Boek 41 - God spreek ook nog vandag
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 8

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14.

GOD SE HULP BY DIE VOORUITGAAN DEUR MIDDEL VAN OPENBARINGE
B.D. 8268 - 9 September 1962
Al van ewigheid geld My liefdesorg vir u, want u was al vir ewig van My verwyder en daarom nie salig nie. Tydens u aardse lewe weet u self niks van die eindelose tyd voor u beliggaming as mens nie, want die lê agter u en is dus oorwin. En nou gaan u u weg as mens oor die aarde, onbewus van die lot wat u tegemoet gaan - solank onbewus, totdat u self die weg na My vrywillig inslaan.
En eers dan sal die gevaar verby wees om terug te sink en hierdie eindeloos lange weg nog eens te moet aflê. En waar My totale liefde u geld, werk Ek onafgebroke op u in, om u te beweeg om u aan die MAG wat u in die lewe geroep het, oor te gee. Want tydens u gang oor die aarde vereis dit slegs u eie wil en dit is vry. Dit kan u na die hoogste saligheid terugvoer, maar ook weer u hernude val teweegbring, want slegs die vrye wil is deurslaggewend vir u lot in die ewigheid.
Solank hierdie wil gebonde was, solank u siel in die "Jy moet" toestand deur die skeppings van die aarde gegaan het, was daar geen gevaar om te sink nie. My teenstander se mag oor u was ontneem en My liefde het u onvermoeid omhoog getrek. Nou egter, as mens, is u vry en My teenstander het daarom ook weer die reg om u te beïnvloed. U moet dus in vrye wil teen Hom standhou en vrywillig die weg na My opgaan, eers dan het u u laaste lewensproef op aarde deurstaan en sal bevry kan word van elke uiterlike vorm.
Omdat My liefde u in die lewe geroep het en hierdie liefde nooit verminder is nie en ook nie minder sal word nie, daarom sal Ek u ook onafgebroke bystaan en sal Ek net so oor u wil stry, as My teenstander. En Ek sal alle gebeurtenisse so vir u laat oorkom, dat u gedagtes na My gelei sal word, want sodra Ek bereik het dat u My erken as die volmaakte Opperwese, Wie u liefhet en slegs u saligheid voor oë het, het Ek u ook vir My gewen. Dus moet Ek My ook aan u openbaar, Ek moet probeer om te bereik dat u kennis sal neem van `n Mag wat u die lewe gegee het en ook moet Ek u opheldering gee oor die aard van hierdie Mag. Ek moet kennis aan u laat toekom oor die bestuur en werke van die Opperwese en oor die samehang tussen u en My.
Aangesien u met verstand begiftig is, met die vermoë tot denke, spoor Ek u steeds aan om na te dink. Ek voeg My Self in u denke in en Ek lei u aardse wederwaardighede so dat u aan My kan dink. En so probeer Ek op iedere manier op u wil in te werk, sodat u wil uself na My sal wend en aan My oorgee. Want dit alles word by My veroorsaak, deur My groot Liefde tot u, wat Haarself weer met u sou wil verbind, maar hiervoor is ook u vrye wil nodig.
Deur u lang weg voor die beliggaming as mens, is u dan nou ook in so `n toestand van rypheid, dat u slegs die barmhartigheid van die mens hoef te benut om u doel te bereik. Want elke dag gee u geleenthede waardeur u tot kennis oor u God en Skepper kan kom, waar elke dag u kanse bied waardeur u die liefde kan beoefen en u werke van liefde kan verrig sodat dit u ook `n regte denke kan waarborg en u die insig sal skenk dat u `n opdrag op aarde te vervul het. En daar kan dan `n diep kennis vir u ontsluit word oor die ware rede van u aardse bestaan, en deur dit te weet, kan u uself ook gedronge voel om na My toe te kom, Wie u Self die kennis laat toekom. U sal dan ook steeds meer besef van My kry om so ook bewustelik na My te strewe.
Alles doen My liefde, sodat u nou die ontwikkelingsproses kan volbring wat u vir ewig na My sal terugvoer. Maar ook één ding kan My eindelose liefde nie; u wil dwing tot hierdie terugkeer nie. In alle vryheid moet u u weg gaan in die aardse lewe, maar u sal onmeetlik salig wees en bly wanneer u wil vry vir My kies. U sal geen terugval meer hoef te vrees nie, want wat Ek eenmaal vir My self verwerf het, hou Ek vas en staan dit vir ewig nie meer aan My teenstander af nie.
Tydens die lewe op aarde worstel hy netso om u siel, en hierdie kennis sal u eweneens verneem, sodat u nou kan beslis, omdat u aan hom teëstand bied en die weg na My opgaan sodat Ek u kan help. En sodat u `n beroep kan doen op die barmhartigheid van die werk der verlossing deur JESUS CHRISTUS, waarin Ek Self op aarde gekom het om vir u siel die losprys te betaal. Want u behoort ook al aan My teenstander, omdat u hom uit vrye wil gevolg het.
En u moet dit weet; dat dit moontlik is om uit sy mag verlos te word as u die weg tot die Kruis neem en daardeur u wil, wat dan vry vir My gekies het, verseël. Daarom "openbaar Ek My ook steeds weer aan die mense" en gee hulle kennis oor die ware rede van hulle gang oor die aarde. En ook oor die moontlikheid, om ten laaste verlossing te vind deur JESUS CHRISTUS, in Wie Ek u Self verlossing bring van sonde en dood.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205