat is om siele van gestorwe mense te sien - as daardie mense dit wil, of toegelaat is om gesien te word – hoef nie nog verder genoem te word nie. 45] Kyk nou: Daar het julle die hele aard van die tweede sig en julle kan dadelik sien dat daar geen bykomende geestelike bewustheid vereis word nie, omdat die visie of besigtiging van die gees heeltemal anders is as dié van die siel. Net soos wat die besigtiging van die liggaam [of gedrag] optree tot die besigtiging van die siel, so ook tree die besigtiging van die siel op tot die besigtiging van die gees. 46] Soos wat die besigtiging van die fisiese oog op materiële wyse versterk kan word, met alle soorte optiese instrumente, so kan die besigtiging van die siel ook verhoog word deur daardie middele wat natuurlik ooreenstem met die siel. 47] Hierdie middele is natuurlik: 'n Sterk ongeveinsde geloof, 'n vaste voorneme en, in dié verband vereis ten minste die helfte daarvan ’n geestelike bewustheid. Net soos wat die sielkundige besigtiging op hierdie wyse opgewek kan word, net so kan die besigtiging van die gees tot in oneindigheid versterk word. Dit kan gedoen word, naamlik deur daardie presiese metodes wat die groot Siener julle geleer het deur Sy lesse, - en watter groot Siener presies die Een is wat julle almal nou daaraan herinner. 48] Julle mag dink, maar waar is die res van die verduidelikings wat ons verwag het oor die toestande binne die Europese lande? 49] Hier sê Ek niks anders nie, behalwe: Alhoewel julle genoeg geleer het van die ander verskriklike toestande, mag julle wel tevrede wees om te weet dat dit in julle lande bykans beter is. Maar afgesien daarvan – is die voorwaardes steeds op so ’n wyse gevorm dat die een wie goeie bedoelings het, eenvoudig geen hindernis sal vind om beter word, meer te bereik en goed te doen nie. 50] 'n Paradys op hierdie aarde bestaan nêrens nie, nie fisies of geestelik gelyktydig nie. 51] Maar iemand kan dit [paradys*] in die Gees bereik, as hy dit net wil en alhoewel daar nog in sommige lande duisternis is, belemmer dit nie die saak nie; selfs al het die donkerte van die nag gewigtig oor die dale en berge gevestig, sal hulle nie in staat wees om enigiets te doen sodra die son haar opgang begin het nie. * Vertalers nota: Mattheus 19:26 "Jesus het na hulle gekyk en gesê:" Vir die mens is dit onmoontlik, maar by God is alle dinge moontlik. " 52] Dit is egter net sleg in daardie lande waar daar absoluut geen weg van vryheid bestaan nie, soos in ondergrondse kelders, afgronde en gange. Daar mag duisende sonne opkom in plaas van een, tog sal hulle lig nie in staat wees om enigsins gouer deur te dring in sulke korsagtige dieptes nie, alvorens die straal van die hoogste graad van brandende lig die aarde omvorm het tot in die senter [kern] van die eter nie. 53] En so, vir die nog oorblywende twee ure sal ons nog steeds heeltemal verskillende dinge vind as wat julle sovêr verwag het en aan die einde sal julle moet erken dat hy wat die laaste lag, die lekkerste lag. 54] As julle dan al hierdie ure in 'n heel ander lig sal beskou, wat Ek sal laat plaasvind deur 'n klein toestel in My kamera, sal julle dan besef dat Ek nie bedoel het om julle in professore van statistieke te verander nie, maar in iemand heeltemal anders, - iemand wat in staat sal wees om vêr verby die gebied van statistiek te kyk. 55] Oor dit wat in die volgende uur sal plaasvind, sal julle slegs ervaar in die volgende uur. Moenie moeite doen met raai nie, moet ook nie vergelykings maak met My statistiese stellings nie; want julle sal moet erken dat al hierdie dinge heeltemal vrugteloos is. 56] As julle egter alreeds aan iets dink, dink dan dat Europa, Asië, Afrika, Amerika, Australië en al die genoemde eilande en hul hele morele en politieke omstandighede nie vir My belangrik is nie. Waarom Ek hierdie beelde gebruik het, sovêr as wat nodig was vir julle en slegs vir julle; ... kyk, dit sal waarlik meer aan julle openbaar word in die volgende twee ure, soos wat Ek dit in hierdie uur gedoen het met die tweede sig en selfs meer getrou. Amen. Wanneer julle gees ontwaak binne-in julle, sal julle Sy stem in julle hart bemerk soos helder gedagtes. Hieraan moet julle aandagtig luister en ag slaan daarop in julle hele sfeer van lewe, dan sal julle julle gees voorsien met 'n steeds groeiende veld van aksie. So sal die gees binne julle groei tot ’n grootmens grootte en julle hele siel deurtrek en daarmee saam julle hele materiële wese. Die Groot Johannes Evangelie vol. 4, 76

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205