Boek 9 - Die wederkoms van Christus
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 15

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22.

DIE NEERDALING VAN CHRISTUS. EERTYDS EN NOU
B.D.5027 - 24 Desember 1950
In die tyd van My geboorte was daar dieselfde nood op aarde soos wat daar nou onder die mense is, want hulle het hulle in die diepste geestelike duisternis bevind, net soos nou. Maar Ek het My oor hulle ontferm en om hulle te help het Ek self na die aarde toe gekom.
Ek het as Redder gekom, en daar was vir die mense nou `n weg uit die duisternis tot die ‘Lig’ wat Ek hulle Self sou wys. Hulle hoef My maar net te gevolg het en hulle geestelike nood sou op `n einde wees. Ek het as Redder gekom en het hulle bevry uit die kloue van die Satan, wat die skuld was van hulle groot nood, wat hulle nie kon ontvlug nie, omdat hulle kragteloos was.
Die weg wat Ek die mense gewys het om te gaan, kon deur hulle gegaan word; want Ek self het as Leier voorgegaan. Ek het die weg geken, want Ek moes hom ook eers gaan, omdat Ek MYSELF in `n menslike omhulsel beliggaam het, en daarom slegs dit van die mense verlang het, wat vir hulle moontlik was om te vervul.
Ek het die weg van die Liefde gevolg, en hierdie weg moet deur elke mens gegaan word wat uit die duisternis van gees tot die Lig van die lewe wil ontwaak, wat hulle wil bevry van die kettings van My teenstander, wat verlos wil word van die sonde wat die rede is vir die diepe geestelike nood van die mensdom.
Ek het as die Verlosser van die mensdom na die aarde gekom wat sonder My hulp versonke sou wees in die duisternis. Ek het die verlossing volbring vir alle tye, vir die verlede, vir die huidige tyd en die toekoms. Derhalwe ook vir die mense van hierdie tyd, wat hulle in dieselfde nood bevind en dringend hulp nodig het, as hulle nie wil ondergaan en in die afgrond stort, deurdat hulle deur My teenstander gedryf is nie. Nou is die gevaar nog veel groter omdat die mense nie meer `n lang tyd gegee is nie, omdat die barmhartigheidstyd vinniger uitloop as wat die menslike geslag vir sy verlossing toegelaat word.
Die mensdom staan aan die einde van `n ontwikkelingstydperk, hulle staan voor `n belangrike fase, hulle staan voor die beslissing: voor lewe of dood. Daarby sal almal nog bly bestaan of ondergaan, dit wil sê of `n lewe lei volgens die wil van God, of `n stoflike en geestelike dood sterf as die mens nie die ware besluit geneem het nie.
En weer kom Ek as die Redder in nood - ten eerste geestelik, soos wat Ek dit verkondig het, dat Ek My sal openbaar aan hulle wat My liefhet en My gebooie onderhou. Aan hulle openbaar Ek My deur die woord en kondig die naderende einde aan. Dan sal Ek egter weer kom in die wolke soos wat Ek eens opgevaar het na die Hemel toe. Ek sal kom, en hulle wat My gevolg het, wat die weg van die liefde gevolg het, soos wat Ek aan hulle gepredik het, in hulle oorgroot nood sal Ek help deurdat Ek hulle van die aarde, wat alleen nog deur duiwels in baie groot getalle bewoon sal word, sal wegneem en na My toe sal bring.
Ek sal weer as Redder verskyn, maar My koms sal die afsluiting van My Verlossingswerk op aarde beteken. Want wie nie sal besef wie Ek is nie, vir die het Ek tevergeefs aan die kruis gesterf, hulle het My Verlossingswerk nie aanvaar nie en sal nog vir `n ondenkbare lang tyd in die boeie van My teenstander gekluister bly. Hulle sal met al die aanhangers van Satan in die materie gebind word en die geestelike dood sal die lot wees van hierdie wat My nie wil erken nie. Hulle het hulle vrywillig onder die invloed van My teenstander gestel en het geen aandag aan My Verlossingswerk geskenk nie, daarom smag hulle deur eie skuld na die boeie van die duisternis.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205