Boek 11 - Die Drie-eenheid
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 9

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14.

DIE PROBLEEM VAN DIE DRIE-EENHEID
BD 7117 - 11 Mei 1958
Die goddelike Drie-eenheid is een van vele probleme wat te moeilik gemaak word om op te los deur `n totaal verkeerde voorstelling. Die eenvoudige, vir alle mense begryplike uitleg word daarom nie aangeneem nie, omdat die denke van die mense verward is deur begrippe wat vir die menslike verstand nie te verstane is nie, maar juis daarom as onaantasbaar gehandhaaf word en die nadenke daarvan die mense selfs verbied word. Maar die probleem sal maklik te begryp en verklaarbaar wees vir elke mens wat die "menswording van God" in Jesus begryp, wat die Wese van God nie probeer personifieer nie, wat die alles vervullende Gees as "God" sien en vir wie dit begryplik is dat die nie voor te stelbare Godheid Self gemanifesteer het in Jesus om vir die wesens wat deur Hom geskape is `n "sigbare" God te kan wees. Hulle sal dus ook nou geen verkeerde voorstelling meer hê van die begrippe: Vader - Seun - Gees nie, want vir hulle bestaan daar maar één Wese, wat in Homself Liefde, Wysheid en Krag verenig.
Die Liefde laat alles ontstaan en is derhalwe die Verwekker, die VADER. En uit Hom het ook die "Seun" voortgekom in Wie die VADER Homself gemanifesteer het. Maar die Seun is ook die "Wysheid", want slegs die Liefde is van die Vuur waaruit die Lig straal - die Liefde en Wysheid kan bygevolg nie van mekaar geskei word nie, netsoos VADER en Seun één is. En wederom is die Liefde ook Krag, wat Haarself egter steeds alleen in hoogste Wysheid uiter. Die Gees uit God is Sy voortdurende uitstraling van Liefde, wat al die nog onvolmaakte help om hulleself uiteindelik te voltooi. Daar kan dus steeds maar net één Wese as God die Vader, die Seun en die Gees verstaan word; één Wese, Wie se alomvattend begrip Liefde, Wysheid en Krag is.
Dat die Wese Self in die mens Jesus gemanifesteer het is nog geen rede om nou uit die Godheid `n tweevoudige Wese te maak wat apart aangeroep kan word nie en dan by die tweevoudige Wese nog een as Gees toe te voeg nie, wat wederom aangeroep word deur iemand wat nie self deur die probleem heen worstel nie, maar eenvoudig aanneem wat onverligte denkers predik. En dat dit die geval is, word bewys deurdat dit vir baie mense nie moontlik is om na Jesus Christus die VADER aan te roep nie, dat hulle meestal nie kan begryp dat God Self vir hulle slegs in Jesus Christus te bereik is nie, dat die drievoudige, verskillende aanroep steeds net tot één Oor deurdring, dat die ewige Godheid nie verdeel kan word nie, dat Sy Haarself in Jesus (Jesus Christus) aan die mense leer ken, wat nie in staat is om die ewige alles omvattende en vervullende Gees te begryp nie.
Die begrippe Vader Seun en Gees gee mense wat nog geen gewekte Gees het nie, aanleiding om u gedagte en gebede steeds nog in verskillende rigting te stuur. U roep God die VADER aan, u roep na Jesus en u roep ook die Gees aan dat Hy tot u mag kom. Maar u sal net dan korrek bid, wanneer hierdie Drie één begrip vir u geword het, wanneer u slegs één Wese sal aanroep, wat in Homself die Liefde as die VADER, die Wysheid - die Seun en die Krag - die Gees verenig en u dan ook eers die probleem van die drievoudigheid van God korrek opgelos het.
Want ofskoon die leer oor die "Godheid in drie persone” uitgebreid is met die toevoeging: hierdie drie is één, is hierdie leer tog `n groot misleiding vir die mense, wat tot verdere verkeerde menings uitwerk. Want juis in die aanroep van God in Jesus lê `n buitengewone Krag, wat egter verlore gaan vir u wat nog onder verkeerde voorstellings gebuk gaan en waarvan u nie in staat is om u daarvan los te maak nie. `n Ernstige nadenke daaroor sou vir u en u insig wel baie nuttig wees, maar dit laat u na, omdat u slawe geword het, terwyl die volledige vryheid egter deur God aan u geskenk word. Maar u sou hierdie geestelike vryheid van u moet gebruik, en God Self sal u waarlik ook help dat u denke helderder sal word, want Hy is Self die Lig en Hy wil ook almal van Lig voorsien wat na Lig verlang.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205