WAT VAN DIE UITVERKIESING?
BERTUS HANEKOM

Hoofstuk 18

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20.

 

Hoofstuk 18

12 Januarie 2008 om 23h55

Daar is ongelukkig baie mense wat hulleself die voorreg van ‘n Christusvervulde lewe ontsê, omdat hulle oortuig is dat hulle dit nie waardig is nie. As gevolg van iets wat hulle gesê of gedoen het, omdat hulle in die verlede met tye teruggesak het in hulle geloofslewe, beweer hulle dat hulle net nie na My kan draai vir hulp nie. Gevolglik roof hulle hulself van die grootste gawe van My aan die mensdom: Elohim se liefde. Die heel grootste wonder van die Christelike geloof is dat, afgesien van wat jy gedoen of gesê het, Ek jou uitverkies het om My eiendom te wees. Niks anders het jou hiervoor laat kwalifiseer nie, as net die feit dat jy My, Jahshua Messias, glo. My liefde kan nie verdien word nie en niks wat jy doen, kan jou dit waardig maak nie. Dit is alleenlik My geskenk aan jou uit vrye genade.

As jy probleme ondervind om hierdie heilsfeit te verstaan, of te aanvaar, dink net terug aan die kruisiging van My, julle Heiland. ‘n Dief wat ‘n lewe van wetteloosheid en sonde geleef het, is saam met My gekruisig en op die laaste draai hy na My toe om genade. Hy word aanvaar en verseker dat hy met My in die paradys sal wees. Afgesien van wie jy is en wat jou verlede behels, My liefde is ‘n geskenk aan jou, as jy My net as jou Verlosser sal aanvaar.

Die pad na verlossing is nie om uit te stel nie, maar om te kom en dit te neem.

Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205