Boek 41 - God spreek ook nog vandag
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 5

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14.

ALLEEN GOD KAN DIE WAARHEID NA DIE MENSE BRING
B.D.8757 - 19 Februarie 1964
Laat My tot u spreek en neem My leringe aan. Glo dat die reine waarheid u gebring word en gee dit daarom ook met oortuiging deur aan u medemens, want eers dan is u ware dienaars in My wingerd. Die groot geestelike nood van die mense vra dat hulle die suiwere waarheid oorgebring word, want solank die mense nie goed besef Wie Ek is en geen ware kennis besit oor hulle God en Skepper en oor Sy wese nie, solank sal hulle ook nie probeer om My te benader nie. En solank is Ek nog nie begerenswaardig vir hulle nie, omdat hulle nie weet dat My wese liefde is en Ek steeds liefde wil gee en liefde ontvang nie.
Maar om My te kan liefhê moet My wese as hoogs volmaak erken word, en moet ook My liefde ervaar kan word. Maar dit is slegs moontlik as My skepsels hulleself vir My oopstel en hulleself vrywillig aan My oorgee. Want dan kan My liefde hulle weer bestraal en gelukkig maak. Daarom moet u ook weet dat u skepsels is wat My oorgrote liefde laat ontstaan het, en u moet weet dat u voortgebring is deur My liefdeswil en liefdeskrag; wat dus ook u eintlike wese - liefde is
Sulke kennis kan alleen Ek u self laat toekom, omdat My kennis alles oortref. En daarom moet u uself deur My laat onderrig en dan ook die kennis deurgee aan hulle wat nie met My in verbinding staan nie. Want alle mense moet weet wat hulle in diepste wese was en almal moet weer strewe na wat hulle in hulle oerbegin was, omdat hulle eers dan onmeetlik salig sal wees. Eerstens wanneer Ek erken word as die hoogste volmaakte WESE in die oneindigheid, sal die liefde ook in die harte van die mense tot My ontbrand. Want eers dan sal hulle besef dat Ek dieselfde liefde is en dan sal liefde tot liefde aanmoedig.
Solank as wat die mense geen korrekte opheldering gegee word oor My wese en solank Ek voorgestel word as `n wrede en toornige God, solank sal hulle My ook nie vertroulik as kinders tegemoet kom nie, en kan hulle dan ook niks van My liefde bemerk nie. En nog minder sal hulle hulle liefde self aan My toedra, maar veel eerder vrees en nooit die verhouding van kind tot Vader herstel nie. Maar dit verlang Ek juis van u om u ook bomate met My liefde gelukkig te kan maak.
Deur invloed van My teenstander word My beeld egter verwronge. En deur sy inwerking word ook die waarheid ondermyn en met dwaling vermeng of van u weerhou. Terwyl weer, mense wat volgens hulle wil aan My teenstander behoort, teen die waarheid veg, maar daarenteen `n verstandelik wêreldse idee as waarheid verdedig, wat geen enkele aanspraak daarop kan maak nie.
Maar u, wie soek om My wil te vervul, moet teen hulle ingaan as u in My wingerd wil dien. U wat van My self die suiwere waarheid as die "goeie saad" ontvang en u moet dit ook weer in die harte saai van mense wat dit bereidwillig open, want gedwonge kan geen mens die waarheid gebring word nie. Sy moet in liefde aangebied en in vryheid van wil aangeneem word.
Maar dan sal die waarheid ook `n seënryke uitwerking hê deurdat die mense, wat eers nog deur donker gebiede gaan omdat nog geen lig hulle daar verlig nie, nou wandel in die lig. Ek voorsien u mense ryklik van die "goeie saad" waarmee u die akkers (die harte) kan verbou, sodat sy goeie vrugte kan voortbring. Maar alleen deur My kan die .'kosbare saaigoed" vir u geskenk word, Ek alleen kan dit aan u besorg en Ek alleen is die bron waaruit die lewenswater ontspring, slegs by My kan u die korrekte voeding bekom.
En as u gewillig is, kan u die "voedsel" ook aan u medemens uitdeel, want hulle het netso versterkende voeding en verfrissende drank nodig om ook moedig en kragtig hulle pelgrimsweg op aarde te kan voortsit. Want u weg op aarde moet u aflê vir die rypwording van u siel, en u moet in die aardse lewe probeer om u God en Skepper te soek en te vind. En as Vader van My ware kinders sal Ek My ook laat vind deur elkeen wat in erns na My streef.
En as u My gevind het, dan sal My liefde u gedurig versorg met geestelike en ook aardse goedere. Die geestelike goedere bestaan egter uit kennis oor alle geestelike gebeurtenisse wat u bestaan as mens voorafgegaan het, en oor hoe My liefdevolle sorg u tot die hoogste volmaaktheid bring. Die geestelike goedere bestaan in `n groot mate van insig. Daar sal in u `n lig ontsteek word wat ver bo alles sal uitstraal en u weer `n insig gee in gebiede, wat slegs met geestelike oë aanskou kan word.
Wie dus die groot barmhartigheid het om in hierdie omvangryke kennis ingelei te word, moet ook hierdie barmhartigheidsgawe in dankbaarheid deurgee. Hy moet steeds weer dink aan die groot geestelike nood van sy medemens wat meestal nog sonder enige liefde is. Maar eers moet hulle aangemaan word tot liefdadigheid, want eers dan sal hulle ook ontvanklik wees vir die geestesgawe wat u hulle bring.
Daarom is u groot taak om die mense steeds weer My gebooie van die liefde in herinnering te bring, want alleen `n lewe in liefde kan die mense die suiwere waarheid bring. Alleen deur `n lewe in die ware naasteliefde sal u tot die besef kom van hierdie diepe kennis, en alleen die liefde kan die mens die insig bring wat die aanleiding en die doel van sy aardse bestaan is. En eers dan sal hy ook ernstig probeer om die doel te bereik.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205