Boek 11 - Die Drie-eenheid
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 6

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14.

DWAALLEER OOR DIE DRIE-EENHEID
BD 5389 - 11 Mei 1952
Die goddelike Drie-eenheid het vir die mense tot `n volledige vals begrip geword en dit deur die verkeerde voorstelling van `n Godheid in drie persone.
So 'n uitleg is vir elke denkende mens onaanneembaar, dus word dit sonder om na te dink aangeneem of afgewys, terwyl `n korrekte uitleg deur elke mens aangeneem kan word, omdat hy die Wese van die ewige Godheid aanskoulik maak en aansienlik daardeur kan bydra om die geloof in God weer tot lewe te bring. Die Godsbegrip het vir die mense al so onduidelik geword dat hulle byna nie meer in staat is om te glo nie, en as hulle die Godheid ook nog as drie persone moet verstaan, raak die begrip steeds meer verward en word die geloof wankelrig, en met reg, want om aan `n driepersoonlike God te kan glo, moet die verstand volledig uitgeskakel word. Maar God het die mens die verstand gegee om dit te beoordeel wat hy moet glo. Die verstand kan egter met goddelike ondersteuning, dit wil sê deur die Gees van God, `n Godheid baie goed herken, wanneer die leer daaroor, volgens die waarheid aan hom voorgehou word. Dan sal die denke van die skerpste verstand homself ook nie verweer om nie daarmee in te stem nie.
Maar hierdie waarheid het een Wese van God op so `n manier openbaar, dat die Liefde, Wysheid en Krag in Haarself verenig het, dat die een nie sonder die ander voorgestel kan word nie - dat die Liefde die oerbegrip is uit Wie die Wysheid voortgekom het en beide saam `n uitwerking het deur die Krag van die Wil. Die Liefde is die skeppende entiteit waaruit alles voortkom, Sy is die Krag waardeur alles ontstaan het, maar wat nie sonder `n bepaalde plan of willekeurig skep nie, inteendeel werksaam is met die Wysheid van God. Wat God se Wysheid as goed en korrek insien, voer Sy Wil uit wanneer die Liefde Hom daartoe motiveer. Dit is die begrip van `n hoogs volkome Wese. Want Liefde, Wysheid en Almag is die bewys van `n volmaakte Wese, wat nie meer oortref kan word nie. Liefde, Wysheid en Almag is bewyse van goddelikheid, dit gee die mense `n begrip van die wesenlike bestaan van die ewige Godheid, maar nooit is dit drie verskillende goddelike persone wat in een Wese verenig is nie.
Die verkeerde leer van die drie-enige God het baie daartoe bygedra dat die mense ongelowig geword het, omdat so 'n voorstelling instinktief afwysing tevoorskyn moet roep en daardeur word die barmhartigheid van die gebed nie gebruik nie, dit wat ernstig (na waarheid) soekende mense opheldering sou kon gee, want die doel van die aanroep was vir hulle twyfelagtig, Dit was vir die mense `n vreemde idee om tot drie persone te moet roep wat vir hulle as één God geloofwaardig moes wees. Daar is groot verwarring aangerig. Dit was `n duidelike invloed van die Satan, wat steeds die waarheid probeer verdoesel, die Wese van God te versluier en God Self vir hulle tot `n vreemde te maak. Dat hierdie dwaalleer ook aangeneem was, getuig van die verduisterde geestelike toestand van diegene wat heeltemal sonder Lig is, dat hulle ook geen vermoë besit om te oordeel nie en daarom goeie werktuie in die hande van die Satan is, om hierdie leer uit te brei en daardeur die geloof op `n manier in gevaar te bring, soos wat dit selde deur `n dwaalleer gedoen is. Want om te kan glo in één God as hoogs volmaakte Wese, moet die Wese Homself ook aan die mense so bekend maak, dat hulle Sy volmaaktheid kan insien, ook moet die verstand van `n mens wat na die waarheid soek, kan klaarkom met begrippe, anders sou daar geen rekenskap van hom geëis kan word nie.
God is nie tevrede met `n blinde geloof nie. Hy vra nadenke om `n standpunt in te neem teenoor elke leer, omdat die geloof net dan lewend kan word wanneer dit tot `n innerlike oortuiging geword het. Maar waar hierdie moontlikheid van die begin af uitgesluit word, waar `n verkeerde leer aan die mense voorgehou word om dit onvoorwaardelik aan te neem, kan daar dan slegs `n blinde geloof verlang en bereik word, wat vir God geen waarde het nie, wat eerder skadelik is vir die siel, in die besonder dan, as die beeld van God wanvoorgestel word en die liefde vir Hom nie daardeur ontsteek word nie, wat absoluut noodsaaklik is om salig te word.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205