Die Twaalf Ure
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 11

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17.

NEGENDE UUR – JAPAN 1] Nadat ons deur die suidelike deel van die aarde rondgedwaal het, en julle die situasies waargeneem het - meer in die geestelike, as in die natuurlike sin, sal ons weereens terugkeer na die noordelike halfrond van die aarde en soos voorheen genoem, sal ons 'n kort besoek bring aan die eilandnasie van Japan. 2] Maar soos wat julle nou al weet, ons het nie jare of maande nodig om daar te kom nie; net 'n goeie blik op die welbekende tablet en die hele heidense eilandnasie lê reeds oopgesprei voor julle oë. 3] Kyk net na die kuslyn. Kyk hoe vreesaanjaend staar die hoë krans kruine af op die stormsee. Kyk reg rondom en julle sal baie min plekke vind waar die oppervlak van die land en die see op dieselfde vlak is. 4] Kyk: Hier in die suide is 'n enkele toeganklike landingsplek. Na hierdie landingsplek kan 'n paar buitelandse nasies - uit hoofde van die innerlike toestand van die gees - ook hul skepe heen lei. 5] Met betrekking tot die paar ander landingsplekke vir die inheemse bevolking: Hulle is, eerstens, byna of dikwels gladnie toeganklik nie. In die tweede plek laat hierdie sogenaamde ern-stigste en mees regverdige regering nie toe dat buitelanders ankergooi nie, behalwe op die vasgestelde landingsplek. 6] Die redes hiervoor is eerstens, sodat hierdie vreemde [en andersoortige] volk nie hulle plekke ontheilig nie en tweedens, sodat die buitelanders nie sal bewus word van hierdie ander kleiner landingsplekke nie en hulle so 'n bedreiging vir hulle raak en dan onvermydelike skade en ondergang veroorsaak nie. 7] Maar die derde rede is egter dat hierdie heerser dink dat hy die uitsluitlike besit het van alle kunste, ambagte en geheime en so leef hy in die konstante vrekkerige vrees dat, indien sulke dinge aan vreemdelinge geopenbaar sou word, dit die einde van sy oorvloed sou wees. Daarom het hy besluit op slegs een landingsplek, waar - volgens sy mening - sulke buitengewone produkte onderhandel kan word uit spesiaal verdiende meegevoel. 8] Want hy het die vaste oortuiging - asook die hele nasie – dat hy alleen geplaas is in die middelpunt van die wêreld. Hy glo dat alle vreemdelinge van die hele wêreld na hom toe moet kom om van sy uitsonderlike nasionale produkte te koop. Deur dit te doen, ontvang die vreemdelinge uitsonderlike goedere en kan hulle hul eie konsep vorm van hierdie besittings en dan herken tot watter vlak van volmaaktheid en deeglikheid hierdie sentrale-koninkryk van die aarde in staat is. Ja, hy is in werklikheid van mening dat die mense van die aarde nie die vermoë besit, of vermoed dat hulle die kennis het, om 'n eenvoudige rietmandjie te vervaardig nie. 9] Selfs indien hy woord ontvang dat die buitelandse skepe besonder en kunstig gebou is, ontvang die beriggewer altyd 'n loesing vir so 'n boodskap, want so 'n berig word beskou as 'n openlike belediging vir sy majesteit. Indien hy dan een of twee kommissarisse om die beurt ontbied om homself in die geheim te oortuig of die saak waar is of nie, 10] en hulle keer terug met dieselfde boodskap en bevestig hierdie berig, dan word so 'n bevestiging beskou as formele nasionale hoogverraad. Dit keiser sê dan: Hoe is dit moontlik dat hierdie dom buitelanders in besit gekom het van die geheime wetenskap om huise van hout te bou wat hulle oor die getye van die see kan dra, as dit nie verraai was aan die buitelanders deur een van my onderdane nie? !! Slegs ons het sulke kennis, ons, die uitverkore volk van die middelpunt van die aarde! 11] Dadelik word ondersoek-kommissarisse van die hoof- en residensie-stad bestel na al drie streke. Hulle word gestuur om inwoners van die kus streng te ondersoek, waaruit hulle sulke verraad vermoed. 12] Indien die kommissarisse niks vind nie, word hulle ook genadeloos geslaan nadat hulle teruggekeer het en dan word hulle vir drie jaar vrygestel van hul dienste. Binne daardie tyd moet hulle hul boude afstudeer en dit onder die strengste professore in die wêreld. 13] Na afloop van die voltooide studie, vind 'n besonder ernstige eksamen plaas. Hy wat hierdie eksamen slaag, word weer in diens geneem, maar hy wat die eksamen druip, word weer geslaan en dan moet hy weer sy studies oor begin. 14] Terwyl sulke kommissarisse hul vereiste strafstudies moet verduur, word ander verteenwoordigers goedgunstiglik aangestel. 15] Hierdie aanstelling vind plaas op die volgende wyse: Nege sogenaamde beginners word geroep voor sy mees regverdige en mees ongenaakbare majesteit geroep en dieselfde vors toets hulle dan mondelings. 16] Hierdie eksamen bestaan uit die volgende: Eerstens moet hulle alle vervaardigde produkte van die land lys en beskryf hoe hulle vervaardig word. Dan moet hulle letterlik alle berge, riviere, dale en vlaktes, alle diere, mak en wild, alle bome, plante en kruie opnoem en lys. Verder moet hulle presies die name van alle onderdane noem en waar elkeen geleë is en wat hulle besit. 17] Ten slotte moet hulle die hele naam van die keiser* kan opsê, wat eintlik die moeilikste is vir die beginners. Die rede hiervoor is dat hierdie naam so lank is, dat 'n mens dit skaars kan neerskryf. Met 'n gemiddelde grootte handskrif, pas dit op ’n minstens een myl lange strook papier met net een lettergreep. Hierdie lettergreep bevat al sy verwaande eindelose lange geslagslyn, dan alle sake en besighede van die land, sowel as die name van al sy onderdane. *Mikado 18] As julle dit nou oorweeg, sal julle besef watse inspanning daar op die geheue nodig is om dit te verwesenlik, naamlik – soos wat julle sou sê - om hierdie naam te memoriseer. Julle sal nou wil vra, maar hoekom so 'n lang naam !? 19] Dit kan maklik aan julle verduidelik word omdat hy - die keiser - sy gehele glorie, geskiedenis en besit daarin aangeteken het. 20] Ander mense in die land het ook baie lang name, maar hulle s'n mag nie langer wees as dié van die keiser nie, op straf van die dood. 21] Daarom word baie studie gedoen oor die naam van die keiser, sodat hulle die lengte van hul eie name kan vergelyk met die naam van die keiser. 22] En as iemand, ook van baie ou herkoms, sou bevind dat sy naam langer is as die keiser s’n, dan dra hy sy naam-protokol met geskeurde kleed en huilende stem voor die keiser en pleit hy vir die straf en volledige vernietiging van sy naam. 23] Indien die keiser die naam met 'n maatstok meet en bevind dat dit eintlik twee klafter* [of 4,143 treë] langer is as syne, dan word ses klafter [of 12,444 treë] afgesny van die naam en verbrand en dan word die petisionaris - uiters genadiglik - die regte hoeveelheid houe geslaan en gevolglik ontvang hy ook daarna sy verkorte naam. * 1 Oostenrykse Klafter [ou meting] = 1,8965 meter 24] En weereens keer ons terug na ons beginners. As drie of vier die toets slaag, sal hulle dadelik ontvang, soos wat julle sou sê in julle taal: Hulle aangestelde [indiensnemings] graad. Met hierdie aanbieding kom ook die onmiddellike plig om voort te gaan as kommissarisse op en in die plek van die sogenaamde verraaiers, ten einde die vroeër bespreekte nasionale-verraad oop te vlek. - 25] Dit blyk egter dat hierdie [beginners] net slimmer is - met ’n haardikte - as die voriges. Hulle talm gewoonlik met hierdie ondersoek vir een tot drie jaar en gedurende hierdie tyd dink hulle 'n slim set uit om hul keiser te bedrieg. Wanneer hulle terugkeer, bring hulle gewoonlik 'n paar omgekoopte getuies saam wat sal getuig dat, na hierdie verskriklike gebeurtenis, weerlig die plek drie keer getref het. Daarna loof almal wat teenwoordig is die grote god in die son vir die uitvoering van so 'n groot teken tot die verheerliking van die groot soewerein voor sy mense. 26] Nou sal julle dalk vra: Maar waarom was die eerste drie nie so slim soos die opvolgers nie? - 27] En julle sal verbaas wees as Ek vir julle sê: Die eerste drie was eintlik slimmer as hul opvolgers. Hulle word nou dadelik bevry van hul studies en hulle word persoonlik erken, vanuit die keiser se eie mond, as volledige outoriteite en die mees kundigste wetenskaplike staatsmanne. Hulle het dan op dié manier by die hoogste eer uitgekom en deur hierdie eer word hulle nou toegelaat om die kleed van die monarg vier keer per jaar aan te raak en hulle word ook daardeur bevry van alle verdere aanrandings. Al het hulle nie die sake van die staat soos hul opvolgers bewerkstellig nie, maak dit geen verskil nie, want die enigste beslissende faktor is hulle groot lojaliteit. 28] Die opvolgers behou dan die status van ware in diens gestelde staatsamptenare op die hakke van hul voorgangers. Moenie eers dink dat dit iets onbelangrik in hierdie land is nie. 29] 'n Amptenaar wat toegelaat word om die kleed van die keiser vier keer per jaar aan te raak, is iemand so buitengewoon in hierdie land, dat indien hy in ’n straat sou afstap, of gedra word in 'n draagstoel, moet alle mense – op die doodstraf na - voor hom buig met hulle aangesigte tot op die grond. 'n Woord van hom gespreek aan iemand, is tot so 'n mate buitengewoon, dat die persoon dikwels nie die plek vir drie dae verlaat waar hy sulke genade ontvang het nie. 30] Indien die woord ongunstig was, met ander woorde, indien die beampte 'n berisping uitgespreek het, 'n onaangenaamheid soos 'n diernaam of 'n ander skandelike woord aan 'n persoon, dan sal die betrokke persoon onmiddellik begin kerm en rou bedryf en die hoë amptenaar vra vir die barmhartigste straf en hierdie straf word dan onverwyld aan hom gegee. 31] En dadelik bring hy sy pleidooi voor die hoë staatsman, naamlik dat hy die straf nie te lig moet toedien nie, maar volgens sy strengheid. Reg en begeerte sal hom toelaat om hom hard te slaan. 32] As die staatsman met sy genadiglike geneigde ore luister na so 'n pleidooi, beveel hy sy baie dienaars om die betrokke petisionaris onmiddellik te gryp en hom aan sy hande en voete op te lig van die grond. Sodra die petisionaris in die lug is tussen hierdie agt dienaars, kom die geselingsman met die bamboeshout* en gee hom 'n drag slae. Hy doen dit totdat die vooraanstaande staatsman hom 'n teken gee dat sy genade hiermee geëindig het. * 'n Sweep wat gebruik was vir straf 33] Na hy halfpad doodgeslaan is, word die petisionaris weer op die grond geplaas en sy bure gaan staan rondom hom hulle begin die groot wysheid, geregtigheid en strengheid van die amptenaar te besing. 34] Miskien wil julle ook graag die gewone mense se begeerte sien om lof of bewondering aan die keiser te bring. Dit is nie moontlik in hierdie land nie, want die keiser is in elke opsig te ontoeganklik om deur gewone mense geprys te word. - 35] Hierdie en 'n paar soortgelyke dinge is eintlik die beste deel van hierdie Grondwet; Noudat ons onsself vertroud gemaak het daarmee, is dit ook gepas dat ons die slegte dele 'n bietjie verlig. 36] In hierdie sin is dinge hier regtig soos nêrens anders in die wêreld nie. In die eerste plek: Niemand in hierdie land beskik oor eiendom nie, maar alles is die eksklusiewe eiendom van die keiser. 37] Aan elke mens, of liewer, elke klas, word gestipuleer presies wat en hoeveel hy moet werk. 38] Ook word die kos voorafbepaal, sowel as die klere; die woning en die distrik word vir hom bepaal waaruit hy nooit kan beweeg, tensy hy in besit kom van 'n spesiale regeringsbevel nie. 39] Verder word daar ook bepaal hoeveel vrouens hy kan hê en hoeveel kinders hy kan verwek by sy vrouens. 40] Dit word ook van hom vereis – tot die geringste van die wet - wat hy moet betaal van wat hy geproduseer het. 41] Die inwoners van die kus word streng verbied - behalwe by die vasgestelde handelsplek vir vreemdelinge – om enige persoonlike besigheid te doen. Hulle word beveel - buiten by die handelsplek – om nooit 'n vreemdeling [of buitelander] toe te laat om die Japanese grondgebied* te betree nie. Hierdie beperking geld ongeag watter situasie ooit sou opduik. * Dit was 'n “geslote land "of sakoku-beleid genoem. 42] En so word alle kommoditeite presies bepaal. [Die keiser bepaal] wat gegee [of verkoop] kan word aan vreemdelinge [of buitelanders] en wat die vreemdelinge in ruil kan aanbied [of verhandel]. Verder word dit ten strengste bepaal dat meer as een vreemdeling nooit kan aanbly as tolk op een plek nie, ook kan daardie vreemdeling van daardie oomblik af nooit weer die kus verlaat nie, want hy is as sulks aanvaar. 43] Boonop moet hy sy taal aan drie Japanese kommissarisse leer en buiten dit mag hy kan nie eens 'n uur se reis na die binneland van die land maak nie. - 44] Kyk, dit is min of meer ’n opsomming van die Japanese denke. Ek sê min of meer, want hierdie land het absoluut geen sogenaamde skriftelik bestaande regeringstelsel of grondwet nie. Die lewende regering is die onderskeie bestaande keiser en sy hoogste staatsamptenary en daarom lê dit byna geheel en al binne hul vrye onvoorspelbaarheid om 'n nuwe wet maak vir elke onmiddellik voorkomende geval. 45] Trouens het julle geen idee hoe die wet daar ’n heeltemal verskillende straf bepaal vir 'n misdaad nie - dikwels oor iets onbeduidend. Ek sal julle net 'n klein voorbeeld gee. 'n Persoon word beveel om binne sy uitgemete distrik te woon en word nie toegelaat om daarbuite te beweeg nie. 46] As iemand nie die presiese grens onthou nie en hy plaas net die helfte van sy voet oor die lyn en sy buurman merk dit op, sal die buurman op sy beurt hierdie gebeurtenis aan sy volgende buurman rapporteer en hierdie een aan die volgende, totdat dit die huis van die sogenaamde distrik-goewerneur bereik. 47] Hierdie een gaan dan dadelik met ’n draai na die dorpie en plek en daar meet hy die oorskryding presies. As die oorskryding 'n bietjie meer is as die helfte van 'n voet, dan is die onmiddellike straf vir die oortreder ’n honderd houe. 48] As die distrik-goewerneur egter bevind dat ten minste drie-kwart van die voet oor die lyn gegaan het, verhoog hierdie feit die omstandighede en verdubbel die straf byna. 49] Indien iemand egter sy hele voet buite die grens geplaas het, kry hy ten eerste ’n groot aantal houe en dan word hy vir drie dae aan 'n paal vasgemaak om homself vertroud te maak met die nouste grens. 50] Indien so 'n situasie sewe maal plaasgevind het, word sy voet dadelik na die volgende keer afgekap. 51] Maar wie egter sonder geregtelike toestemming slegs 'n paar treë buite die distriksgrens gee, word opgehang op 'n [sogenaamde] barmhartige wyse, of hy word doodgeslaan. En as dit nie op 'n [sogenaamde] barmhartige manier is nie, word hy naak vasgebind aan 'n kruis en daar hang hy totdat hy dood is. Maar daar wag egter nog genade vir hom aan die kruis, uit hoofde van 'n groot versoek wat hy moontlik kan maak, naamlik om doodgesteek te word deur 'n lans. - 52] Kyk: Julle kan reeds vir julleself vanuit hierdie klein voorbeeld 'n konsep vorm hoe dit in hierdie land gesteld is en wat die opset is, naamlik dat geeneen uitgesluit is van die doodstraf nie, behalwe die welbekende hoë staatsamptenare. 53] En tot ’n mate dryf een wig die ander hier. ’n Mens sal nooit 'n geval teëkom waar 'n laer beampte aangekla word en straf moet uitdien as gevolg van moontlike wreedheid nie. Hulle word slegs verhoor indien hulle in die geringste 'n bevestigde nalatigheid gepleeg het. 54] Daarom vorm die sirkel en die skaal [balans] van die liggaam die Grondwet, want alles word daar omsirkel, of gemeet en geweeg. 55] Indien julle nou dink dat die doodstraf die leidende rol speel, tesame met allerhande martel-variasies, in al hierdie fundamen¬tele reëls en regulasies, dan sal dit nie so moeilik vir julle wees om 'n konsep te vorm van die toestande in 'n land waar despotisme die hoogste toppunt bereik het nie. 56] Trouens, daar is bykans geen ander land op die oppervlak van die aarde wat ooreenstem met hierdie een wie na willekeur in sy gewoontes wreed en verskriklik optree nie. 57] Nou het Ek die afskuwelike deel van hierdie land voldoende aan julle openbaar. Daar is egter iets wat baie erger is. Julle sal sekerlik nou dink, - maar wat kan daar moontlik in hierdie land wees wat erger is as wat ons reeds gehoor het? Ek sal op hierdie oomblik niks aan julle sê nie, wees bloot tevrede om na My tablet te kyk. 58] Kyk hier: Hierdie gebou is 'n tempel! Ek sê ook aan hierdie tempel: Epheta! - En kyk nou binne. Kyk hoe daar in 'n sydelingse afgeleë ronde sel 'n paar meisies en seuns gevoer word, sodat hulle mooi en oorgewig moet raak. Kyk na die manne wat tussen hulle sit met geel en blou kledingstukke*. Hulle is die offerande-priesters. * Shinto priesters 59] Indien 'n misoes jaar of 'n jaar van geen oes hierdie land plaag, verkondig hulle onmiddellik dat hulle god kwaad is oor hierdie land en daarom moet die mense 'n offerande bring om hom te paai. 60] En kort daarna, op bevel van die hoëpriester, word ses manlike en ses vroulike persone uit hierdie sel geneem, gewas en baie grasieus bedek volgens hulle gebruik en daarna gaan staan 'n priester op 'n sogenaamde wysheidstoel, vanwaar hy met kwaai woorde bepaal - asof die woedende god vanuit homself spreek - hoe die slagoffers geoffer moet word. 61] Indien die meisies baie mooi en wulps geraak het deur hierdeur voeding, sal die god die offer verwerp, en sy keer dan terug na haar priesters as lewenslange eiendom. 62] Maar die woedende godheid is egter nie baie beskermend teenoor die seuns nie. Indien een van hulle nie van uitsonderlike skoonheid is nie, sal hy nie gespaar word nie. In werklikheid word die seuns eintlik bedoel vir die offer. Hierdie offer behels dat hulle óf lewend verbrand word, óf eers onthoof en dan verbrand word. Soms word hulle na 'n krans gelei wat oor die see uitsteek en van daar af word hulle in die see gegooi. 63] Natuurlik vind sulke menslike offers maar selde plaas, maar dit is genoeg, dat wanneer dit in so 'n land voorkom, dat hierdie land, as gevolg daarvan, reeds in die diepste duisternis is en dat hierdie land die skandelikste en miserabelste begrippe van 'n ware Godheid het. 64] Benewens hierdie verskriklikste boosheid, is daar nog die moord op surplus kinders en hy wie bo en die toegelate getal kinders verwek het, word aan sy geslagsdele vermink. 65] Verder behoort die volgende ook by die verskriklikste euwels, naamlik dat die owerhede met ongekende wreedheid optree teen die koms van die Christendom in hierdie land. 66] Nie eens 'n wedergebore gelowige, toegerus met al God se wonderwerkende krag, kan dit in hierdie land waag nie, want as 'n vreemdeling word hy beskou as 'n draer van slegte geluk en ’n opruier van die volk. Hy word dus dadelik gestraf met die wreedste dood. - 67] Daar is reeds werklike gevalle waar Christen-boodskappers aan die lewe gehou was deur My, regdeur die verskillende soorte doodstrawwe. Hierdie barbare het dit alles slegs as niks beskou nie en het onversadigbaar alle denkbare soorte dodelike strawwe op sulke Christen-boodskappers toegepas. Hulle het dit gedoen totdat die maat vol was volgens My orde, want Ek moes My boodskappers red, ten einde nie meer tyd te spandeer om te sien hoe die Heiligdom deur sulke naamlose minagting bejeën word nie. 68] Maar onthou dit: Die oomblik van beëindiging van hierdie vrye setel van die Satan is nie vêraf nie. Wanneer julle hoor dat die monargie oorhandig is aan ’n buitelandse volk*, dink dan daaraan dat die einde van alle dinge nie meer vêr weg is nie. *Sien: http://en.wikipedia.org/wiki/Occupation_of_Japan 69] Kyk, in hierdie vêr land van die Ooste is daar nog sommige mense wat niks wil weet oor My nie. Ek sal minder boodskappers daarheen stuur, maar in plaas daarvan sal Ek boodskappers van My dreigende [Geregtelike] hof stuur; en dit sal wees - soos met 'n vrugteboom in die herfs - dat die onryp vrugte saam met die ryp vrugte afgeneem sal word. 70] Die ryp vrugte sal gestoor word vir die tafel van die Meester; die onrype sal egter gegooi word in die parskuip en gekneus word sodat enige bietjie sap wat nog uitgedruk kan word, gebruik sal word vir aansuring. Die doppe sal egter voor die varke gegooi word en dit sal wees soos by 'n huisvader op wie se lande die koring rypgeword het. * Versuring: Onryp vrugte is suur omdat die suurvlakke hoog is; die suur sap word soms gebruik word vir die preservering van voedsel, ens. 71] Trouens sal 'n mens nie fokus op die rypheid van die onkruid nie, want dit sal saam met die koring van die veld afgehaal word en dan sal die dienaars dit skei van die koring. 72] Hierdie dienaars sal dit saambind in bondels en dit op die oop veld droog en dit dan aansteek en tot op die grond afbrand, sodat alle onkruidsade vernietig word, maar hulle sal egter My koring in die skuur van die ewige lewe inbring. 73] Kyk, moenie aanstoot neem wanneer julle soveel onryp vrugte en soveel onkruid vind tussen die koring op aarde nie. 74] Moenie dink dat Ek My Dag daaroor sal uitstel nie. Voorwaar sê Ek vir julle: Ek wil dit net versnel, ter wille van My uitverkore kinders. Ek wil dit doen, want as die tyd en dae van die laaste voorafbepaalde ellendes nie verkort word nie, sal selfs die Lewendes [dit wil sê die Gelowiges in die Meester] hul lewens verloor! 75] Wees dus nie ontsteld nie en gebruik hierdie boodskap nie soseer as 'n letterlike uitkyk op die verkwistende wêreld nie, maar gebruik dit eerder vir julle eie innerlike beskouing. Dit is waarom Ek dit aan julle gee, sodat julle die wêreld [diep] binne julle sal herken. Ek doen dit sodat, uit julle liefde vir My, julle dit sal verag en vêr daarvan sal vlug. 76] Maar eers aan die einde van die laaste uur sal Ek die wol van julle oë aftrek, waar almal van julle heeltemal sal agterkom waarheen Ek eintlik met hierdie twaalf ure wil gaan. Amen. Die volgende aanvulling tot die negende uur toe verskyn nie in die 1864 Duitse uitgawe nie en kan slegs gevind word in latere uitgawes van "Die Twaalf Ure". 77] Japan bestaan uit die volgende eilande: 1ste Sachalin*, 2de Gesso**, 3de Nippon***, 4de Shikoku, en 5de Zimo**** wat die digsbevolkte land op aarde is. *Russies-Karafuto. **Hokkaido. ***Nihon-Japan. ****Kyushu. 78] Die totale topografiese area is skaars so groot soos Groot-Brittanje. Die Japanese mense [van vandag] bestaan slegs uit Mongoloïede, Maleiers en enkele van die inheemse bevolking*. Hulle is beslis nie verwant aan die Chinese nie en oorskry die Chinese in alles - in opvoeding sowel as in wreedheid. - *Ainu-ras. 79] Wat ook 'n baie groot rol speel, is die feit dat hulle die Chinese by verre oortref in 'n verskeidenheid van wetenskappe. Hulle het slegs agt-en-veertig eenvoudige letters in hul taal, in teenstelling met die Chinese wat byna vyftigduisend het. Die Japanese taal is baie sag en buigsaam, maar hul geloof is 'n verfynde heidendom en hul tiranniese wette is van die hoogste orde. 80] Daar is tien sogenaamde kaste onder die inwoners; vir elke kaste is daar sommige wette wat onherroeplik is en bykomend is daar 'n paar arbitrêre veranderlike wette. 81] Elke mens het sy eie toegewese distrik waarby hy streng geaffilieer is. Hy word nie toegelaat om homself vanuit hierdie plek te verwyder alvorens hy nie vrygelaat is nie. Die vrystelling bestaan uit 'n soort werksvrystelling. 82] Die voorkeur dorpe is: Jedo-Edo*, by die rivier Tonkai** met 280 000 huise en meer as 1 miljoen inwoners - dit is tans byna die digsbevolkte stad op aarde [1841]; Rio of Miako*** met 140 000 huise en bykans 1 miljoen inwoners; Nagasaki, 'n hawestad met 10 000 huise en ongeveer 100 000 inwoners; Matsoma met 6 000 huise en 60 000 inwoners. – * Jedo [Jeddo] was die naam van Tokio tot 1868. ** Ook bekend as die rivier Sumida. ***Kyoto. 83] Die mees noordelike punt van die eiland, Sachalin* is vernoem na die Engelse Kaap Elisabeth en in die westelike helfte van die eiland is Kaap Geduld. Hierdie mees noordelike en armste eiland word geskei deur die Straat van La Perouse** van die eiland Jesso***. *Wat nou deel uitmaak van Rusland. ** Sien: "Navorsing oor die fisiese geskiedenis van die mensdom" deur J. Cowels Prichard. *** Jesso - Yezo, hedendaagse Hokkaido. 84] Aan die suidoostelike punt van die eiland Jesso lê die stad Matsoma. Die eiland is geskei deur die Sangarstraat* van die eiland Nippon. Dit middelste en grootste eiland is terselfdertyd die residensie-eiland. * Tsugaru Straat. 85] 'n Groot hawe met die naam van Namba* sonder stadsregte is geleë daarop. Dan is daar die residensie-stad Jedo of Edo** met 'n groot hawe, wat beskerm word deur die angswekkende skiereiland ring [Genoem die skiereiland Boso en Miura]. Dan volg die bergstad Rio of Miako*** as die grootste industriële Japanese stad. Hierdie eiland [van Jesso] is terselfdertyd die bergagtigste, net soos die meeste noordelike eiland Sakhalin - wat ook die mees vulkaniese is. * Hedendaagse Osaka. ** Tokio. *** Kyoto. 86] Die eiland Sikok* is - so te sê - min of meer 'n berg vanuit die see en het dus slegs 'n klein bevolking. Die eiland Kinsing** egter, met die hawestad Nagasaki, is aan die ander kant oorbevolk. Hierdie eiland het die strafste wette en is slegs toeganklik vir die Nederlandse [buitelanders] en wel net op die eiland genoem Guelport, wat net langs Nagasaki lê. Hierdie naam was afgelei uit die slegte Portugese en Spanjaarde wat uit daardie plek geskors is. *Hedendaagse Shikoku. ** Kyushu. 87] Bo die noordwestelike helfte van die eiland Nippon is daar 'n ander, ietwat minder beduidende, eiland genoem Sado. Dit is 'n toevlugsoord vir die inheemse volk* wat 'n paar voorregte daar kan geniet. Ook het 'n paar Portugese skelmpies na hierdie eiland gevlug. Hulle mag egter nooit die eiland verlaat nie en hulle moet bid tot alles wat Japannees is, insluitend die volmaan. * Ainu ras. 88] Die hele bevolking van Japan beloop 40 miljoen mense, waarvan vier-sewendes daarvan vroulik is. Met die uitsondering van meganika, wiskunde, skeepvaart, geografie en sterrekunde, is hulle in alle ander bedrywe voor die volke van die aarde en is in die besit van groot rykdom en baie geheime. 89] Die mense van Sado besit nog steeds hier en daar die tweede gesig* en het nog steeds die antieke kennis vanaf die tyd van Meduhed**. *Ook genoem in die boek "Gawes uit die Hemel" – Aard en Wese van die tweede gesig **Lees die "Huishouding van God", 1: 31-34. 90] Hulle is drie miljoen mense sonder die Portugese, wie slegs 'n paar duisend daarvan uitmaak. Hierdie stuk kan julle almal dien as 'n akkurate opname van hierdie land en kan ingesluit word in die "negende uur". Amen! Kennis alleen help nie om redding te verkry nie, maar dade wel! Die Groot Johannes Evangelie vol. 6, 227

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205