WAT VAN DIE UITVERKIESING?
BERTUS HANEKOM

Hoofstuk 8

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20.

Hoofstuk 8.
20 Desember 2007 om 21h30
Dit is ook nie so dat elke individu sowel uitverkies as verlore is nie. So maklik en eenvoudig is die saak nie. Die oplossing van hierdie probleem lê nie in die mens alleen aan wie hierdeur beskikkingsreg toegesê sou word nie. Die probleem begin dus nie by die mens tot by My nie, maar veeleer van My tot die mens. Dit sal die probleem van die uitverkiesing slegs teruglei tot die vooruit gesiene geloof of alwetendheid van My, en dit weer miskien die absolute vrymag van My, en maak die mens sy eie verlosser.
Om dit beter te begryp, moet julle begrip van My en van die mens verlig word. Julle idee van My moet suiwer wees. Baie van julle dink aan My as iemand baie ver terug. Paulus sê: “Sodat julle My kon soek of julle My miskien kon aanraak en vind, al is Ek nie ver van elkeen van julle nie; want in My lewe julle, beweeg julle, en is julle.” Kyk ‘n Straatprediker het by geleentheid uitgeroep: “Mense, julle soek God asof Hy baie ver is, maar ek sê vir julle, God is nader aan julle as jul asem!”
Ek is louter aksie, Ek is louter teenwoordige tyd. Al is Ek sonder begin en sonder einde, en al bestaan My Raad van alle ewigheid af, nogtans tree Ek steeds op in die teenwoordige tyd, met ander woorde al red Ek in die teenwoordige tyd, nogtans is dit ‘n ewige handeling, omdat Ek onveranderlik is en omdat Ek ewig is. Daar was byvoorbeeld nie ‘n tyd toe die skepping van die aarde nie in My Raad bestaan het nie, en tog het die skepping van die aarde ‘n begin gehad. Al is dit dan ‘n ewige handeling, kan daar tog nie van ‘n ewige skepping gepraat word nie. Net so, al is julle redding ‘n ewige handeling, kan julle tog nie praat van ‘n ewige verlossing nie. Die woorde van Efesiërs 1:4 kan dan alleen beteken dat die verlossing van die mens van alle ewigheid af in My Raad opgesluit is, maar dat dit in die teenwoordige tyd in die mens bewerk word.
Julle sal ook lees in Exodus 3:14 wat Ek aan Moses gesê het toe Ek hom na Egipte gestuur het om Israel te verlos. Moses het gevra hoe hy Farao moes antwoord as die vir hom sou vra wie dit is wat hom gestuur het? en Ek het geantwoord: “EK IS WAT EK IS.” Moses moes sê: “EK IS het my .. gestuur.”
Ek sal weer met julle aansluit in My volgende hoofstuk.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205