Boek 41 - God spreek ook nog vandag
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 12

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14.

BEPROEF ALLES EN BEHOU DIE GOEIE!
B.D. 6676 - 24 Oktober 1956
Beproef alles en behou die goeie! Dit sê Ek aan hulle wat `n neiging het tot twyfel, wie geen goeie oordeel het nie en angstig is om die geestelike goed aan te neem wat hulle op ongewone manier aangebied word. Ontvang dit sonder vooroordeel en bid My dan om verligting van gees. Dink na oor wat u ontvang het en wat nie vir u aanneembaar lyk nie, omdat u dit nog nie kan begryp nie, en sluit dit eers uit en verkwik u aan dit wat vir u na ernstige oorweging geloofwaardig is.
Ek verlang geen blinde geloof van u nie, maar Ek verlang `n ondersoek van die geestelike goed waarmee u in aanraking kom. U moet daaroor nadink en dit is beter om af te wys wat vir u ongeloofwaardig lyk, as om sonder nadenke alles aan te neem. Want dit sal u nie tot seën wees as u self nog geen standpunt daaroor ingeneem het nie. Maar wanneer u `n werklike verlange na die waarheid het, dan sal u ook sekerlik die suiwere waarheid daarvan insien, wanneer die geestelike goed wat Sy oorsprong in My het, aan u deur My bode gebring word. Want die woord het die krag in homself, om lewe te gee, vooropgestel dat daar ook na die lewe gestreef word.
Beproef alles en behou die goeie! Staan hierdie woorde van My nie in teëspraak met die eise van alle "organisasies" wat verlang om te glo sonder om daaroor na te dink nie? - Ek self laat dit tog aan u oor wat u glo, al vra Ek u om die goeie te behou. Ek laat dit aan u oor, omdat Ek geen blinde geloof van u mense verlang nie. Waarom verhinder u die mense tot ondersoek en verlang van hulle dat `n nadenke oor geloofslering agterweë moet bly?
Handel u daardeur nie teen My wil nie? - Is u self wel bewus wat die gevolg van so 'n geloofsdwang vir die mense sal wees? - Steeds weer lê Ek nadruk op die vryheid van wil, steeds weer stel Ek die verantwoordelikheid vir die eie beslissing van elke mens op die voorgrond. Steeds weer waarsku Ek teen elke geestelike dwang en lê aan u uit waaroor dit eintlik in die aardse lewe gaan.
En ook die skrif (die Bybel) gee u die bewys met die woorde; beproef alles en behou die goeie! En elke mens wat My wil vervul kan homself tog net verwonder dat hierdie woorde nie ooreenstem met die gebooie van kerklike kant af nie, en hom tot nadenke bring wie se woorde en leer dan wel geloofwaardig is? - U kan My woorde geen ander betekenis toeskryf as hierdie, dat u `n standpunt moet inneem teenoor iedere geloofsleer nie, en u moet u eie mening daarvan vorm, irrelevant wie u die geestelike goed aanbied. Want ook die suiwere waarheid van My, wat u direk van bo toekom, mag u ondersoek. Ek sal u nie veroordeel as u dink om nie alles sonder beswaar aan te neem nie. Maar u moet My steeds vir raad vra en Ek sal u die kennis gee wat u nodig het vir die rypwording van u siel. En as u geestelike rypheidsgraad nog gering is, sal u nog nie alles kan begryp nie, maar u beslis self wat u bereid is om aan te neem.
Beproef alles en behou die goeie! Daarmee bewys u die erns van u gesindheid en u verlange na waarheid. Wie egter alles onbeproef aanneem, bewys daarmee sy onverskilligheid. Hy sal dus nie in die waarheid wandel nie, omdat hy totaal onverskillig is. Maar so `n houding mag nooit bevorder word vanuit verantwoordelike kant nie. Die mense moet aangespoor word, maar nie verhinder word om oor geestelike goed `n eie mening te vorm nie, want dan kan dit eers tot seën wees en die mense help by die verwerwing van hulle sielerypheid, waar die vrye wil dan ingeskakel is, en op wie se beslissing dit neerkom.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205