Boek 9 - Die wederkoms van Christus
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 4

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22.

GELOOFSTRYD – DIE KOMS VAN DIE HEER
Wie hom vir die kerk van Christus uitspreek sal deur die wêreld aangeval word, en sy lot op aarde sal moeilik, maar van korte duur wees. Sodra die nood ondraaglik raak, red God diegene wat Syne is en beëindig al hulle nood. God self wys die gelowiges steeds weer op die einde, sodat hulle teen die aanslag van buite af kan standhou, sodat hulle getrou kan volhard totdat Hy hulle verlos.
Hy het hulle reeds lank tevore in kennis gestel hoe Satan tekere sal gaan en belowe hulle Sy beskerming, omdat hulle die waarheid van Sy woord insien en sterk bly ten spyte van teenstand. En wanneer die gelowiges aan die verloop van die wêreldgebeure en die geloofstryd die brutale gesindheid van die maghebbers herken, maar ook die waarheid van die Goddelike woord ken, sal hulle Sy woord des te yweriger verdedig, omdat hulle geloof steeds dieper sal word en menslike maatreëls hulle nou nie meer kan skok nie.
Hulle sal ook krag van God ontvang na die maat van hulle wil en geloof, en daardeur die moeilike tyd kan deurstaan. God laat hulle, wat aan Hom trou bly, nie in die steek nie - tensy Hy hulle nog voor die einde van hierdie aarde na Sy ryk sal binnebring, as hulle liggaamlike einde volgens die Goddelike bestemming gekom het.
Tog het Hy in die eindtyd op aarde nog kragtige verteenwoordigers van Sy (innerlike; opmerking van die uitgewer) kerk nodig, sodat Hy die skeiding van die geeste kan volbring. Hy het mense nodig wat Sy Woord kan verkondig en aan die ongelowiges, sonder vrees of huiwering die liefdesleer van Christus kan predik, sodat die ongelowiges die krag van die geloof kan besef en nog eenmaal wakker geskud kan word uit hulle geestelike traagheid, sodat hulle hulle nog in die laaste uur kan besin en die weg na Christus toe kan gaan, wat alleen aan hulle redding kan bring, wat hulle alleen kan verlos, omdat Hy hulle wil versterk om hulle van die bose los te maak en nou na God te streef.
Dit is die laaste barmhartigheidsmiddele wat die ongelowige mense duidelik die krag van die geloof sal laat sien. Maar min benut die krag omdat die mensdom verstrik geraak het in die vangnette van Satan en die wêreld bomatig aanhang, dus die doel van die lewe in sprankelende lewensgenot sien. Daarom is die einde nie meer ver nie en is dit herkenbaar aan die wyse hoe daar teen die geloof ingegaan word, wat waarlik duiwels genoem kan word. ,
Maar dan moet die belyers van Christus bymekaarkom en gesamentlik die hulp en die koms van die Heer verwag. Want dan kan elke dag en elke uur die einde wees omdat die aardse nood van die gelowiges `n hoogtepunt bereik het wat God se onmiddellike verskyning vereis. Dan sal die belofte vervul word wat God deur Sy woord aan die mense gegee het: dat Hy hulle, wat Syne is, sal red uit die grootste nood.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205