Die Twaalf Ure
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 16

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17.

EPILOOG Die Woord van die Vader ontvang deur O.R.L. op 30 Mei 1892, en is gedruk as: Voorwoord tot 'Die twaalf ure' van die 1895 Duitse uitgawe. Tans leef julle nog in die tyd van die lewende stroom van My Gees in julle sfeer; die tyd het nog nie aangebreek waartydens My kneg van My gehoor en neergeskryf het onderwerp sal word aan 'n na-ondersoek oor wat waar is, onwaar, en wat net gekleurd is. Soos wat reeds aan jou gesê is, toe jy jouself aangebied het om die deur jou opgemerkte en moontlik ook ander foute in die Groot Evangelie van Johannes te verwyder: [Ek herhaal hier:] Hou jou hande af van sulke geringe voorkomste. In die eerste plek, is sulke foute gering en betrek nie die geestelike nie, maar slegs materiële dinge - in die tweede plek laat Ek direk sulke foute toe, naamlik hier en daar vir lang gedeeltes, sodat dit gekleurd raak deur die opgewonde gees van die skrywer, sodat daar geen geloof-in-die-letter onder julle vorm sal aanneem nie! Wees vrye geeste! Soek! Meer nog, oefen jouself – om vry te raak - deur die ondersoeke in My geskrifte [en hul toepassing]. Moenie kyk na die foute nie, maar op die oorblywende diep versteekte innerlike betekenis, waarvan daar nog steeds oneindig baie verborge is in jou, soveel as wat jy wil ondersoek. - Die twaalf ure is byna, vir alle praktiese doeleindes, gekleur deur die roering van die skrywer. Slegs aan die einde breek My kalmte ten volle deur. Moet niks daarin verander nie. Niks is "skandalig" vir hom wat vasklou aan God nie, want Hy verstaan alle aardse dinge! -

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205