|
Boek 11 - Die Drie-eenheid BERTHA DUDDE
Hoofstuk 4
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14. |
|
|
"MY VADER EN EK IS ÉÉN" BD 3465 - 30 en 31 Maart 1945 My VADER en Ek is één. Hierdie woorde moes Ek tot die mense spreek wat nie kon begryp dat die Liefde, die ewige Krag wat skep, waaruit alles voortgekom het, in My was en My dus in staat gestel het om dieselfde te doen wat die VADER, die Voortbringer van alles wat is, kon volbring. Ek wou die mense die Krag van die Liefde wat in My werksaam was, bewys, en Ek wou dit vir hulle duidelik maak dat hierdie Krag die Oerkrag is, wat alles laat ontstaan het en dat hierdie Krag werksaam is in `n mens wat die Liefde in homself het. Want die VADER as die ewige Liefde verbind Haarself met elkeen wat haarself tot liefde omvorm het en is dus één met Hom. Die Oerkrag verenig Haarself weer met dit wat as Kragstroom van Haar uitgegaan het en bygevolg is die mens wat tot die liefde gekom het, nie meer van Haar geskei nie. En dus sal ook die Krag in haar hele werksaamheid tot uitdrukking kom waar die vereniging met die VADER plaasgevind het en die mens wat deur die ewige Liefde vervul is sal magtig wees, hy sal sy Mag en Krag kan gebruik en dinge volbring wat buite die menslike vermoë lê - hy sal in staat wees om wonderwerke te verrig, netsoos ook Ek oor die Krag beskik het en Haar aangewend het om die mens die Krag van die Liefde te bewys. Ek wou vir die mense die Mag van die liefde aanskoulik gemaak het om hulle aan te spoor om in die liefde werksaam te wees, om hulle te beweeg om My na te volg en eweneens die vereniging met die VADER na te streef. Maar die mensdom het dit nie begryp nie, want haar gees was verduister deur die liefdeloosheid en die duisternis van gees kon nie anders opgehef word as deur werke van liefde nie, want geestelike helderheid vereis dat die Krag van God se Liefde met strale moet deurdring, maar dat dit slegs daar geuiter kan word waar liefde beoefen en beleef word. Geestelike helderheid is egter Lig, geestelike helderheid is Wysheid wat gebore is uit die liefde. Bygevolg is Lig en Krag één, wysheid en liefde kan nie voorgestel word sonder mekaar nie, net soos wat die VADER nie sonder die Seun bedink kan word nie. Die liefde as Krag verwek en Wysheid as die uitstraling daarvan, as Lig wat geen donkerte meer laat opkom nie. En Goddelike Wysheid moes My Wese vervul het toe Ek as mens op aarde gewandel het, omdat die Krag van die Liefde in algehele volheid My liggaamlike omhulsel binnegestoom het en dit geskik gemaak het om wonderwerke te verrig. Maar die mense sal dit nie begryp nie, voordat hulle nie self tot liefde geword het nie en die Krag van die liefde in hulleself kan voel nie. Die innigste verbinding kan hulle met God hulle VADER van ewigheid binnegaan, hulle kan één wees met hulle hemelse VADER, die ewige Liefde, netsoos Ek één was met Hom, as hulle maar in liefde lewe en hulleself daardeur gelyk maak aan die ewige Liefde, die Oerkrag van Wie hulle eens self uitgegaan het. Om deur die ewige Liefde deurstraal te wees is geluksaligheid wat met niks te vergelyk is nie, om wetend en magtig te wees en die wete dat die Mag regstreeks van God ontvang word en geen skeiding te voel van die VADER nie, Wie se Liefde alles na Sy eie gebied trek wie homself nie teen Hom verset nie. Hierdie geluksaligheid is so oorweldigend dat die sterflike mens nie die vermoë het om haar te kan verdra nie. Tog kan hy Haar nastreef in die wete dat die VADER hom na Haarself toe sal bring in die geestelike ryk, as hy die vereniging met Hom binnegegaan het op aarde. Maar My lewenswandel op aarde moes vir die mense die Krag van die liefde aanskoulik maak, hulle moes die betekenis daarvan leer begryp om My lewenswandel self as voorbeeld te neem en net soos Ek, die VADER, die ewige Liefde, as doel van hulle lewe op aarde kies. Die vereniging met God het al op aarde plaasgevind, in haar sigbare uitwerking vir die mense, wat sonder enige liefde was en daarom sonder Lig, dit wil sê onwetend. Ek wou hulle te hulp kom en hulle die weg wys: hoe om uit die donker van die nag in die helder Lig van die dag te stap. Ek het hulle onderrig en aan hulle die gebod van die liefde gegee. Want God was in My en dus ook Sy Wysheid. Ek was één met My VADER, vir die mensdom onbegryplik, Ek was met Hom versmelt vir ewig, want alles keer na die ewige Liefde terug wat self in liefde verander het. Amen
|
|
|
|
|