Boek 11 - Die Drie-eenheid
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 8

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14.

DIE CHRISTUSPROBLEEM - DRIE-EENHEID
BD 7001 - 24 Desember 1957
Alle engele het hulleself diep neergebuig voor die Heer, wat neergedaal het na die aarde. Want daarmee het hulle geweet dat `n verlossingsdaad begin is vir die gevalle geestelike, omdat die oneindige Liefde van God Sy skepsels, wat in die diepte vertoef het, self te hulp gekom het. Die geestelike wat by God in die ligwêreld gebly het, was vol liefde vir die gevallenes en net so het hulle aan God hul diepste liefde bewys en hierdie liefde het steeds vuriger geword hoe meer hulle verstaan het watter werk van barmhartigheid vir die gevallenes volbring sou word. Want hulle het geweet van die diep kloof wat oorbrug moes word, sodat die gevallenes weer opgehef kon kom.
En een Siel, een oergeskape engelgees, het Haarself aangebied om hierdie brug te bou. Sy bied Haarself vir God aan om as die ewige Liefde genoegdoening te verskaf vir Haar gevalle broers, vir hulle eens begane misdryf teen Hom. Die liefde van hierdie Siel voor God en voor die broers (en susters) wat in die diepte vertoef het, was so groot dat Sy gepoog het om hulle weer saam te verenig, en die Liefde wat Haar besiel het, was God self. En toe hierdie Siel van die Lig Haarself op aarde beliggaam het in die kindjie Jesus, het die ewige Liefde dus Self afgedaal na die aarde toe en het God dus "mens" geword. En wederom moes die menslike omhulsel haarself deur haar weg op die aarde vergeestelik, sy moes, te midde van `n duistere omgewing, haar lig laat skyn wat in Hom straal, en moes haarself deur `n lewe in liefde volledig met strale laat deurdring deur die ewige Liefde. En dus vind die vergoddeliking daardeur plaas sodat alles by die mens Jesus tot liefde word - en dus word JESUS "God".
Die menswording van God in Jesus kan nie anders duidelik gemaak word as dat Sy Self as die ewige Godheid, die Liefde, - in die mens Jesus gemanifesteer het, omdat Sy, as na die aarde neergedaalde Ligsiel, Haar menslike omhulsel deur die liefde so gevorm het dat God hierin woning kon neem, wat by `n liefdelose sondige mens nie moontlik sou gewees het nie. En so is die eenwording van Jesus en God eweneens net so te verstaan as die volledige vergoddeliking van die mens Jesus deur die liefde.
God het Sy Seun na die aarde gestuur. Hierdie woorde moet vir u `n bewys wees dat die Siel van die mens Jesus van "bo" was, dat Sy Haarself, as `n hoogste Liggees, aangebied het vir `n missie op aarde, maar dat die God Self, die ewige Liefde, in Hom ten uitvoer gebring is, dat die Liefde die verlossingswerk volbring het, die Liefde die sondeskuld verdelg het, die Liefde vir die gevallene redding gebring het uit sonde en dood. Maar vir u, mense is die begrip "liefde" nog onbegryplik, omdat u uself nog nie tot liefde gevorm het nie. En so lank ook sal die menswording van God nie vir u te verstane wees nie, en woorde is nie in staat om u opheldering daaroor te verskaf nie, solank die liefde in uself nog nie ontsteek is om u gees te kan verlig nie.
Maar u sal u nie in "God" en "Jesus (Jesus Christus) " twee wesens mag voorstel nie, u mag nie van die VADER en die Seun in kombinasie met die HEILIGE Gees in die sin spreek nie, soos wat u self tot nou toe die drie-eenheid van God voorgestel het nie. God en Jesus (Jesus Christus) is een en die Krag van die Gees straal van hierdie eenheid uit, omdat Sy weer, onafskeidbaar, tot haar Wese behoort, omdat God Liefde, Wysheid en Krag is, iets Geestelik, wat niemand in staat is om te sien nie. Maar in die mens Jesus het die ewige Godheid Haarself gemanifesteer en word vir Sy vir SY geskape wesens `n sigbare God. En alle engele in die hemel roem en prys Hom, wat na die aarde neergedaal het uit liefde vir al Sy skepsels wat verlang het om Hom te sien. En Hy open vir almal die poorte na die ewige geluksaligheid.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205