NATUURKATASTROFE
NALIZE ROETS/ neƩ VAN WYK

Hoofstuk 19

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20.

Hoofstuk 19

 

In die gees roep Jahshua my weer nader en ek sien net my voete wat ‘n steil, nou stel trappe klim. Dit reik tot aan die einde van my sig en Jahshua sê ek moet my haas, die tyd is min. Ek begin al vinniger klim tot ek later die trappies ligvoets opspring. Ek wonder waar is die ander want dis ek alleen op my stel trappe. Toe ek rondkyk in my tog na Bo, merk ek vele stelle soortgelyke trappe wat lei na die Middelpunt. Die troon van Jahshua is die doelwit daarbo, maar ek kan nie die laaste klomp trappe met die selfde gemak baasraak. Ek sien enkeles reeds kniel voor Sy troon en ek kan nie my blydskap en begeerte onderdruk om ook daarin te deel.

My kind, hierdie trappies wat jy nou gejaagd deur My Gees bestyg, sal aanvanklik onmoontlik lyk, maar Ek help jou, roep jou en rig jou treë, sodat jy net My Liefde en bystand begeer. Weer kom Ek na jou op jou weg, om te onderskraag op die laaste paar moeilikhede wat jy beveg. Stadig sal jy deur die materie se “eindeloosheid” breek, maar dan sal jy merk daar is reeds ander by My in die Gees. Lof sal hul aan hul Koning bring en vir altyd sal hul die Naam van hul begin en einde besing! Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205