NATUURKATASTROFE
NALIZE ROETS/ neƩ VAN WYK

Hoofstuk 8

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20.

Hoofstuk 8

 Daar kom ‘n dag op jou pad as jy JHWH verwerp wat Ek jou weer ter aarde sal moet werp. Jy kan dan maar weer voor begin op jou roete en soeke na My, want jy’t die nou pad se poort totaal mis gery.

 

Het jy nie ag geslaan op My Wet van Liefde? Ek het aan jou vele “naastes” gestuur om dit te beoefen, maar selfs vir My kon jy nie ten volle bemin. Hoekom vrees jy dan vir die duister as jy voortdurend vlug vir My Lig? Ek is naby en jy kon My maklik vind as jy maar net wou.

 

Bring jou sorge vir My, Ek sal jou kruis dra as jy saamloop en My bloedspoor aanskou. Ek het reeds vir jou gely, maar jy moet dit bely en GLO dat Ek oorwin het ook vir jou. Ek het gekom in jou Gees en deel My Brood in hierdie wat jy lees. Oordink jy dit nou of bly jy slegs aan jou vlees getrou?

 

My skryfkneg hét My lankal gevra om haar laste te dra en EK het met ‘n sagte teenwoordigheid haar My leer bemin. Moenie My getuienis skend, maar soek eerder waarin jy alles jou na My kan wend, soos sy. Soek My, Ek herhaal, soek MY soos ‘n kleintjie na Sy ma, want aan My bors sal jy jou beskerming, Liefde en versorging vind – totaal volmaak.

 

HalleluJah! Dank Hom, o volk!

 

Sekerlik bewonder jul My skepping in foto’s, gedigte en vermaak. Behaag jou in My solo-sorg, want eens kon jy dit saam met My help bou. Hoekom as nuttelose, materiële wêreldvrede-bewerker sit, as jy op vleuels van My Gees nuwe skeppings kan onderhou. Onthou daarin: My vrede gee Ek julle sonder salaris of geld-verdriet. Soek My eerste om dit in die hiernamaals te verwerf, want jou kerfstok het al te veel afgods-kepe gekerf. Ek maak vir jou ‘n nuwe een waar jy nie langer jou kop op aarde sal neerlê in verknorsing, maar ook wegdoen met alle tyd-vermorsing. Jy is Myne en sal weer heers as My koninkryk voor julle vernuwe is. Dra My net in jou hart, dit is die geseëndste voetpad, My kind.

 

Ek roep na die uithoeke van die wêreld, kom! Beroep jul nie op ‘n menslike som, want een plus een mag twee vertoon, maar wat van die Lewensboom? Sou Abraham en Sara net twee voortbring as My seën meer wou gee? – Kyk jul is vandag soveel soos die sand van die see. Geloof en vertroue is die sleutel, sodat Ek daagliks Brood vir Myne vermeerder, want Ek bly tog die Alwyse Gewer.

 

Moenie nog ‘n dag versmag, My kinders! Ek nooi en My arms is wyd! Hierdie ryk staan op ‘n einde. Jy sou SIEN as jy reeds in die Gees kon kyk. Neem van Babilon die wyk en VOLG MY! Ek het dissipels geroep, maar vir jul getal is hul nie meer genoeg. Neem My brood en deel dit uit dat al My kinders daarin verblyd, sal voortbeur na My feesmaal, reeds berei, voor Ek die deure dig sluit. Ek WIL jou ken. Amen.

 


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205