Die Twaalf Ure
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 10

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17.

AGSTE UUR - OSEANIË EN POLINESIË 1] Nadat ons gekyk het na die vasteland van Australië en dit ondersoek het, sal ons nog 'n kort besoek bring aan die meer betekenisvolle eilande, om te sien wat daar gebeur. 2] Ek sê slegs die belangriker eiland-state; Want daar is talle eilande in hierdie oseaan wat geheel en al beheer word deur die vasteland of deur die groter eilande. 3] Trouens, uit al die duisende klein eilande in hierdie see, sal julle nie veel eilande kry wat nog nie aan geknaag of mee gepeuter is deur hierdie bekende hoof Europese Despotiese Nasie* nie. *Engeland 4] Hierdie toonaangewende wêreld-leidende en -snuffelende nasie het hierdie eilande min of meer uitgelos, nadat hulle dit deeglik deursoek het en hulleself oortuig het dat daar niks is waaraan hulle rotte-tande daar kan knaag nie. 5] Sien: Kyk, hier op die tablet. Ek sal die hele aarde van pool tot pool voor julle oë uitsprei en niks sal versteek bly nie. 6] Kyk hier! Die groot uitgestrektheid tussen Asië, Australië en Amerika; kyk na die baie klein eilande; kyk hoe hulle uitsteek soos die sterre in die uitspansel bo die enorme glinsterende oppervlak van die water! Maar sodat julle 'n idee kan kry ten opsigte van hierdie kommersiële gierigheid van hierdie wêreld-snuffelende nasie, sal Ek ook die name van elke eiland skriftelik gee, soos wat die vraatsugtige, gierige ontdekkingsreisigers hulle genoem het. 7] Lees nou! Kyk na al die nog onbewoonbare en vêrste skuilplekke van die aarde! Kyk net na die geskrewe, en julle sal julleself onmiddellik oortuig watter nasie toegang het tot alle klimaatstoestande. Hierdie mense gee nie om of hulle seile van hitte begin te brand op die ewenaar nie, of - aan die ander kant [van die wêreld] - hulle driekwart van 'n jaar gevries is tussen ysberge en hulle skepe dikwels baie meters onder sneeu begrawe lê nie. 8] Kortom, julle sal baie min name vind wat nie deur hierdie wêreld-woekeraars gegee is nie. Daarom sal ons nog steeds na die belangrike eilandstate gaan om die dade van hierdie nasie waar te neem. 9] Kyk. Hier is 'n groot, belangrike eiland bokant die noordoos¬telike deel van Australië. Dit gaan onder die naam van Nieu-Guinee. Hierdie eiland word ook as 'n deel van Australië beskou. Sy het min berge - en in haar skepping is sy jonger as Australië, want Australië is net ’n bietjie meer as drieduisend jaar oud, waar die eiland Guinee egter byna 700 jaar jonger is. 10] Maar hierdie land is egter vooraf deur 'n Asiatiese volk ontdek en die Engelse en die Hollanders het dit baie meer beskaafd gevind as wat die vasteland van Australië later bevind was. Dit was teen hierdie tyd baie natuurlik dat so 'n vonds dadelik in volle besit geneem was deur die kanongedonder van hierdie wêreld-dominerende nasie. 11] Natuurlik was hier geen gedeporteerdes afgegooi nie, maar die arme inwoners van die eiland was geensins beter daaraan toe as die slawe in Noord-Amerika nie. 12] Tot 'n mate word hierdie mense opgevoed; egter nie ter wille van hul eie beswil in die sogenaamde Christelike godsdiens nie, of in ander wetenskappe nie; in plaas daarvan was hulle net vir een rede opgevoed, naamlik: Dieselfde rede waarvoor julle jong wilde perde sal afrig, met ander woorde, om meer bedrewe en nuttig te wees om Engelse vragte te dra en om vir hulle te werk en te veg. Bykomend, wanneer die meesters losbandig lewe, word die dienaars ook deel van die beloning [van hul onder¬duimse oorheersing]. Wanneer die werk voltooi is, is die beloning dikwels veel erger as wat julle eie lasdiere sou ontvang. 13] Kyk, hierdie groot wêreldhandelaars sal beslis nie die brood in die sweet van hul eie aanskyn eet nie. In plaas daarvan verkies hulle om hulleself met trae hande op te rig by alle uithoeke van die aarde. Hulle rek hulle monde wyd oop en laat toe dat hulle gevoed word deur die onregverdige onderworpe nasies en hulle, soos wat julle so graag sou sê, jaag dus die gebraaide voëls reguit in die kakebeen in. 14] Kyk nou hier in die middel van die tablet. Daar is die eiland al heeltemal uitgeteken. Kyk. Die byna heeltemal nakende arbeiders moet die swaarste werk onder die gloeiende strale van die son uitvoer. 15] Kyk: Baie moet in die bome rondklim en 'n tipe wol* versamel, wat hier baie mooier en fyner is as 'n soortgelyke boom in die ooste van Indië. Kyk weereens: Daar oorkant is ander byna dag en nag besig met die verbouing van suikerriet. Kyk weer: Hier moet ander grawe vir goud en allerhande edelstene in die dieptes van die aarde. *Semul (Salmalla malabarica), of (rooi) Sy, Katoen-boom. 16] En kyk weer hier: Ander moet soos lasdiere hul ledige base in draagstoele* ronddra. En weer hier: Ander word gebruik in die konstruksie van forte en groot skure en word dikwels erg mishandel vir die geringste besoldiging. *Ook bekend as palanquins wat deur vier sterk mans gedra word 17] Daar is baie gevalle wat veel ellendiger is en as julle dit nog byvoeg, terwyl julle dan in die regte lig kyk na hierdie klein stukkie, [sal julle sien] dat hierdie wêreld-verslaafde nasie bedryf byna al die verowerde eilandlande op 'n politieke wyse, soos wat die Romeine dit eens gedoen het met betrekking tot die destydse heidense aanbidding. 18] Nadat hulle hulself oortuig het dat die heidense volk op ’n eiland gemoedelik (naïef) is, word baie min oor Christendom gepraat, - in plaas daarvan onderrig hulle hulself in hulle heidense vorm van geloof. Verder, as hulle nou insig bekom, deur middel van hierdie vorm van geloof, dat so 'n ellendige geloof meer nuttig sou wees vir hul groot wêreld-beursie as die Christendom, sê hulle, soos My liewe dienskneg Paulus: Ons wil almal [alles] met almal wees ten einde iets van alles [almal] te wen. Sekerlik nie soos Paulus, wat alles vir almal wou wees om almal [elkeen] vir My te wen nie, maar soos reeds vermeld, van almal alles. 19] Slegs as 'n heidense godsdiens baie selfsugtige beginsels het, sal hulle seker maak dat die Christelike godsdiens verkondig word met die swaarste kaliber Kanon. Wanneer hierdie heidense nasie die Christelike godsdiens aanvaar het, word dit dan algemeen verstaan dat die alles omvattende beloning die gevolg is van die [sogenaamde] verkondigers van verlossing. 20] En kyk dus weer na die tablet. Sien: Weereens 'n ander eiland. Sy word Nuwe-Brittanje genoem, en daar, ietwat verder op is 'n ander eiland: Sy word genoem Nuwe-Ierland*. Ek bedoel, julle hoef nie lank rond te vra om uit te vind wie die meesters van hierdie twee belangrike eilande is nie. *Deel van Papua-Nieu-Guinee 21] Kyk. Verder af is daar nog 'n belangrike eiland, omring deur verskeie kleiner eilande, genoem Nuwe Kaledonië.* Julle hoef nie te vra wie die meesters van hierdie belangrike lande is nie, en hoe dit daargestel is nie. Kyk net gedeeltelik na Noord-Amerika, Australië, en Nieu-Guinee. *Gebied Nuwe Kaledonië en afhanklike gebiede 22] Kyk nou na die suide; hier aan die oostelike kant van Australië is `n belangrike, maar baie yl en moeilik toeganklike eiland genoem, Van-Diemen Land*. Kyk, dit lyk effens karig, dus was die Nederlanders toegelaat dat hierdie eiland 'n Nederlandse naam dra, maar niks meer nie. *Vandag: Tasmania (deur Abel J.Tasman ontdek wat gestuur was deur Van Diemen om Terra Australis te verken en wie ook Nieu-Zeeland ontdek het. 23] Maar, desnieteenstaande die Nederlandse naam, het die Engelse die beste landingsplek vir hulself gekies. Slegs die westelike deel het oop gebly en belastingvry vir die Nederlanders. 24] Maar met betrekking tot die belangrikheid van die visvangs in die ooste: Daar het die Engelse baie goed geweet om hulle nette diep in die see te plaas. 25] Nou verlaat ons hierdie eiland en draai 'n bietjie suidwaarts. Daar sien julle twee baie belangrike eilande langs mekaar, wat slegs geskei word deur die sogenaamde Cook Seestraat.* *Skei Nieu-Seeland se Noordeiland van die Suideiland. 26] Dit is Nieu-Seeland en kyk 'n bietjie verder suidwaarts. Daar is 'n beduidende eiland met die naam Cornwallis. Julle sien, die Engelse het hierdie eilande met 'n vrye soewereiniteit gelaat ten einde belangrike graan belasting te produseer*. Met ander woorde, die meesters van hierdie eilande was in hul amptelike hoedanigheid gelaat om verskillende redes. *Graan tol. 27] Die hoofrede is die volgende: Die regering van hierdie uiters afgeleë lande het die Engelse niks gekos nie en op grond van hul baie gemoedelike houding - soos reeds vroeër genoem - was hulle baie goed aanvaar en om die rede het die Christendom hier baie swak vordering gemaak. 28] Die groot bedryfskoste verbonde aan sulke reise is die tweede rede waarom hierdie wêreld-verslaafde nasie nog nie meer kragtige, donderende ekspedisies onderneem teen hierdie lande nie. 29] Die derde rede is dat hierdie land nie maklik toeganklik is vir groot skepe nie, as gevolg van die gereelde storms, die baie kranse en sandbanke. 30] En so is daar baie verskillende selfsugtige redes waarom hierdie afgeleë, maar baie vrugbare Seelanders, nie in die des¬potiese kloue van hierdie wêreldbekende nasie geval het nie. 31] Maar kyk nou: Daar is alreeds 'n paar Engelse skepe op pad na hierdie lande. Hierdie skepe is 'n kruising tussen vragskepe en oorlogskepe - soos wat julle kan sien. Hulle kom omdat die koring en ander bruikbare vrugte nou alreeds daar geoes is. Julle weet reeds dat julle lente herfs is daar. 32] Kyk: Dit gebeur so dat hierdie skepe net betyds daar aankom. Tel hulle en kyk hoeveel daar is. Kyk, 'n karavaan van groot en kleineres, 170 in getal, maar sodat julle al hul optrede kan waarneem, sal Ek hierdie verskeping in die gees versnel. 33] Kyk nou ’n bietjie: Ons is alreeds hier op die terrein. Kyk nou hoe hierdie arme mense - die meeste van hulle is nog egte Kainiete* - hulle na die kus haas, vol gelaai met mandjies, sakke en kratte wat doelbewus agtergelaat is deur die Engelse, ten einde 'n beweerde huldeblyk aan die veronderstelde gode te maak. Hierdie betreurenswaardige volk beskou hierdie wêreld-fanatici as ’n meer superieure tipe wese, wat uit die wolke neergedaal het met behulp van hul pragtige swemmende huise, sodat hulle - volgens hulle mening - die offers kan ontvang wat aan hulle verskuldig is aan die einde van hulle wêreld. *Afstammelinge van Kain, Genesis 4 en Huishouding van God, Boek 1 34] Hulle lei af dat hierdie wesens superieur is, omdat donder en weerlig skouspelagtig uit hul huise voortkom en hulle gooi kragtige donderweer-wiggies*, asof vanuit die wolke. *kanonkoeëls. 35] Aangesien die huldeblyk-nemers vertroud is met sulke swakhede van die bevolking, maak hulle hul aankoms bekend deur die kanon gedonder. Sodra hulle alles in hul skepe ingeprop het, na 'n verblyf van 'n paar weke, ontvang hierdie arme mense nog 'n manjifieke kanon- en vuurpylskouspel as betaling. Hierdie "beloning" vertoning sê dan aan die inwoners dat die gode 'n voldoende offer ontvang het. 36] Maar sodat hierdie onregverdige praktyk nie deur 'n ander nasie nageboots word nie, was die klein eilande rondom hierdie groot eilande toegerus met Engelse forte* op sekere [strategiese] punte en waar dit ookal moontlik was om op hierdie eilande aan wal te gaan, het die Engelse hul vuurkrag in alle rigtings opgestel. *Vestings 38] Maar waar die lande ontoeganklik was - soos reeds gesê –was daar geen rede vir wagte nie. Gevolglik was hierdie wêreld- en waterfanatici, ten spyte van die soewereiniteit van hierdie lande, beskou as die regeerders vanaf kus tot binneland. 39] Natuurlik het hulle geen wreedheid hier beoefen nie; met ander woorde, hulle het nie hul slawesweep en helfakkel oor hierdie arme mense geswaai nie, maar Ek sê: Presies hier is die plek waar hierdie volk* hulself bewys het as die leidende monsters van die aarde. *Die Engelse 40] Vir so lank as wat enige persoon sy medemens tiranniseer uit hebsug en gierigheid, moet hy beslis vergelyk word met 'n duiwel wat sekerlik 'n dienaar van Satan is. Dit is ten minste seker, maak nie saak hoe verskriklik erg die tirannie mag wees nie, dat die mishandelde party ten minste verneder sal word tot die laaste mees innerlike druppel murg; en hulle word - hoewel op 'n tirannieke wyse - die konsep van die Christendom geleer, om ten spyte van hiervan, onheil te verduur, wanneer sulke arm mense hul ellende dra met inagneming van My kruis. 41] Maar waar ’n bevolking as gevolg van skandelike gierigheid ten volle uitgesluit word van alle hoër [geestelike] Lig en aan die ander kant saai die verdrukkers - op hul leuenagtige maniere – uit aan die hele wêreld wat se geseënde vordering so 'n volk maak, - terwyl hulle al die tyd in die geheim in skandelike duisternis gelaat word; luister, dan is geen duiwel in staat om sulke toertjies uit te voer nie. In stede moet 'n groot meester se hand hierdie werk oorneem. - 42] Kyk: Dit is en behoort tot die grootste gruwels van die aarde! Voorwaar, 'n tiran wat 'n behoefte het aan die moord op 'n duisend onskuldige mense vir ’n hele jaar met die mees gruwelike martelgereedskap, waar sy marteling so veragtelik is dat geen mense-tong in staat is om dit uit te spreek nie, sou hulle eerder genade betoon, as sulke monsters van die agterent van die vors van die hel. 43] Julle hoef nie heeltemal te besef hoe vêr hierdie onuit¬spreeklike wreedheid gaan nie: As julle kon sien hoe die mense gehang word met hul voete aan 'n konstruksie paal op 'n ander eiland, sodat die kop afhang na die aarde, waarna hulle verslind word deur inheemse klein groen miere, en dikwels eers die gees gee op die sesde of sewende dag onder die mees onuitspreeklike pyn en dat hulle dan daar bly hang totdat die miere die laaste druppel murg verteer het. 44] Ja, Ek sê vir julle: Julle hare sal sneeuwit orent staan as julle 'n ander plek sal sien waar mense teen 'n groot maalklip gehou word om tot op die laaste vesel fyngemaal te word. Ja, julle sou sonder twyfel julle oë toemaak, wanneer julle op 'n ander eiland mense sou vind wat met vasgemaakte arms en voete van die takke aan hul geslagsdele hang en die vroulike geslag, waardeur hulle 'n tou deur die labia getrek het, word dan daarna aan die voete van die manlike geslag gehang. - 45] Ek kan julle vertel van ongelooflike groot getalle van soortgelyke wreedhede; julle sal niks anders sien as alle vorme van kruisigings nie, waardeur mense se aardse lewe geneem word. - 46] Maar kyk: Al hierdie wreedhede kan skaars gesien word as 'n doudruppel teenoor die wêreld-oseaan, wat in werklikheid die arme mensdom se geestelike mishandeling is. Want as iemand daarvan hou om een ledemaat na die ander te breek uit die liggaam, sal die liggaam sulke marteling slegs verduur tot op ’n sekere vlak. 47] Sodra dit te veel word vir die siel om te dra, sal sy haarself binnekort bevry vanuit haar dop en verenig met die gees. Hierna kan die tiran knyp, gesel, brand, en die liggaam fynmaal, in kort: Die tiran kan watter wreedheid ookal uitvoer met die slagoffer; dit is nie anders nie as wat een van julle dieselfde sal doen met sy eie baadjie nadat hy dit afgehaal het nie. Dit is omdat die liggaam slegs in staat is om pyn te voel solank as wat die siel stewig geheg is aan dieselfde liggaam. 48] Soos reeds vermeld, sodra sy opgestaan het [vanuit haar liggaam], nadat dit te ondraaglik geword het vir haar, sal alle pyn ophou. 49] Die blote mishandeling van die siel en die gees, ten einde hulle te verslaaf, of om die onsterflike gees te boei vir sulke winsbejag en gierige* doelwitte, is meer, ja, Ek sê eindeloos wreder as alle fisiese wreedhede wat gepleeg word op die hele aarde. Dink julle dit is hierna [in die hemel] maklik om sulke slawe-geeste om te keer na vryheid**? – *Uiterste gierigheid vir rykdom of materiële gewin. **Geeste ontwikkel aanhoudend in die hiernamaals. 50] O kyk: Die menslike gees is 'n vrye gees, maar as hy eers 'n rigting ingeslaan het, wie gaan dit verander, ten einde die gees nie te vernietig nie? - 51] En dink net hoe die Vader se hart moet voel wanneer Hy stilswyend moet toekyk, soos 'n besorgde eienaar, terwyl die hael Sy vrugte verwoes. 52] Daarom sê Ek: Wee julle tiranne, julle sal julle lot deel met julle broeders - die duiwels. Onophoudelike weë aan julle, julle regeerders wie die krag in julle hande het om 'n ware lig te bring aan al die volke van die aarde en tog doen julle dit nie. In stede, uit vuile gierigheid en wêreldse begeerte, werp julle die wêreld in nog groter labirinte van duisternis in, soos wat dit was voordat julle hulle in hul onskuld gevind het. 53] Ja, Ek sê weer: Onophoudelike weë aan julle! Wanneer betaaldag aanbreek vir julle; waarlik, julle sal kry wat My Godheid kan bedink en uitvind in die innerlike diepte van Sy vurige Toorn! Ek hoef nie meer te sê nie. 54] Die hoogste gruwel is vir 'n man om sy eie god te bring. Ek het niks verder vir julle te sê nie. 55] Om My Woord te gebruik vir die laagste, gierigste, en suinigste doeleindes, soos in alle vorige tonele [wat Ek aan julle bekendgemaak het in hierdie ure], is die uiterste verfoeiing. Ek het beslis nie nodig om enigiets anders te sê nie! 56] En hierdie bose verdorwenheid het betrekking op al die ander eilandstate, behalwe Japan - wat ons in die negende uur sal hanteer. Dus is die situasie byna dieselfde as met die voorheen genoemde eilande, behalwe vir een eiland in die middel van die wêreld-oseaan met die naam van Tahiti*. *Tahiti [Frans Polinesies]. 57] Die situasie op die eiland is feitlik dieselfde as op Nieu-Seeland, behalwe dat iemand hulle hier - op 'n sekere tydstip - bekendgestel het aan die eerste Europese wapen praktyk en nou en dan ook aan die Christendom. Want hierdie eiland - so klein wanneer dit vergelyk word met al die ander eilande - verskaf nou byna al die Engelse eiland-state met swael en die beste nitraat*. As gevolg hiervan het hulle baie belangrike kruitfabrieke daar gebou. Die rede hiervoor is dat die grond van die eiland byna suiwer swael is, aangesien dit een van die grootste vulkane het. Hierdie vulkaan se krater het 'n omtrek van 'n hele paar uur, en is altyd vol gloeiende lawa. *loog [saltpeter or salt peter] of salpeter wat in kruit gebruik word 58] En so is vandag se agste uur genoeg vir julle, want uit hoofde van die klein inleiding wat Ek beide fisies en geestelik aan julle gegee het, sal die volgende negende uur julle voorsien met [selfs] duideliker inligting. Amen. Wie nie liefhet nie, is 'n sondaar voor My. Die Jeug van Jesus.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205