Boek 9 - Die wederkoms van Christus
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 10

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22.

GELOOFSTRYD - DIE KRAG VAN DIE NAAM JESUS. DIE KOMS VAN DIE HEER
B.D.4643 - 18 Mei 1949
Terwille van My Naam sal u moet ly. Almal wat My bely voor die wêreld sal aan erge bedreigings en kwellings blootgestel wees, want die strewe van die mense sal wees om My Naam uit te blus, om aan die kennis van My aardse lewensweg `n einde te maak, sodat die mense die geloof in My verlossingswerk sal verloor.
Maar My teenstanders sal sterk weerstand aantref by die mense wat My en My Naam verdedig en My luid bely voor die wêreld. En so sal dan `n skerp skeiding plaasvind tussen diegene wat nog glo en hulle wat My verloën. My klein skare sal op die voorgrond moet tree as hulle vir My wil opkom; en dan begin die lyding van hulle wat aan My trou bly tot aan die einde. Want wat mense aan Myne aan boosheid sal kan aandoen, sal uitgevoer word, en nooit sou diegene wat Myne is, stand kon hou as hulle nie deur My versterk sou word as beloning vir hulle goeie wil nie.
U sal uself moet bewys, want dit is `n harde stryd wat oor die geloof gevoer sal word. Maar wanneer hierdie stryd sal begin, sal u weet dat dit die laaste beslissing is voor die einde, dat u sal moet volhard, indien u salig wil word. En u sal ook weet dat Ek in hierdie tyd steeds in u nabyheid sal wees en u met buitengewone krag beklee, dat Ek ten laaste Self sal kom om u te red uit die grootste nood. U weet dus dat dit slegs `n kort tyd sal duur, want Ek het u beloof dat Ek die dae sal verkort, sodat u salig kan word.
Hierdie kennis en die vaste onwankelbare geloof daarin sal u die sterkte gee om weerstand te bied. Al die sware sal u met gelykmoedigheid en dapperheid kan verdra, sodat u selfs vir u vyande ontsag sal inboesem; en Ek sal u beloon, omdat u terwille van My Naam moet ly en tog aan My getrou bly.
En wanneer u My Naam godvrugtig uitspreek, sal dit `n onvoorstelbaar kraggewende uitwerking hê, en daaraan sal u herken dat u waarlik in die waarheid is. Met volle oortuiging sal u My dan nog luider voor die wêreld bely en u sal alles berustend opneem wat die mense u ook aandoen, wat in diens staan van hom, wat as My teenstander u van My wil verdring. U sal wel moet ly, maar sal tog oorwin, en u loon sal nie uitbly nie.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205