Boek 11 - Die Drie-eenheid
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 11

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14.

GOD EN JESUS IS ÉÉN. DIE MENSWORDING VAN GOD
BD 8250 - 24 Augustus 1962
Dat die geestestoestand van die mense steeds duisterder word, kom ook daarvandaan, dat hulle nie in staat is om die "eenwording" van God met Jesus te begryp nie en dat hulle derhalwe ook vir die "menswording" van God nie die korrekte begrip het nie. Hulle het deur die leerstelling van die Godheid in drie persone tot `n verkeerde denke gekom. Maar steeds moet weer gesê word, dat die ewige Godheid nie voorgestel kan word as persoon nie, dat Hy dus nie anders voor te stel is as Krag wat die hele oneindigheid vul nie. Hierdie Krag is nie te begrens nie en kan dus ook nie as "vorm" bedink word nie - maar Sy kan `n vorm heeltemal deurstraal. En die gebeurtenis van `n algehele deurstraling met goddelike Krag het by die mens Jesus plaasgevind.
Hy was vol van liefde en Liefde is die Oersubstansie van die ewige Godheid, wat onophoudelik uitgestraal word in die oneindigheid, wat alles laat ontstaan en alles bewaar. En hierdie goddelike Liefdeskrag het dus die menslike vorm Jesus deurstraal en dus manifesteer Sy Haarself in Hom. God se Oerwese kies Self `n woning in die mens Jesus en dus word God "Mens" en omdat Jesus heeltemal vervuld was met die Oersubstansie van God, word Hy "God". Want ook die menslike uiterlike omhulsel kon Self na Sy kruisdood as heeltemal vergeestelikte met God verenig, sodat Jesus dus nou `n Godheid geword het wat die mens vir homself kan voorstel, sodat die mens God nie anders kan voorstel as in Jesus nie, maar dat daar nooit van "twee persone" sprake kan wees nie .Die mens Jesus het op aarde die doel bereik, naamlik die volledige vergoddeliking, wat alle geskape wesens moet bereik. Want God wil ewebeelde skep, wie se laaste voleinding egter deur die vrye wil van die wese self bereik moet word. Die mens Jesus het nie net hierdie vergoddeliking deur `n lewe in liefde bereik nie, maar deur die verlossingswerk ook die sondeskuld van die mensdom gedelg, want Hy het `n beroep gedoen op die Krag van God se Liefde, omdat Hy andersins nie in staat sou gewees het om die ontsettende leed en die kruisdood te verdra nie, en hierdie Liefdeskrag was die oerelement van God, dus was God Self in alle volheid in die mens Jesus en het die verlossingswerk volbring.
Wanneer u mense egter van een God in drie persone spreek, is dit `n misleidende begrip, want die ewige Godheid kan nie as persoon voorgestel word nie, want Sy is slegs Liefde, en hierdie Liefde manifesteer Haarself in Jesus, en nou was die ewige goddelike Gees werksaam in Jesus en Hy is vir alle wesens slegs in Jesus voor te stel. Omdat die wesens wat eens deur God geskape was, van Hom afgeval het, omdat hulle Hom nie kon sien nie, het Hy in Jesus vir hulle tot `n sigbare God geword.
Maar Jesus is geen tweede Wese wat naas God bedink moet word nie. Hy is God, want God is Liefdeskrag, wat `n geheel vergeestelikte vorm deurstraal, wat dus slegs nog goddelike Oersubstansie was en daarom ook alleen maar te sien is vir die wesens wat self netso vergeestelik is om die geestelike te kan sien. Wanneer van die VADER, die Seun en die Heilige Gees gepraat word, is dit wel geldig as aanduiding vir die Wese van God, wanneer die VADER as Liefde, die Seun as Wysheid en die Heilige Gees as Krag, as Wil of Mag van God erken word. Want die Wese van God is Liefde, Wysheid en Mag. Maar die doel wat God Self stel met die skepping van die wesens, die vergoddeliking van hierdie wesens in vrye wil, verklaar wanneer dit bereik word - ook die menswording van God in Jesus - die sigbare Godheid in Jesus, terwyl die Godheid in drie persone glad geen korrekte verklaring, dit wil sê `n uitleg volgens die waarheid, toelaat nie.
Die mense het vir hulleself begrippe gemaak wat die geestelike rypwording versper, omdat daar slegs één God aangeroep kan word, maar dat daar nie tot drie verskillende gode gebid mag word nie, inteendeel dat God Self gesien wil in word Jesus en dat Hy daarom alleen aanbid kan word in Jesus. En Hy eis van alle mense erkenning, omdat die erkenning van Hom eens geweier was en omdat tegelykertyd ook Sy verlossingswerk erken moet word. Want sonder Jesus Christus kan geen mens vergewing van sy oerskuld verkry nie en daarom moet die mens homself vir Hom uitspreek, hy moet glo dat God Self Homself oor die mensdom bekommer het en in Jesus die verlossingswerk volbring het.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205