Boek 41 - God spreek ook nog vandag
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 6

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14.

WAAROM SPREEK GOD DIE MENSE AAN?
B.D. 8568 - 24 Julie 1963
Mense, dink u net in wat dit beteken wanneer u God en Skepper Self tot u neerbuig om u aan te spreek, want Hy het een doel voor oë daarmee, wat u nie kan verstaan of deurgrond nie. Ek self buig My na u toe oor om u aan te spreek en dus moet dit baie belangrik wees dat u My aanspreking verneem, sodat `n bepaalde kennis deur My aan u bygebring kan word waar Ek dit nodigste ag.
Dit is nie net vermanings en waarskuwings wat Ek u laat toekom nie, maar Ek probeer om u vlak van insig te verhoog en gee u aanwysinge op welke manier dit moontlik is. Vir eers wil Ek die duisternis, waarin u mense uself bevind, van u af wegneem, en daarom wil Ek u ook die rede van hierdie erge duisternis vertel en hoe u dit kan ophef. Ek wil lig aan u skenk, omdat duisternis `n onsalige toestand vir u is en u in die duister nie die ware weg na die lig van die dag sal vind nie.
U het die lig en insig prysgegee, want u ken My nie meer nie, u God en Skepper, Wie u Vader wil wees. U weet niks meer van uself nie, wat dit was by die begin van die tye waar u uself afgewend het en en waarom u op aarde is. En dit is hierdie toestand sonder insig, wat nie goddelik genoem kan word nie. U is egter van Goddelike oorsprong, u was eens volmaak en het uself dus ook in die lig bevind. U het alles geken, u het My oorgrote liefde geken wat steeds deur u heen gestraal het en juis die duisternis teëgehou, waardeur u helder en klaar elke samehang begryp het en kennis gehad het wat maar net `n Goddelike wese kan besit.
U het egter hierdie kennis vrywillig verwerp, die lig en die insig, en u het in `n toestand sonder lig verval. U begrippe het uself verwar en u kon niks meer verstaan nie. U het nòg uself en die doel van u bestaan begryp, nòg die samehang met My, met Diegene uit Wie se liefdeskrag u voortgekom het. U het in duisternis geval en die duisternis het u solank gevange gehou, totdat u vrywillig weer verlang het na My liefdestraling, wat u dan ook weer die lig van die kennis sal skenk.
En dwars deur hierdie duisternis heen het My woord van bo weerklink. Kan u die diepte van My liefde peil wat u alles, wat u eens vrywillig opgegee het, weer sou wil skenk? - Sou u bygevolg My woord, in Sy oorgrote waarde, kan erken as die grootste barmhartigheidsgeskenk van My kant, wat Ek die mense laat toekom het om hulle terugkeer tot die liefde maklik en moontlik te maak? Ek spreek regstreeks tot u, Ek oorbrug die breë kloof wat nog tussen ons bestaan en laat uit die ligryk `n barmhartigheidstroom na die aarde vloei, wat hierdie groot geestelike dorheid sal bevloei, en opnuut sal laat herlewe.
Ek wil die ellendige toestand waarin die mense hulleself bevind, verander en aan hulle hulp bied, sodat hulle vanuit die toestand van duisternis ontdek dat daar `n lig teen hulle straal. Hulle moet bereid wees om die lig aan te neem en hulle verdere lewensweg op aarde daardeur te laat verlig, sodat hulle ook seker sal wees om die weg na hulle bestemming te volg wat in die lig loop en nooit deur duisternis sal gaan nie.
Dit is `n oorgrote daad van barmhartigheid wat Ek die mensdom bewys het, dat Ek hulle, wat eens die liefdeslig afgewys het, weer dieselfde liefdeslig aanbied. Dat Ek dit na die aarde gestuur het, ofskoon die mense nie laat blyk dat hulle `n verlange daarna het nie, op `n paar na wat Ek nou as tussenpersone gebruik, sodat hulle die lig daar kan bring waar daar nog duisternis is.
Maar alle mense sou deel daaraan moet kan hê, want Ek wil My barmhartigheidsgeskenk van niemand weerhou nie. Ek wil elkeen in My ligkring voer en probeer om hom met My lig te bestraal, sodat hy dan gelei kan word, vanuit die kant van die ligwêreld, wat altyd maar net daarop wag dat `n mens homself oopstel vir haar liefderyke sorg.
En steeds opnuut sal Ek die aarde deur `n lig bestraal, want die duisternis sal steeds nog dieper word. Vir hom wat egter na die lig verlang, sal dit skyn. Hy sal weer `n toestand van insig binnegaan waar hy deur My Self binne gevoer word in `n diep kennis wat hom nie van buiteaf gegee kan word nie, of hy neem dit van die kant van My boodskappers aan, aan wie Ek Self die kennis meegedeel het.
En Ek sal My barmhartigheidsgawe nog vir baie mense aanbied, en vir hom wat slegs na `n ligpunt verlang, sal dit straal. Dit sal hom binnelei in `n kennis in waarheid wat hom ook gelukkig sal maak. Want Ek sal die gawe van My liefde nog ryklik uitstort, voordat die einde kom en elkeen wat van goeie wil is, kan sy gebrekkige toestand nog tot aan die einde verander. Hy kan die lig aanneem en dit self vermeerder deur `n lewe in liefde en hy hoef die einde nie te vrees nie, sodra hy eenmaal die doel en die bestemming van sy lewe op aarde ken en die bestemming ook bewustelik nastreef. Want sy wil het dan die korrekte beslissing geneem, hy verlang om na My terug te gaan en sal dan ook sekerlik sy doel bereik.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205