Boek 11 - Die Drie-eenheid
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 7

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14.

GOD SE GEES IN DIE MENS WAT JESUS NAVOLG
BD 5577 - 14 Januarie 1953
U mense sou vol van die goddelike Gees kon gewees het as u geleef het volgens Jesus se leer. Hy was as mens nie anders as u nie, Sy lewe was alleen maar `n stryd en worsteling teen die begeerte, wat Hy net soos u ervaar het, maar wou onderdruk uit liefde tot My. Sy lewe was `n lewe van liefde tot die naaste van wie Hy geweet het dat hulle in nood verkeer en wie Hy wou help, wat Hy volbring het. U, mense, sou dit ook kon volbring as u ernstig sou wees om My Self in alle volheid in u op te neem.
Sy Siel het wel uit die ryk van die Lig gekom, maar Hy het Homself nie as sodanig herken, voordat My Liefdesgees deur die mens Jesus gestroom het nie. Soms het My Gees wel deur Hom gespreek, dan het die mens Jesus op bonatuurlike wyse gespreek en het die mense verstom laat staan. Maar sodra My Gees Homself weer verberg het, het Jesus Self net so mens gevoel soos u en Sy soms hoogs helder geestestoestand het Hom verward en bang gemaak, Hy was in Homself gekeer, maar het altyd na My in innige liefde gedraai, om aan Hom Sy taak op aarde te verduidelik. Die mens Jesus moes worstel met al die kragte wat teen Hom was. Hy moes alles meemaak en deurstaan wat `n mens maar kan deurgaan, want Hy het vir u mense die weg vooruitgegaan wat u ook sal moet doen en kan gaan met Sy hulp. Vir Hom het Ek met die Krag van My Liefde gehelp, waarna Hy voortdurend gevra het en vir Homself verwerf het deurdat Hy `n liefdevolle lewe geleef het. En hierdie ongewone toevoer van liefdeskrag het Hom in staat gestel om die verlossingswerk te volbring.
Ook u, mense sal die ongewone kan volbring as u self deur werke van liefde vir u die Krag van My Liefde u eie sou wou maak, maar die wil, wat in die mens Jesus buitengewoon sterk ontwikkeld was, ontbreek by u, egter net as gevolg van die liefde wat Hy in Homself tot volle wasdom gebring het. Sy Siel het, as siel van die Lig, die groot geestelike nood van die omgewing gevoel, daarom was Sy wil om te help so sterk en het die mens Jesus gedryf aan om in liefde werksaam te wees. Ook u, mense, sien die nood om u, geestelike en aardse nood, en as u sou wou help, sal u ook die Krag gegee word, want met die wil word rekening gehou. En ook u sou vol van die goddelike Gees kan wees, omdat elke liefdesdaad vir u die Krag van My Liefde sou gee en u dus in My Gees werksaam sal word.
Die navolging van Jesus sou waarlik nie van u, mense, verlang word as dit nie vervul sou kon word nie. Want steeds weer moet die klem daarop gelê word dat Jesus, as mens, Sy weg op aarde gegaan het en dat alle goddelike eienskappe Sy beloning was wat Hy as mens verwerf het, dat dit nie die Godheid was wat Hom oortuig het watter lewensweg Hy moes gaan nie, maar dat die Mens Homself aan die Godheid moes onderwerp - begryp dit goed: Dat die liefde van die mens Jesus My daartoe geneig het om onbeperkte Liefde weg te gee, omdat Ek magteloos teen die liefde is, omdat Ek SELF die LIEFDE van ewigheid af is.
Die mens Jesus, het My beheer met My Self, Hy het gedoen wat Ek Self moes doen, wat My Oerwese verlang het – om die Krag van die Liefde werksaam te maak. En elke mens wat in die liefde werksaam is, dwing My om My Self weg te gee. Maar hierdie dwang is die mees gelukkig makende gevoel vir My, wat Ek steeds sou wou skenk, maar slegs volgens My wet van ewigheid kan skenk, waar liefde vir My is. Die liefde moet die wese met My verbind, dan sal dit vervul word met My Gees, met die Krag van My Liefde en dan kan die werke in en met My plaasvind, dan het die mens die weg van die navolging van Jesus gegaan wat lei tot die vereniging met My.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205