Boek 41 - God spreek ook nog vandag
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 10

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14.

DIE MENS HET DIE PLIG OM GEESTELIKE GOEDERE TE ONDERSOEK
B.D. 8364 - 28 Desember 1962
U sal u nie kan verontskuldig weens verkeerde onderrig nie, omdat u deur My in die geleentheid gestel is, om u verstand te gebruik, dus het u ook `n plig om dit te ondersoek wat u geleer word. En sodra u kennis neem van `n God en Skepper, Wie alles laat ontstaan en Wie alles wat u om u heen sien en ook u self, bewaar, hoef u uself slegs in gedagtes tot hierdie Skepper te wend en waarlik, Ek sal dan u gedagtes stuur sodat u insig kry as u dit begeer.
En daar sal uit die geestelike ryk steeds die gedagtes tot u kom, wat gaan oor Myself en u. Wat u vrae laat in welke verhouding u tot My, u God en Skepper, staan. En sulke gedagtes moet u opneem en in u oorweeg. Altyd moet u bewus wees dat elke mens, wat slegs op sy verstand vertrou, homself kan vergis.
Ook moet u uself afvra of die mense wat u onderrig, sonder dwaling is; of hulle wat u kennis ter oorweging aanbied, dit self weer van hulle medemens ontvang het, of deur middel van studie verwerf het. Want dan sal daar sekerlik twyfel in u opkom en dan doen u goed daaraan om daaroor na te dink. Slegs u wil is egter beslissend of u self die waarheid verlang, want slegs hierdie wil sorg daarvoor dat u suiwer waarheid geskenk word. Want neem u gedagteloos aan wat u opgedis word, dan sal u nooit die weg tot My vind nie. U besit dan net suiwer verstandskennis, wat nooit die hart kan beroer nie, u siel sal nie die geringste voordeel daarvan hê nie, omdat dit nòg tot ware kennis lei, nòg uself daartoe bring om ernstig aan uself te werk. Dit is en bly ook net wêreldse kennis, selfs as dit oor geestelike probleme gaan. Want slegs u verstand word aangespreek, maar nooit word daarvan geëis dat hy hom intensief daarmee moet besighou nie, want eers dan kan hy begryp wat hy aangebied is.En as u nou deur (kerklike) gebooie verhinder word om daaroor na te dink, sal u ook die onsinnigheid van so 'n verbod insien en agterdogtig word en net daaroor al aan die waarheid twyfel van wat u aangebied word om te leer. Alles hoef geen dwaling te wees nie, maar u moet vir uself duidelikheid hieroor verskaf, deurdat u by uself gaan nadink en u tot Hom wend, Wie u God en Skepper is, want slegs Hy kan opheldering aan u verskaf.
Sodoende moet u probeer om lewende kennis te verkry en u nie met dooie kennis tevrede te stel nie; wat net vir so lank dood is wanneer dit geen invloed op die menslike siel uitoefen nie, totdat sy hierdie opwek tot ware ywerige arbeid wat vernaamlik uit werke van liefde bestaan. Want so gou as wat `n mens `n lewe in liefde lei, sal ook sy denke verlig word en dan het hy geen vrede meer met 'n leer wat nie heeltemal met die waarheid ooreenstem nie. Die lig van die liefde in hom laat hom dan ook nie meer alles sonder bedenking aanneem wat hom aangebied word nie, maar noodsaak hom tot ondersoek waar die liefde die goddelike grondbeginsel is en nooit dwaling of leuen naas homself kan duld nie.
Dan begin daar ook `n lewendige verlange na waarheid te groei, waardeur die waarheid ook na die mens toe gelei word. Want wie die waarheid begeer, die verlang ook na My self, Ek Wie die ewige waarheid is. En aan hom sal Ek My ook openbaar, dit wil sê, die waarheid op een of ander manier aan hom laat toekom, sodat hy haar ook sonder bedenking sal aanneem en verwerk.
Elkeen moet self na sy eie voltooiing strewe en is dan ook in staat daartoe, want dit is waarlik voldoende om verbinding met My te soek deur `n gebed in gees en waarheid, om met My hulp sy weg oor die aarde met goeie gevolg af te lê. En die gebed sal verhoor word, hy sal steeds van binne uit aangespoor word tot werke van liefde en daardeur sal hy ook tot die lig kom en die weg gaan wat tot volmaaktheid voer.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205