Boek 41 - God spreek ook nog vandag
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 14

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14.

SO SPREEK DIE HEER:
Uit Jakob Lorber "Die Huishouding van God". Deel l, hfst. 1
Wie met My wil spreek, dié hoef maar net na My toe te kom en Ek sal hom die antwoord in sy hart lê. Maar slegs die reine, wie se hart vol deemoed is, sal die klank van My stem verneem.
En wie My bo alles van die wêreld stel, My liefhet net soos `n teer bruid haar bruidegom, met hom wil Ek wandel, hand in hand. - Hy sal My altyd besien net soos een broer die ander en net soos Ek hom reeds sien in ewigheid, nog voordat hy was.
Wie My soek, vir hulle sê Ek: Ek is waarlik oral en nêrens! - Oral is Ek waar mense My bemin en My gebooie onderhou, egter nêrens waar mense My net aanbid en vereer nie.
Is die liefde dan nie meer as die gebed en die onderhouding van die gebooie nie meer as die verering nie?
Waarlik, waarlik sê Ek vir u; wie My liefhet, hulle aanbid My in die gees, en wie My gebooie onderhou, hulle is dié wat My in waarheid vereer.
My gebooie kan niemand egter onderhou nie as net diegene wat My bemin nie.
Maar wie My liefhet, het geen ander gebod meer as dit nie, dat hy volkome leef volgens My lewende woord wat die ware, ewige lewe is.
AMEN

 
 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205