Boek 11 - Die Drie-eenheid
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 13

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14.

DIE AANROEP VAN DIE "HEILIGE GEES"
BD 8674 - 15 November 1963
U, mense roep dikwels die "Heilige Gees" aan, dat hy na u toe moet kom, en u weet nie dat Hy in u is en slegs u vrye wil nodig het om Homself ook teenoor u te openbaar nie. Die Gees is een deel van My, hy is onlosmaaklik met die Vadergees verbonde, dus `n goddelike Vonk wat aan u siel toegevoeg word wanneer u self as mens op hierdie aarde beliggaam was, oftewel; Eens het u as `n uitstraling van My Liefde van My uitgegaan en dus van dieselfde Oersubstansie as Ek Self. Weliswaar het hierdie substansie homself verhard na u afval van weleer van My en so het u dooie wesens geword, wat eens vol van lewe was. Want die Krag van My Liefde het u deurstraal en hierdie Krag kan nie anders as om onophoudelik werksaam te wees nie. Omdat u nou die Krag van My Liefde afgeweer het, was u ook nie meer in staat tot enige werksaamheid nie. En in hierdie kragtelose toestand bevind u uself nog wanneer u die aarde as mens betree.
Sodat u nou die taak wat u vir die lewe op aarde daargestel is, kan vervul, straal Ek in die hart van elke mens `n Vonk van My ewige Liefdeskrag na binne, wat dus weer `n deeltjie van My is. U word besiel met Krag wat eens as Wese uitgestraal is en dit beteken dat u lewenskrag besit, dat u aards werksaam sal kan wees en bygevolg ook u taak as mens sal kan vervul. Maar die eintlike taak is en bly u vergeesteliking, die hernieude vorming van u wese weer na sy oertoestand. En hierdie taak sal u slegs kan vervul wanneer u heeltemal tot liefde verander. En om dit te kan doen, moet daar eers weer `n vonkie Liefde in u binnegestraal word, omdat u deur u vroeëre afval van My, heeltemal sonder enige liefde was. Hierdie Liefdesvonk is dus die uitstraling van My Self, Sy is die uitstraling van My Gees in u siel, wat egter net deur u wil, mense tot lewe wek.
U almal besit die Geestesvonk, wat `n deeltjie van Myself is. Hy hoef dus nie eers na u toe te kom nie, hy is in u, maar kan homself net openbaar, wanneer u hom deur `n lewe in liefde die moontlikheid daartoe gee, omdat hy homself nie opdring nie en u teen u wil op een of ander manier beïnvloed nie. U kan dus te alle tye die Gees in u tot lewe wek, maar word nie daartoe gedwing nie. Deur u gebed dat die Heilige Gees na u toe mag kom, bewys u u onwetendheid oor die korrekte samehang en u bewys verder dat u vir uself `n verkeerde beeld gevorm het, omdat u Hom as gevolg daarvan as persoon voorstel en Hom as Wese aanroep. Hy is egter My "Uitstraling", want Ek Self is die Heilige Gees van ewigheid en Ek is ook by elkeen wat My aanroep.
Maar nooit is die Gees wat u roep, geskei te dink van My nie en Hy sal en kan ook nie gevolg gee aan u roep nie, solank u uself nog nie tot liefde gevorm het nie, want ofskoon die Krag van My Liefde wat van My uitgaan geen beperking ken nie, kan Sy tog nooit `n geslote hart binnestraal nie, en geslote bly `n hart solank as wat sy nie gewillig is om liefde te gee nie - want die toestand van liefde is juis die daaraan toegevoegde Geestesvonkie of Liefdesvonkie uit My. Maar die bereidwilligheid om liefde te gee beweeg die gees om homself in u te openbaar, ook wanneer u hom nie ekstra roep nie. Hy is in u, maar hy sal homself solank stil hou, solank as wat u die liefde buite beskouing laat, omdat Hy self Liefde is en daarom homself maar net teenoor die liefde kan uiter. En Hy is onskeibaar met die Vadergees van ewigheid verbonde, en daarom kan 'My Gees' oftewel die goddelike Liefdesvuur, in alle volheid in u mense binnestroom en so die Geestesvonk daartoe bring om u onophoudelik innerlik te onderrig, want die goddelike Liefdeslig moet nou ook u harte verlig en dit beteken die helderste insig, dit beteken dit verkryging van kennis wat volgens die waarheid is, omdat My Gees van alles op die hoogte is en daarom slegs suiwer waarheid aan u kan oorbring.
U sal dus altyd net kan vra dat Ek Self by u aanwesig moet wees, wat egter ook vereis dat u uself tot liefde vorm, omdat die ewige Liefde andersins nie by u aanwesig kan wees nie. U sal dus slegs kan bid vir Krag om My gebooie te onderhou en dan sal u ook self bewus word van My aanwesigheid, want met elke werk van liefde trek u My na u toe, omdat Ek Self die Liefde is. En dan sal Ek ook deur My Gees werksaam wees in u, netsoos wat Ek dit beloof het.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205