WAT VAN DIE UITVERKIESING?
BERTUS HANEKOM

Hoofstuk 19

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20.

Hoofstuk 19.
14 Januarie 2008 om 05h30
Julle het ‘n desperate uitstorting van My, Elohim se Gees nodig! Dit sal vir julle deurlopend nuwe kennis en insigte bring oor wie My uitverkore geslag (en ook wie nie deel daarvan is nie), asook ten opsigte van waar hierdie uitverkorenes vandaan kom, wie hulle in julle dag is, en wat presies My Woord aan julle geopenbaar het aangaande My plan vir die verlossing en herstel van My uitverkorenes. As julle tot hierdie insigte kom, gaan julle juig en uitroep van blydskap en vreugde oor so ‘n groot genade!
Ek die Almagtige Jahweh, die Elohim van die Skrif, is ‘n Elohim van orde. Ek het ‘n plan vir hierdie aarde wat vas besluit is voor die grondlegging van hierdie wêreld en Ek werk volgens daardie plan. Niks ontsnap My aandag nie. Ek is altyd in beheer. Namate die Wederkoms van My Messias en die wederoprigting van alle dinge naderkom, sal Ek ook begin om My Godsplan in meer besonderhede aan My diensknegte te openbaar. Roep My aan. Ek sal jou antwoord en jou bekend maak, groot ondeurgrondelike dinge wat jy nie weet nie.
Ek het ‘n volk voor die grondlegging van die wêreld uitverkies en hulle in My geseën met alle geestelike seëninge. Ek het hulle uitverkies om heilig en sonder gebrek te wees, om My kinders te wees. Ek het hulle begenadig in My, gered, verlos en vergewe deur My bloed. My genade is oorvloedig aan hulle bewys in alle wysheid, Ek het My wil bekend gemaak, ‘n erfdeel aan hulle gegee en hulle verseël tot die dag van verlossing.
Kyk, Ek Elohim herhaal weer; My volk is Israel! En dit is hoe Ek dit oorspronklik beplan het. Die feit is dat Ek nie My volk verwerp of vervang met die kerk nie en dat Ek ‘n heerlike einddoel met My volk het.
Kyk by Sinai soos julle reeds gesien het, het Ek met hierdie volk in die huwelik getree. Die volk Israel beklee ‘n baie spesiale plek in My hart en plan. Hulle is die enigste volk op aarde met wie Ek ‘n ewige, onvoorwaardelike verbond het. Wie gee die kerk die reg om te sê dat Ek Israel verwerp het en hulle nie meer My volk is, of dat hulle met die kerk vervang is. Ongeag wat hulle verkeerd doen en in watter toestand hulle is, bly hulle egter My volk. Die Skrif en Woord is oor Israel geskryf, vir Israel en van Israel. Die rede waarom julle dit nie verstaan nie, is omdat julle die Skrif op alle nasies van toepassing maak.
So spreek Ek, Elohim van My uitverkore volk.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205