Boek 9 - Die wederkoms van Christus
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 13

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22.

ONGELOOF EN DUIWELS IN DIE EINDTYD. DIE KOMS VAN DIE HEER – GELOOF STRYD
B.D.4825 - 29 Januarie 1950
Skrikwekkend sal die ongeloof homself in die laaste tyd, voor die einde laat voel, waarin mens slegs nog aardse gewin sal najaag en nimmermeer aan `n God sal dink nie. Die mense sal mekaar oor en weer bedrieg en probeer om mekaar te mislei, hulle sal, terwille van die materiële, bose gewoontes ontwikkel en gewetenloos hulle naaste skade berokken wanneer hulle nie self bevoordeel word nie. Hulle sal probeer om hulle besittings te vermeerder, ja al hulle denke sal daarop gerig wees. Maar God sal hulle vergeet en hulle sal nie aan Hom glo nie en daarom sal hulle Hom ook nie vrees nie; hulle sal nie aan `n eens komende verantwoording en straf vir hulle sondes glo nie en sal daarom sonder gewete of angs vir `n Regter, sondig.
Materieel is dit met hulle goed gesteld, omdat hulle deur God se teenstander ondersteun word, wat hulle tot steeds groter begeerte na die materiële sal aanspoor. Waar die geloof aan God dus ontbreek, het Satan groot mag; daarom is die ongeloof ontsettend gevaarlik vir die mens, want dit veroorsaak hulle verderf. En waar die geloof ontbreek, is ook geen liefde nie, want slegs die liefde kan die geloof lewend maak. Waar die liefde ontbreek, is die mense geestelik blind, hulle weet niks en wat hulle glo hulle weet, is verkeerd. Diepe duisternis is oor die mensdom versprei, daarom gaan die aarde die einde tegemoet. Materieel gesien is daar geen nood nie, want die mense lewe in welstand, die weiniges wat nog `n vaste geloof het, word vyandig deur die wêreld bejeën. Hulle is weliswaar vir `n kort tyd `n harde lot beskore, maar hulle sien aan die welstand van hulle medemens, wat sonder geloof is, die onmiskenbare teken van die einde - aangesien dit vooruit vir hulle gesê word, sodat hulle staande kan bly in hierdie nood, wat die gevolg is van hulle geloof.
Wanneer die tyd sal kom waarin die Satan heers, sal die einde nie meer ver wees nie. Want ook is aangekondig dat die wêreld gedurende die eindtyd vol duiwels sal wees. En as duiwels sal die mense, wat geen geloof het nie, hulle gedra en daarom `n bittere stryd teen die gelowiges verklaar.
Maar dan is die koms van die Heer nie meer ver nie. Dan kan elke dag die einde bring, omdat die Heer sal kom wanneer die nood so groot is dat die gelowiges dink dat hulle gefaal het. As Satan dink dat hy die spel gewen het, as die ongeloof so sterk toeneem dat die gelowiges vir hulle lewe moet vrees. Dan egter verskyn die Redder van Bo; Hy sal kom in die wolke en Syne huis toe neem, na die ryk van vrede en dan op aarde `n laaste oordeel hou.
Dan sal die einde kom, wanneer Satan gebind sal word, en saam met hom almal wat aan hom onderdanig was. En dan sal daar `n nuwe aarde ontstaan wat slegs deur diep gelowige mense bewoon sal word, diegene wat getrou aan God gebly het in die laaste geloofstryd en nou hulle loon ontvang - `n lewe in die paradys op die nuwe aarde.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205