Boek 9 - Die wederkoms van Christus
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 22

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22.

OPHELDERING OOR DIE KOMS VAN DIE HEER
B.D.8743 - 3 Februarie 1964
Ek wil vir u geestelike inligting, wat vir u siel tot heil sal wees, gee en Ek wil aan u `n gebied openbaar wat u nooit sonder die werke van My Gees sou kon verstaan nie. Ek wil u in `n wêreld binnevoer waarin alleenlik die geestelik ontwaakte mens insae sal kan hê, omdat reeds `n sekere kennis oor feite, wat vir die mens andersins volledig onbekend is,`n voorwaarde is.
Ek het u beloof om na die aarde terug te keer wanneer die dag van die einde gekom het, maar hierdie belofte het in u mense baie verskillende opvattings laat ontstaan. Die ware verklaring vind u nie, want My wederkoms word so verskillend voorgestel, net soos die wegneming van Myne, wat die tyd betref, wat verskillend aangeneem word, waardeur daar totaal verkeerde opvattings ontstaan, wat Ek dus wil verbeter.
My wederkoms na die aarde sal nie liggaamlik plaasvind nie, My voet sal hierdie aarde nie betree nie, maar in `n Geestelike Liggaam sal Ek met My gevolg van Hoogste Ligwesens in `n Geestelike Liggaam verskyn, en sal deur almal, wat van My is, te siene wees. Want nooit kan die mense, wat hulleself aan My teenstander verkoop het, My in alle Heerlikheid aanskou nie, want die duisternis kan die LIG nie sien nie, omdat die mense, wat daardie LIG wat uit My straal, nie kan verdra nie, heeltemal sou vergaan. Ek sal dus na die aarde kom, verskuil in die wolke, vir Myne. Maar hulle sal `n oorvloed van lig kan verdra en My baie gelukkig toejuig as hulle My saam met die groot leërskare van Engele aanskou, want daarvoor sal Ek hulle oë open.
Dit is dus verkeerd om te sê dat almal My sal sien wanneer Ek kom om die lewende en die dode te oordeel, want daardie oordeel sal op `n ander manier plaasvind as dat elkeen persoonlik voor My verantwoording sal moet doen. Ek ken elke siel afsonderlik en Ek weet aan wie hulle behoort. En omdat die laaste oordeel daaruit bestaan dat die hele aarde omgevorm en opgelos sal word in haar afsonderlike skeppings, sodat al die geeste bevry word om tot nuwe omvormings te kom, beteken hierdie oplossing ook die dood van die mense wat in hulle laaste beproewing sal faal en hulleself aan My teenstander as eiendom gee.
Hulle sien dus die dood voor oë en kan dit nie ontvlug nie, dus sal daar `n groot ontsteltenis losbars onder die mense. Maar voordat die laaste vernietigingswerk sal plaasvind, sal Myne weggeneem word en Ek self sal kom om hulle te haal. Hulle sal My mag aanskou wanneer Ek van Omhoog na hulle toe sal neerdaal, hulle sal hulle hande verlangend na My uitstrek in jubeling en in vurige liefde tot My en Ek sal hulle na My toe trek. Ek sal hulle wegneem en hulle ten Hoë hef, en hulle sal gebeure, wat geheel en al teen die wette van die natuur spreek, ervaar.
En hierdie gejubel van Myne sal deur hulle medemens gesien word. Laasgenoemde, wat hulle eers nie kan verklaar nie, omdat hulle self niks kan sien nie en daarom deur `n sekere bangheid gegryp word, lei dus tot die grootste angs en ontsetting wanneer hulle die skielike verdwyning van Myne sien, en hulle geen verklaring daarvoor kan gee anders as om te besef dat Myne onbereikbaar is nie. Daar sal wel `n stralende helderheid te sien wees wat egter deur hierdie mense as ondraaglik ervaar sal word, maar hulle sal geen lang tyd meer tot oordenking hê nie, omdat die einde spoedig sal volg. Want die stralende helderheid sal wyk voor `n ondeurdringbare duisternis wat die mense tot vertwyfeling sal bring. En dan sal uitbarstings plaasvind, brande sal uitbreek en die aarde sal skeur sodat geen mens gered kan word nie en dan sal hulle deur die aarde verslind word.
Daar is nie veel tyd tussen die wegneem van diegene wat Myne is en die laaste vernietigingswerk nie, want die wegneming sou vir die agtergeblewe mense `n geloofsdwang beteken en sou heeltemal geen waarde gehad het nie, want `n vrye beslissing was dan uitgesluit. Daarvoor het die mense voorheen genoeg tyd gehad, hulle was voortdurend vermaan en gewaarsku en elkeen, wat voorheen nog tot besinning wou kom, kon nog aangeneem word en voor die ondergang van die aarde opgeroep geword het, sodat aan hom in die hiernamaals nog hulp aangebied kon word.
Hierdie daad van die wegneming is `n heeltemal onnatuurlike gebeurtenis, maar Ek kan die wette van die natuur ophef omdat hulle geen mens meer vir sy siel tot nadeel sal wees nie. My koms in die wolke beteken dus geen geloofsdwang nie, omdat elke mens wat My sal aanskou, reeds die rypheid van siel verkry het, sodat hy slegs die vervulling sal beleef van dit wat hy vas glo en My daarom elke dag verwag.
Dit was selde moontlik om vir die mense `n ware verklaring te gee oor hierdie gebeurtenis, omdat hulle almal alreeds vir hulle `n voorstelling daarvan gemaak het, en nie van hulle voorstellings wil afwyk nie. Maar die wegneming kan onmoontlik reeds `n lang tyd vooraf plaasvind, omdat sulke voorvalle buite die wet die mense tot ander denke sou dwing, - wat die einde van hierdie aarde en ook die einde vir alle mense wat nog lewe sou beteken. Ook Myne sal dit belewe, maar in `n toestand waarin hulle alle leed gespaar sal bly, ofskoon hulle die gebeure sal kan volg, omdat dit My Wil is. Want omdat hulle gelowig is, kan hulle ook My Mag en Heerlikheid belewe.
En hulle sal ook die groot leërskare van My Engele om My heen mag sien en daardeur nou ook geskik wees om die nuwe aarde as stamouers te bevolk, wat vir My ook maar die werk van `n oomblik sal wees wanneer Ek al die vry geworde geestelikes weer `n uiterlike vorm wil gee tot verdere uitgroei. Maar die mense word self van alle tydsbegrip ontneem totdat hulle weer na die nuwe aarde gebring word, ofskoon hulle nog hulle ou vleeslike liggaam sal besit, wat egter al baie vergeestelik sal wees. Dit moet ook vermeld word, om die verkeerde opvatting te weerlê dat die nuwe aarde slegs deur geheel vergeestelike wesens bewoon sal wees, want die nuwe aarde sal opnuut weer as verblyfplek van die verhoogde geestelike, ontwikkeling dien - daarom sal die ou wette ook weer vir die nuwe aarde geld.
Die opwaartse weg van die gevallene deur die skepping sal verder gaan en die geestelike sal weer as mens die laaste wilsbeproewing moet aflê. Wat aanvanklik ook tot `n goeie resultaat sal lei, omdat die verleiding van die kant van die teenstander wegval, aangesien hy vir `n lang tyd gebind sal wees en omdat die mense met liefde vervul is. Daarom sal hulle die direkte verbinding met My tot stand kan bring en daardeur ook baie vinnig tot `n volmaakte ontwikkeling kom.
U moet uself dus nie deur verkeerde opvattings laat mislei nie, om die arbeid aan u siel te verontagsaam of uit te stel nie, want daar word aan die dag vasgehou waarop Ek sal kom in die wolke, en met hierdie dag ook die laaste oordeel op hierdie aarde.
AMEN

 
 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205