Boek 9 - Die wederkoms van Christus
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 9

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22.

DIE KOMS VAN DIE HEER TYDENS DIE GROOTSTE NOOD
B.D.4319 - 31 Mei 19
Ek sal u na My toe bring uit die swaarste verdrukking, soos wat Ek u beloof het. Die nood sal groot wees, en wie u lot nagaan, sal erken dat alleen die krag van die geloof u staande sal hou. Want anders was u te swak om stand te kon hou teen die bedreigings en geweldsmaatreëls van u vyande, aan wie u weerloos oorgelewer is. Dog net onbeskerm van die kant van die mense, want Ek staan as Beskermer langs u en hierdie sekerheid moet u vir alle aanvalle ongevoelig maak.
Slegs `n kort tydjie duur hierdie groot nood, dan kom Ek self om diegene wat Myne is, na My ryk toe te bring om hulle voor te berei op die lewe in die paradys op die nuwe aarde. Wanneer u geloof sterk is, as u aan elke woord van My betekenis heg, sal die laaste nood u verbygaan en in die hoop op My spoedige koms, sal u alles gelykmatig verdra en My verwag - want Ek kom seker en gewis. Ek laat Myne nie in nood nie en Ek sal kom wanneer daar van menslike kant af geen uitweg meer te verwag is nie. Ek sal skielik verskyn en slegs aan diegene wat Myne is, sigbaar wees, en almal na My toe roep wat aan My getrou is.
Dan sal daar `n gejubel en `n gejuig wees onder die wat Myne is, wat vol saligheid op My sal toesnel, en hulle hande na My toe sal ophef. Wie glo sal salig word, want hy sal volhard, al is die wêreld vol van duiwels. Hy weet dat die uur van redding kom en dat Ek hom nie sal verlaat nie, dat al die duiwels magteloos is teenoor My. Hy verwag My en as gevolg van sy diep geloof, beloon Ek hom met die hoogste prys; met `n nuwe lewe in die paradys op die nuwe aarde.
U vra waarom Ek hom nie na My toe neem in die geestelike ryk nie? - Wie hierdie laaste geloofsbeproewing deurstaan het en My aanneem, is bekwaam om die stam te vorm van `n nuwe mensegeslag, en uit hom sal `n nuwe generasie voortkom. Die aarde sal na haar hervorming weer deur mense bewoon word wat geestelik gevorderd is en `n lewe lei vir My en met My, en hierdie mense wil Ek self oplei. En Ek ken die rypheidsgraad van alle mense, in die besonder van hulle wat aan die einde vir My stry teen Satan, en sulke mense het Ek nodig as stamouers vir die nuwe aarde.
Ek sal hulle liggaamlik en geestelik seën en die nuwe aarde sal `n paradysagtige verblyfplek vir hulle word. Kinders en kleinkinders sal in innige verbinding met My staan en die nuwe mensegeslag sal liefdevol wees. En weer begin dan `n nuwe ontwikkelingsperiode met die geestelike wat as mens beliggaam is, wat voor die voleinding staan en met verlange na My streef en daardeur vinnig die sielsrypheid bereik op aarde. Want gedurende die laaste tydperk op die ou aarde, word dit, kort voor die geestelike wat as mens beliggaam is, baie vinnig ryp, omdat die stryd tussen Lig en duisternis deur die geestelike opgemerk word, en die vernietiging van die ou aarde die geestelike bowendien vir `n kort tyd vrylaat. Maar dit beteken vir die geestelike `n toestand van ellende, omdat hulle nog nie die rypheid tot vryheid besit nie, sodat hulle die nuwe omvorming weldadig moet ondergaan en met ywer Hoër moet streef, al is hulle in `n voorstadium en onbewus van die welslae.
Daarom sal die mense dan ook in wonderbare harmonie lewe, met alle skeppings om hulle heen; die minerale-, plante en dierewêreld sal hulle heeltemal volgens die benodigdhede van die mense aanpas en daar sal die diepste vrede wees in die natuur, net soos in die harte van die mense. Dit word `n salige samesyn met My en sal die mense tot gelukkige skepsele maak. My liefde sal vir hulle alle weë gelykmaak en hulle harte sal vinniger vir My klop in vurigste liefde - en alle nood sal dan vergete wees
Hierdie tyd is nie meer ver nie. Spoedig sal Ek self kom, en My bruid: die kring van Myne ophaal. Spoedig sal die groot nood verby wees, omdat My belofte vervul moet word: "Ek sal kom in die wolke, om diegene wat Myne is te haal, en te oordeel die lewende en die dode".
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205