Boek 9 - Die wederkoms van Christus
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 1

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22.

VOORWOORD
Die wederkoms van Christus word deur die mense, wat nie vas in die geloof staan nie, betwyfel, want oor geen gebeurtenis word soveel veronderstellings gemaak as oor die wederkoms van die Heer nie.
Tog kon die mense die waarheid van Sy woorde: "Ek sal by u bly tot aan die einde van die wêreld" begryp het, as hulle maar oplettend was en `n verlange na die waarheid sou gehad het.
Eens het Hy as Verlosser van die mensdom na die aarde toe gekom, waar hulle sonder Sy hulp in geestelike duisternis versonke sou gewees het. Nou is die gevaar egter veel groter, omdat die mensdom geen lang tyd vir verandering meer gegee is nie.
Weer sal Hy kom as Redder in geestelike nood. Maar die wat Hom nog steeds nie sal herken nie, vir hulle het Hy vergeefs aan die kruis gesterf. Hulle het nie Sy verlossingswerk aangeneem nie en bly daarom ook gebind in die boeie van die teenstander.
Laat u uself dus nie mislei deur verkeerde leerstellings en valse profete nie, want die dag sal aanbreek waarop Hy sal kom in die wolke - en met hierdie dag ook die laaste gerig.
M.G.

 
 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205