WAT VAN DIE UITVERKIESING?
BERTUS HANEKOM

Hoofstuk 4

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20.

Hoofstuk 4.
19 Desember 2007 om 01h18
Nou word daar deur sekere persone verwyte geslinger, asof hulle wat bekering preek en die mense beweeg tot oorgawe en aanname van My, geesdrywers en Metodiste is. Wel, as dit geesdrywery en Metodisties is om iemand te wil bekeer, dan wil Ek dat julle Metodiste en geesdrywers moet wees. Weg dan met hierdie leuen. Wee die gerustes op Sion wat roep: Vrede! vrede! terwyl daar geen vrede is nie; wat die mens passief wil maak asof die mens niks aan sy saligheid kan doen nie; wat mense beweeg om met gevoude hande alles van My te verwag; wat mense daartoe bring om te redeneer; wel, as ek uitverkies is, dan kan ek maar lewe soos ek wil, ek sal hemel toe gaan, en as ek nie uitverkies is nie, dan kan ek maar maak wat ek wil, ek sal tog verlore gaan. Ja, hoe baie mense het nie al deur hierdie leuen in valse gerustheid, sonde of in ‘n donker nag van onsekerheid en verwarring verval nie?
Veronderstel Ek kom by een van julle en vra of jy My al as jou Verlosser aangeneem het. Jy sê: “Nee.” Nou kan Ek vir jou sê: “Voor die grondlegging van die wêreld is jy opgeskryf vir die hel.” “Waarom? Omdat die Raad van My bestaan voor die grondlegging van die wêreld, en omdat die inhoud van hierdie Raad dus reeds voor die grondlegging van die wêreld bepaal het dat jy alleen in My uitverkies is en jy wat My nog nie aangeneem het nie, nog nie in My is nie, maar buite My. In hierdie lig is jou toestand voor die grondlegging van die wêreld reeds ‘n voldonge feit.
Veronderstel nou jy sou na iemand anders gaan en jou nood gaan kla oor wat Ek gesê het, en die persoon raai jou aan om My as jou Verlosser aan te neem. Jy maak beswaar en sê: “Hoe kan jy dan vir My aanneem as jou Verlosser as jy reeds voor die grondlegging van die wêreld veroordeel is?” Hy sê vir jou: “Afgesien daarvan, die Skrif nooi almal om te kom, en leer dat almal wat My aangeneem het, kinders van My word. Die woord ‘almal’ sluit ook vir jou in, en Ek sal die wat na My toe kom, nooit uitwerp nie.
Jy neem dan ook vir My aan as jou Verlosser. Nou vra Ek jou weer die vraag: “Het jy al vir My as jou verlosser aangeneem?” en jy antwoord bevestigend; dan sal Ek vir jou sê: “Voor die grondlegging van die wêreld is jy opgeskryf vir die Hemel.” Het Ek dan van opinie verander? Nee! Ek het nie verander of teruggetrek wat Ek gesê het nie, maar jy het verander.
Net so het Ek kindskap belowe aan almal wat My aanneem. Die wat uit My gebore is, die neem Ek aan.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205