Boek 11 - Die Drie-eenheid
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 10

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14.

BEGRIP VIR GEESTELIKE PROBLEEM VAN MENSWORDING
BD 7511 - 30 Januarie 1960
Die probleem van die menswording van God in Jesus Christus kan aan elke mens duidelik gemaak word, wanneer hy die onderrig van My woord wat aan u gestuur is uit die hoogte, vir homself bedien. Maar of dit begryp sal word, is afhanklik van die wil van diegene wat onderrig word, van sy sielsrypheid, van watter graad sy liefde is wat hom die korrekte begrip sal gee. Want die kennis wat hy aanneem, is nie deurslaggewend of hy tot die probleem sal deurdring nie, maar wel die bereidheid van sy siel, wat `n sekere voorbereiding moet hê om homself positief te kan instel teenoor die goddelike Verlosser Jesus Christus, wat My in alle volheid bevat het toe Hy op aarde gewandel het. En hierdie voorbereiding van sy siel word tot stand gebring deur die liefde, wat gelyk is aan `n helder Lig wat die siel deurstraal en verlig.
Om die menswording van God duidelik te maak is die opwekking van die gees nodig, beide van hom wat onderrig asook van hom wat onderrig moet word, want `n mens by wie die gees nog nie gewek is nie, is ook nog heeltemal blind, en hy sou dit nooit verstaan nie, selfs wanneer dit volgens waarheid aan hom uitgelê sou word. Daarom is daar onder die mense ook so weinig begrip aan te tref vir die probleem, asook vir die verlossingswerk van Jesus Christus, omdat maar weinig mense in staat is om self `n korrekte voorstelling daarvan te maak, juis omdat die gees nog nie by die meeste gewek is nie.
En so beskou die meeste Sy menswording slegs vanuit die oogpunt dat Ek die mens Jesus vermoëns verleen het wat Sy ongewone werksaamhede moontlik gemaak het. Hulle sien dus Jesus slegs as mens met hoë etiese mikpunte en ongewone vermoëns, maar dat die ewige Godheid Haarself in hierdie mens ophou, is vir hulle onbegryplik en daarom ook nie geloofwaardig nie. Daarom sal hulle self ook meestal onder "Jesus Christus" en "God" twee begrippe voorstel, waaruit dan die verkeerde leer van een Godheid in drie persone ontstaan het, wat ook nie so maklik verkeerd bewys kan word nie, omdat opwekking van die gees `n voorvereiste is vir die korrekte begrip en dit weer slegs gewek kan word deur `n lewe in liefde - maar die liefde is verkoel onder die mense, netsoos wat dit duidelik sigbaar sal wees in die laaste tyd voor die einde. En tog is die korrekte begrip so nodig om uself as mens heeltemal aan Jesus (Jesus Christus) oor te gee, om My in Hom te herken en te erken en om daardeur die sekerheid te hê om die ewige lewe te bereik, want: "Wie in My glo, het die ewige lewe"
Daarom moet die mense eerstens hulle bes doen om in die liefde te lewe, dan kan My suiwer Woord, wat die mense in My Naam verteenwoordig, aan hulle gestuur word en dan sal elke probleem maklik opgelos en verstaanbaar wees. En die liefde op aarde is maar swak ontvlam, daarom word daar ook soveel dwaling verdedig, daarom is daar soveel onbegrip te vind, desnieteenstaande die aanstuur van die suiwer Waarheid van bo. Want as die vlammetjie van die liefde nie die menslike hart eers verlig nie, kan die waarheid geen vastrapplek kry nie, en is dit dan vir die mense net so onbegryplik as verkeerde leerstellings wat probeer om al hierdie probleme op `n verkeerde manier op te los. Die mens kan dan ook nie die waarheid van dwaling onderskei nie, wat egter vir hom maklik sou gewees het as hy `n gewekte Gees gehad het, wanneer hy deur `n lewe in liefde in staat sou wees om die stem van sy gees in homself te hoor, wat sy denke dan sou open en korrek lei.
Steeds is dit die liefde wat beslissend is en steeds sal `n mens wat in die liefde leef, ook volledige begrip vind vir alles wat daarmee saamhang, maar sonder liefde sal hy blind wees in die gees en die helderste onderrigting sal geen nut hê nie, omdat hy dit nie kan verstaan nie. Doen daarom eers u bes om `n lewe in liefde te lei, en begeer dan die waarheid, en dan sal sy helder en verstaanbaar aan u gestuur word, want u ontvang dan van binne kennis wat u die helderste Lig sal gee, wat u sal begryp en wat u gelukkig sal maak, en u sal ook in die regte verhouding te staan kom met Jesus Christus en deur Hom ook met My, Wat My in die mens Jesus beliggaam het en die erkenning van Hom ook `n erkenning van My Self is, wat u eendag na die geluksaligheid sal lei, terug na My in u Vaderhuis. Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205