WAT VAN DIE UITVERKIESING?
BERTUS HANEKOM

Hoofstuk 7

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20.

Hoofstuk 7
19 Desember 2007 om 23h20
Dink hieroor, Ek nooi jou.
My, skryfkneg, Ek kan sien dat jy dink vanaand baie oor jou bekering, en dat jy ook die mooi getuienis vir jou ander broers oordra. Omdat daar so baie van die bekering geskrywe staan in die voorafgegaande hoofstukke, wil Ek vir die wat nog nie verstaan nie, weer vertel waaroor die bekering gaan en wat dit alles behels.
Ja, dit is so dat bekering een van die sentrale temas van die evangelie is. Bekering beteken om, om te draai op ‘n verkeerde pad. Dit beteken om in ‘n nuwe rigting te lewe – om vanuit ander oorweginge as voorheen nou nuut te begin lewe. Kyk uit Openbaringe kom die oproep tot bekering. Die gelowiges word geroep om na My stem te luister.
Julle word opgeroep om weer te doen wat julle aan die begin gedoen het. Dit is om te doen wat julle gedoen het toe julle gelowiges geword het en die oorspronklike toewyding weer beoefen. Weet jy, dit is seker die grootste strik waarin enige gelowige kan trap: Om in sy toewyding te verflou as daar teenspoed kom.
Bekering beteken om weer in ‘n gloeiende toewyding jou lewe aan My te wy – om weer so opgewonde soos ‘n kind te word oor My liefde vir jou. Die gelowiges moet luister as Ek praat, want Ek is die een met die tweesnyende swaard. Ja, Ek kan jou in My oordeel tref.
Julle moet ook luister, omdat Ek julle steeds nooi om na My te kom. Ja, die sondaar word liefdevol genooi om jou te bekeer, neem My aan as jou Verlosser, en jy sal rus vind by My. Ek sal jou lewe neem en dit rig tot My eer. Ja, dink hieroor, Ek nooi jou.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205